Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

digitalknowledge.cput.ac.za
from digitalknowledge.cput.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Les 1: Tema: My liggaam Datum: 11 Februarie 2009 In hierdie les sit leerders op die mat. ʼn Ouditiewe oefening word aan die leerders gegee. Leerders kry die geleentheid om na woorde te luister. Die opvoeder vra: “Klink die woorde dieselfde of verskillend?” Leerders word gevra om hul duim op te lig as dit dieselfde klink en af te wys as dit verskillend klink, byvoorbeeld: rooi – rooi rooi – geel geel - blou groen - groen ʼn Eggo-speletjie word nou gespeel. Die opvoeder sê: “Ek gaan nou twee sinne sê. Wanneer die sinne dieselfde klink, wys duime op, verskillend, wys duime af.” Byvoorbeeld: Sin een: “Dit is ʼn rooi sirkel.” Sin twee “Dit is ʼn rooi sirkel.” Sin een: “Die twee rooi sirkels lyk dieselfde.” Sin twee: “Die twee rooi sirkels lyk verskillend.” Sin een: “Blou is ʼn mooi kleur.” Sin twee: “Blou is ʼn mooi kleur.” Leerders kan ook die speletjie speel. Die klasgroepe luister. ʼn Kasset met vervoergeluide word gespeel. Leerders identifiseer die geluide wat deurdie verskillende vervoermiddels gemaak word. Aan die einde van die les luister die leerders na die volgende rympies wat deur die opvoeder opgesê word: Duimpie, duimpie se maat, Langeraat, Fielafooi, Pieps in die kooi. Kyk uit! Ruik uit! Hap – hap – hap! Wielie, wielie walie, Die aap ry op die balie, Tjoef, tjaf, daar val hy af, wielie wielie walie. 62

Klippertjie, klappertjie Klap, klap, klap Mondjie happertjie Hap-hap-hap! (Leerders luister slegs na die rympies) Veldnotas en Waarneming/Refleksie word tydens en na afloop van die les aangeteken, Waarneming/Refleksie tydens lesse een tot ses Waarneming/Refleksie Les 1 Leerders geniet die les, want dit is duidelik dat hulle hulself vereenselwig met die tema van die les, asook die eggo-speletjie wat gespeel is. Leerders hou van speletjies, want dit behou hul aandag. Daar is nog baie verwarring met die begrippe “eenders” en “verskillend”. Dit is ʼn konsep wat nog vasgelê moet word. Die rympies, liedjies en luisteroefeninge was genotvol, aangesien dit binne die kind se ervaringsveld is. Hulle onthou nie die opdrag nie. Die formele opset in die klas speel ook ʼn belangrike rol omdat baie van hierdie leerders jonk is en nog in ʼn speelopset wil funksioneer. Uit die dertien leerders kon slegs twee reageer op die vrae terwyl die res nie kon saamwerk deur die verlangde reaksie te toon nie. 63

Klippertjie, klappertjie

Klap, klap, klap

Mondjie happertjie

Hap-hap-hap!

(Leerders luister slegs na die rympies)

Veldnotas en Waarneming/Refleksie word tydens en na afloop van die les aangeteken,

Waarneming/Refleksie tydens lesse een tot ses

Waarneming/Refleksie Les 1

Leerders geniet die les, want dit is duidelik dat hulle hulself vereenselwig met die tema van die les,

asook die eggo-speletjie wat gespeel is. Leerders hou van speletjies, want dit behou hul aandag.

Daar is nog baie verwarring met die begrippe “eenders” en “verskillend”. Dit is ʼn konsep wat nog

vasgelê moet word. Die rympies, liedjies en luisteroefeninge was genotvol, aangesien dit binne die

kind se ervaringsveld is. Hulle onthou nie die opdrag nie. Die formele opset in die klas speel ook ʼn

belangrike rol omdat baie van hierdie leerders jonk is en nog in ʼn speelopset wil funksioneer. Uit die

dertien leerders kon slegs twee reageer op die vrae terwyl die res nie kon saamwerk deur die verlangde

reaksie te toon nie.

63

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!