Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

digitalknowledge.cput.ac.za
from digitalknowledge.cput.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Les 7: Tema: Geen Datum: 13 Maart 2009 In hierdie les word daar klem gelê op die ouditiewe analise - opbreek van klanke en sintese begrip – om klanke saam te voeg wat by die prent pas. Instruksie: Illustreer die opdrag met ʼn oefenvoorbeeld op die bord. Opdrag: Luister na die woord wat ek sê en trek ʼn streep deur die prent wat by die woord pas. 1. man 2. rot 3. boot 4. huis 5. hand ʼn Werkvel word deur leerders voltooi. Werkvel 5 (Bylaag D) Leerders luister na kort rympies. ʼn Voorstelling van die rympies word op prente voorgestel soos byvoorbeeld, Daar’s ʼn apie op ʼn stokkie, Vissies, Kaalvoetjies, Katjie, So sag soos wol, Dankie vir ons kos en Reëntjie. Leerders identifiseer die prent met die toepaslike rympie. Waarneming en veldnotas sal vir hierdie doeleindes gebruik word om data vas te lê. Nadat al hierdie lesse voltooi is, word ʼn natoets afgehandel wat dieselfde toets is wat deur die leerders as ʼn voortoets gebruik is. Waarneming/Refleksie Les 7 Leerders skenk vandag volle aandag omdat hul luistervermoë en aandagskenk-vermoë verbeter en ontwikkel. Leerders is in staat om die rympie wat hul hoor, met die prent te assossieer omdat hul begin fokus op spesifieke prente. Hulle prentleesvaardighede toon vordering. Ook hul interpretasie van prente begin meer sin te maak in hul daaglikse leer. Leerders toon baie meer begrip ten opsigte van sintese en hul verstaan dat [p]-[ᴐ]-[t] word pot. Die gebruik van baie ouditiewe sintese, rym, woord- en syfergeheue-vaardighede, ouditiewe analise en ouditiewe diskriminasie- oefeninge dra by tot die ontwikkeling van die fonologiese bewustheid van leerders. Leerders toon nou begrip vir die konsep LUISTER. Die fonologiese en fonemiese bewustheid word goed gedemonstreer omdat dit duidelik is dat hierdie konsepte ʼn proses van ontwikkeling is en nie ʼn vinnige oplossing tot sukses is nie. Leeders is bekend met die prentherkenning soos aap, voël, vis, slak, kat, engel, reën, seun, dogter, gebed asook ʼn wiegie waarin baba slaap. 70

Die resultate ten opsigte van die werkvelle wat leerders voltooi het as toepassing om vas te stel of hulle in staat is om die opdrag wat hulle hoor, skriftelik toe te pas, was redelik suksesvol. Die eerste opdrag waar leerders ʼn prent moes kies wat rym met die beklemtoonde woord, kon deur sekere leerders in ʼn meerdere mate voltooi word. ʼn Aantal van die leerders kon nie die beklemtoonde woord met ʼn prent assossieer nie. Die werkvel wat handel oor ouditiewe woordgeheue is deur leerders voltooi. ʼn Aantal van die leerders kon die opdrag voltooi. Net minder as die helfte van die groep het dit moeilik gevind om die taak te voltooi. Die werkvel wat handel oor ouditiewe sintese is redelik goed deur leerders voltooi. Die aflê van die voortoets reflekteer talle uitvalle. Hierdie uitvalle kan toegeskryf word aan die taalarm omgewing en minder stimulerende milieu waaraan leerders blootgestel is in die vroeëkindontwikkelingsfase van hul lewens. 4.2.3 Natoets vir fonologiese bewustheid Aan die einde van die ses weke is die natoets (sien Bylaag B) wat dieselfde as die voortoets is aan die proefgroep gegee om vas te stel of die intervensieprogram verandering te weeg gebring het (sien 3.4.3). 4.3 Fase twee: fonemiese bewustheid 4.3.1 Voortoets vir fonemiese bewustheid Die voortoets sluit aspekte van fonemiese persepsie in soos bespreek in die literatuur (sien 2.8.3). Die Yopp-Singertoets (sien Bylaag C) van foneemsegmentasie is gebruik. 4.3.2 Intervensie om fonemiese bewustheid met letter-klankkorrespondering te ontwikkel Die volgende lesse word onderrig om letter- klankkorrespondering vas te lê (sien 3.5.2) en (sien 2.8.3). 71

Die resultate ten opsigte van die werkvelle wat leerders voltooi het as toepassing om vas te stel of

hulle in staat is om die opdrag wat hulle hoor, skriftelik toe te pas, was redelik suksesvol. Die eerste

opdrag waar leerders ʼn prent moes kies wat rym met die beklemtoonde woord, kon deur sekere

leerders in ʼn meerdere mate voltooi word. ʼn Aantal van die leerders kon nie die beklemtoonde woord

met ʼn prent assossieer nie. Die werkvel wat handel oor ouditiewe woordgeheue is deur leerders

voltooi. ʼn Aantal van die leerders kon die opdrag voltooi. Net minder as die helfte van die groep het

dit moeilik gevind om die taak te voltooi. Die werkvel wat handel oor ouditiewe sintese is redelik

goed deur leerders voltooi.

Die aflê van die voortoets reflekteer talle uitvalle. Hierdie uitvalle kan toegeskryf word aan die taalarm

omgewing en minder stimulerende milieu waaraan leerders blootgestel is in die

vroeëkindontwikkelingsfase van hul lewens.

4.2.3 Natoets vir fonologiese bewustheid

Aan die einde van die ses weke is die natoets (sien Bylaag B) wat dieselfde as die voortoets is aan die

proefgroep gegee om vas te stel of die intervensieprogram verandering te weeg gebring het (sien

3.4.3).

4.3 Fase twee: fonemiese bewustheid

4.3.1 Voortoets vir fonemiese bewustheid

Die voortoets sluit aspekte van fonemiese persepsie in soos bespreek in die literatuur (sien 2.8.3). Die

Yopp-Singertoets (sien Bylaag C) van foneemsegmentasie is gebruik.

4.3.2 Intervensie om fonemiese bewustheid met letter-klankkorrespondering te

ontwikkel

Die volgende lesse word onderrig om letter- klankkorrespondering vas te lê (sien 3.5.2) en (sien 2.8.3).

71

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!