Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

digitalknowledge.cput.ac.za
from digitalknowledge.cput.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Les 3: Tema: My gesin Datum: 13 Februarie 2009 Leerders sit op die mat: Rympie: Vissies Vissies wat na kossies soek, Pappa vang hul aan die hoek Mamma bak hul in die pan, En ekke eet daar lekker van. My pappa is my perdjie My pappa is my perdjie Ek ry dan op sy voet, sy skoen is dan my saaltjie dit pas my baie goed. Ouditiewe geheue-oefening Opvoeder wys rympiekaart met prent. Sê: “Kyk na die prente.” Luister na die rympie en identifiseer die prent van die rympie wat jy hoor bv. Kaalvoetjies, Knor my ou katjie, Santjie swaeltjie, My mammie het vir my, en Dankie vir die lekker dag. Ek gaan nou drie woorde lees. Luister na al drie. Ek gaan dan vra watter woord julle eerste of laaste gehoor het, bv. mamma, pappa , ouma, oupa , sussie , boetie. (Watter woord het julle laaste gehoor)? (Watter woord het julle eerste gehoor)? Ons kry woorde soos kat, hond, sirkel, blou. Ons kry ook klanke: [b][g] of [x][t][s][p] en [k]. Opvoeder gee klankspeletjie bv. r.r r ry die motor. Leerders doen aksie sss … sê slakkie slak mmm… die koek smaak lekker vvv… ek blaas die ballon groot op. Klankoefening word gedoen om klankbewustheid aan te wakker. ʼn Werkvel: Woordgeheue word aan leerders gegee Opdrag: Kan jy, onthou watter woorde ek sê. Trek kruisies deur die regte prentjie. Werkvel 2 (Bylaag D). Waarneming/Refleksie en veldnotas sal gebruik word om data vas te lê. Waarneming/Refleksie Les 3 Leerders geniet die luisteroefeninge omdat klank en musiek altyd byval vind by jong leerders. In hierdie les is die fokus op: luister na ʼn rympie en assossieer dit met ʼn prent wat die rympie voorstel. Slegs een leerder kon die prent-assossiasie bemeester. Die res van die groep kon dit nie weergee nie omdat die opdrag te moeilik was om uit te voer en die leerders nog nie op die vlak is waar daar twee denkprosesse in een aktiwiteit uitgevoer word nie. Slegs een leerder kon sê watter woord hulle eerste tydens die oefening van woordgeheue onthou het. Dieselfde leerder wat die eerste woord kon onthou, kon ook aandui watter woord sy laaste gehoor het. Die werkvel oor woordgeheue kon nie voltooi word nie omdat leerders nog baie onseker van hulself is en nog baie stadig van begrip is. 66

Les 4: Tema: Somer Datum: 3 Maart 2009 Luisteroefeninge: Opvoeder sê ʼn sin en leerders herhaal die sin bv. Die [m]-[a]-[n] [l]-[ᴐ:]-[p][w]-[e]-[g] [di man l ᴐ: p vɛx.] Die [s]-[eu]-[n][sk]-[o]-[p] die [b-a-l] [di søn skᴐp die bal.] Watter klank/geluid hoor julle eerste bv. [s-ᴐ -n][b-a-l][k-a-t][l-ɛ-s][w-ǝi-s] Leerders noem die klank Rympie: Appels rooi, appels rond. Eet jou appels, dis gesond. Voltooi: Opvoeder sê: ek eet ʼn vy, tot ek lekker … (kry) Ek hou van peer, ek lus nog … (meer) Ek swem in die see, kom jy ook … (mee) Rymwoorde: Leerders luister na woorde bv. son, non … kon; mou vou … rou kou; bak dak … sak hak Sintese: saam voeg van klank Klap die aantal klanke wat jy hoor. [i][n] = in [ᴐ][p] = op [b][ǝi] = by [p][a:] = pa [ɛ][k] = ek [j] [a:] = ja Leerders luister na ʼn gedig wat voorgelees word. Gediggie: Brandertjie Brandertjie, brandertjie, ek hou jou dop, Kom tog nie nader, O-tog pasop! Brandertjie, brandertjie, ek is nie bang Jy kan my nooit nie vang! Waarneming/Refleksie Les 4 Vandag is dit opvallend dat die leerders begin begrip toon en hul is in staat om opdragte te verstaan en uit te voer ten opsigte van gehoor. Tydens die opdrag waar leerders moes luister na die aantal klappies wat hul moes teruggee, was daar slegs twee leerders wat dit nie kon bemeester nie. Hierdie leerders is baie onoplettend, omdat hulle aandagspan en konsentrasievermoë nog nie ontwikkel is nie. Hulle beskik nog nie oor die vaardigheid om met gepaste gedrag na ʼn opdrag te luister nie en dit wil voorkom asof hulle nie belangstel in wat van hulle verwag word nie. Die res van die groep begin nou goeie begrip toon omdat die opdrag redelik maklik is. Die leerders is alreeds sewe weke op skool en aanpassing, asook ontwikkeling het in die proses plaasgevind. 67

