Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

digitalknowledge.cput.ac.za
from digitalknowledge.cput.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Les 3 Datum: 12 April 2009 Aanleer van letter - klankkorrespondering [s] en [n] Stap 1: Opvoeder lees rympie wat die klanke bevat, wat aangeleer word. Rympie: Sewe slange sluk ses slakke Sewe slange sluk ses slakke, Sewe slange sluk so swaar Solank soos slange slakke sluk, Maak slym’rige slakke slange dik. Nee nee, nee my Nolla nee Nee, nee, nee my Nolla nee, Nee my Nolla nee, nee my Nolla nee, Nee, nee, nee my Nolla nee, Daar’s niemand soos my langnek Nolla nie. Opvoeder vra leerders om te luister na watter klank hulle die meeste hoor. Ja, die [s] en die [n]. Stap 2: Opvoeder wys die kaart met die woord “son” aan die leerders. Hulle lees dit. Opvoeder sê: “In hierdie woord is daar drie letters.” Elke letter het ʼn werkie om te doen. Elkeen het ʼn klank en die klankies saam sê die woord “son”. Luister nou mooi as ek die woord sê, dan sê julle vir my wat die eerste klankie is. Opvoeder lê klem op die [s] Wat het julle nou eerste gehoor? (Wanneer die leerders dit nou reg antwoord, word die klank [s] op die skryfbord geskryf). “Ja, dis die [s] (nie [sǝ] nie). Sê almal dit nou saam.” Wat moet nou kom? (Die opvoeder sê die hele woord weer, maar lê nadruk op die [ᴐ] – klank. Die leerders luister en sê watter klank dit is. Die opvoeder skryf dit op die skryfbord). “Nou ken ons al twee van die klankies. Kom ons sê die klankies weer. (Die twee klanke word herhaal. Die [n] aan die einde van die woord word op dieselfde wyse behandel). Stap 3: Die drie flitskaarte met die enkel letters word uitgestal. “Wie kan met hierdie drie kaartjies die woord “son” bou? Die leerders neem beurte om met die oorspronklike flitskaart as leidraad die drie letters te kom rangskik. Nou herhaal almal die klanke en sê die woord [s]-[ᴐ]-[n], “son”. Afsluiting: Leerders kry die geleentheid om die klanke [s], [ᴐ] en [n] te voel met rubbervorms. ʼn Klankkaart met prente van woorde wat met die drie klanke begin word aan leerders gewys. Leerders identifiseer die prente en assossieer dit met die klank wat hulle geleer het. Werkvel 2 (Bylaag E). 74

