05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

observasie gebruik gemaak vir data- doeleindes. ʼn Video- opname is gemaak en veldnotas is

aangeteken.

3.5.3 Natoets

Aan die einde van die nege lesse is daar ʼn natoets wat dieselfde inhoud as die voortoets bevat, gegee

om vas te stel of die intervensieprogram verandering teweeg gebring het.

3.6 Toetsmateriaal en die nasien van toetse

Die toetsmateriaal bestaan uit ʼn kontrolelys met die nodige toets-items vir fonologiese en fonemiese

bewustheid. ʼn Toets is deur die navorser afgeneem in ʼn klaskamer waar proefpersone individueel

getoets is. Opmerkings is aangeteken om as hulp te dien vir die opstel van ʼn intervensieprogram.

Die voor- en natoets oor fonologiese bewustheid (sien Bylaag B en C) is mondelings op ʼn een-tot-een-

basis afgeneem. ’n Kontrolelys is gebruik om punte toe te ken. Punte is soos volg toegeken: Ouditiewe

Syfergeheue: vier punte; Ouditiewe Woordgeheue: vier punte; Ouditiewe Diskriminasie: een punt;

Rym: vier punte; Ouditiewe Analise: tien punte; Ouditiewe Sintese: vyf punte. ʼn Totaal uit sewe en

twintig punte kan deur die proefpersone behaal word.

Die voor- en natoets oor fonemiese bewustheid is op ʼn mondelinge wyse op ʼn een-tot-een-basis

afgeneem. Punte is aangeteken op ʼn kontrolelys van woorde wat getoets is. Die toets bestaan uit 22

vrae en is op die volgende wyse nagesien: ʼn Instruksie is duidelik gegee waarna die navorser ʼn

woordspeletjie gespeel het met die opdrag dat die woord wat gesê word, in aparte dele opgebreek

word. Die proefpersoon moet elke klank in die woord in die regte volgorde sê, byvoorbeeld, as die

woord kat gesê word, moet die proefpersoon [k]-[a]-[t] sê. Die navorser maak van ʼn voorbeeld aan die

proefgroep gebruik om die proefpersoon te lei. Die toetsitems wat korrek gesegmenteer word, word

omkring. Die navorser maak seker dat die klank en nie die letters nie in die woord gesê word.

Foutiewe terugvoering is langs die woord op die blanko-lyn opgeteken. Een punt vir elke korrekte

antwoord is toegeken. Om ʼn objekiewe meting te verseker, is die klasopvoeder van die

navorsingsgroep gebruik om die observasie ten opsigte van die vordering en verandering in die

proefgroep aan te teken. Die vordering en observasie van opvoeder is gebruik om dit met die resultaat

van die voor- en natoetse te vergelyk om vas te stel of daar ʼn verbetering in die prestasie van die

proefgroep waargeneem is.

59

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!