Les 3: Tema: My gesin

Datum: 13 Februarie 2009

Leerders sit op die mat:

Rympie: Vissies

Vissies wat na kossies soek,

Pappa vang hul aan die hoek

Mamma bak hul in die pan,

En ekke eet daar lekker van.

My pappa is my perdjie

My pappa is my perdjie

Ek ry dan op sy voet,

sy skoen is dan my saaltjie

dit pas my baie goed.

Ouditiewe geheue-oefening

Opvoeder wys rympiekaart met prent. Sê: “Kyk na die prente.” Luister na die rympie en identifiseer

die prent van die rympie wat jy hoor bv. Kaalvoetjies, Knor my ou katjie, Santjie swaeltjie, My

mammie het vir my, en Dankie vir die lekker dag.

Ek gaan nou drie woorde lees. Luister na al drie. Ek gaan dan vra watter woord julle eerste of laaste

gehoor het, bv. mamma, pappa , ouma, oupa , sussie , boetie. (Watter woord het julle laaste gehoor)?

(Watter woord het julle eerste gehoor)?

Ons kry woorde soos kat, hond, sirkel, blou. Ons kry ook klanke: [b][g] of [x][t][s][p] en [k].

Opvoeder gee klankspeletjie bv. r.r r ry die motor. Leerders doen aksie sss … sê slakkie slak

mmm… die koek smaak lekker vvv… ek blaas die ballon groot op. Klankoefening word gedoen om

klankbewustheid aan te wakker. ʼn Werkvel: Woordgeheue word aan leerders gegee

Opdrag: Kan jy, onthou watter woorde ek sê. Trek kruisies deur die regte prentjie. Werkvel 2 (Bylaag

D). Waarneming/Refleksie en veldnotas sal gebruik word om data vas te lê.

Waarneming/Refleksie Les 3

Leerders geniet die luisteroefeninge omdat klank en musiek altyd byval vind by jong leerders. In

hierdie les is die fokus op: luister na ʼn rympie en assossieer dit met ʼn prent wat die rympie voorstel.

Slegs een leerder kon die prent-assossiasie bemeester. Die res van die groep kon dit nie weergee nie

omdat die opdrag te moeilik was om uit te voer en die leerders nog nie op die vlak is waar daar twee

denkprosesse in een aktiwiteit uitgevoer word nie. Slegs een leerder kon sê watter woord hulle eerste

tydens die oefening van woordgeheue onthou het. Dieselfde leerder wat die eerste woord kon onthou,

kon ook aandui watter woord sy laaste gehoor het.

Die werkvel oor woordgeheue kon nie voltooi word nie omdat leerders nog baie onseker van hulself is

en nog baie stadig van begrip is.

66

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!