Waarneming/Refleksie Les 3 Dit is duidelik dat die leerders goeie begrip toon ten opsigte van die klanke wat hul hoor wat tydens die fonologiese proses behandel is. Tien van die twaalf leerders kon [s], [ᴐ] en [n] identifiseer en kon dit in konteks van die woord “son” weergee. Leerders kon die letterklanke gebruik om hul eie woord “son” te bou. Twee van die leerders het “nso” gebou omdat hierdie twee leerders nog nie in staat is om volgorde in die woord te kan weergee nie. Dit is duidelik dat leerders dit geniet om die letterklanke met rubber te voel en so hul vaslegging in die vorming van die klank in te skerp. Leerders maak dus gebruik van hul sintuiglike gewaarwording van ‘voel’ wat ook gebruik word om letterklank-vaslegging te doen. Leerders kon die letterklankkaart met prente goed beantwoord en met die prente wat die letterklank voorstel, identifiseer. Dit maak nou sin vir hulle omdat hulle goeie assossiasie- vermoë ontwikkel. Les 4 Datum: 13 April 2009 Vaslegging van die letters [s], [ᴐ] en [n] In hierdie les word stappe 1, 2 en 3 hersien van die vorige les. Leerders kry kans om die letters [s], [ᴐ] en [n] te bou met pypskoonmakers. ʼn Werkvel met die [s] en [n] klanke word aan leerders gegee. Leerders identifiseer die klanke wat aangeleer is. Werkvel 3 (Bylaag E). Leerders kry elk ʼn houer met enkelklankies. Opvoeder speel speletjie en vra leerders om die klankie te wys wat gesê word, byvoorbeeld, wys vir my die [s] [n] en [ᴐ]. Opvoeder neem waar en kyk of leerders letter- klankkorrespondering kan doen, met ander woorde, die klank wat hulle hoor, met die letter kan assossieer. Waarneming/Refleksie Les 4 Leerders kon letters met pypskoonmakers bou omdat hulle reeds vertroud is met die bou van [k], [ᴐ] en [m]. Dit is nou nie meer vreemd vir leerders nie. Drie van die leerders sukkel nog omdat hul fynspiere nog nie sterk ontwikkel is nie. Leerders kan letterklanke identifiseer omdat dit by die vorige les ingeskerp is en dit bekend is aan hulle. Leerders kan die woord “son” self bou. Drie van hulle is nog onseker om die woord in die regte volgorde te pak omdat hulle nog ʼn ruimtelike oriëntasie- probleem het en dus nie die volgorde kan weergee nie. Die werksvel is ook deur die meerderheid voltooi en slegs drie van die leerders kon nog nie met selfvertroue die taak voltooi nie omdat hul aandagspan nog baie kort is en nie altyd die opdrag verstaan nie. 75

Les 3

Datum: 12 April 2009

Aanleer van letter - klankkorrespondering [s] en [n]

Stap 1: Opvoeder lees rympie wat die klanke bevat, wat aangeleer word.

Rympie: Sewe slange sluk ses slakke

Sewe slange sluk ses slakke,

Sewe slange sluk so swaar

Solank soos slange slakke sluk,

Maak slym’rige slakke slange dik.

Nee nee, nee my Nolla nee

Nee, nee, nee my Nolla nee,

Nee my Nolla nee, nee my Nolla nee,

Nee, nee, nee my Nolla nee,

Daar’s niemand soos my langnek Nolla nie.

Opvoeder vra leerders om te luister na watter klank hulle die meeste hoor. Ja, die [s] en die [n].

Stap 2:

Opvoeder wys die kaart met die woord “son” aan die leerders. Hulle lees dit.

Opvoeder sê: “In hierdie woord is daar drie letters.” Elke letter het ʼn werkie om te doen. Elkeen het ʼn

klank en die klankies saam sê die woord “son”. Luister nou mooi as ek die woord sê, dan sê julle vir

my wat die eerste klankie is. Opvoeder lê klem op die [s]

Wat het julle nou eerste gehoor? (Wanneer die leerders dit nou reg antwoord, word die klank [s] op die

skryfbord geskryf).

“Ja, dis die [s] (nie [sǝ] nie). Sê almal dit nou saam.”

Wat moet nou kom? (Die opvoeder sê die hele woord weer, maar lê nadruk op die [ᴐ] – klank. Die

leerders luister en sê watter klank dit is. Die opvoeder skryf dit op die skryfbord).

“Nou ken ons al twee van die klankies. Kom ons sê die klankies weer. (Die twee klanke word herhaal.

Die [n] aan die einde van die woord word op dieselfde wyse behandel).

Stap 3: Die drie flitskaarte met die enkel letters word uitgestal. “Wie kan met hierdie drie kaartjies die

woord “son” bou? Die leerders neem beurte om met die oorspronklike flitskaart as leidraad die drie

letters te kom rangskik. Nou herhaal almal die klanke en sê die woord [s]-[ᴐ]-[n], “son”.

Afsluiting: Leerders kry die geleentheid om die klanke [s], [ᴐ] en [n] te voel met rubbervorms.

ʼn Klankkaart met prente van woorde wat met die drie klanke begin word aan leerders gewys. Leerders

identifiseer die prente en assossieer dit met die klank wat hulle geleer het. Werkvel 2 (Bylaag E).

74

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!