05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

word ʼn puntetelling van tien verkry. By vraag ses (ouditiewe sintese) word ʼn puntetelling van vyf

verkry wat as ʼn persentasie uitgedruk word. ʼn Totaal van sewe en twintig punte word verkry. Geen

gedeeltelike krediet word gegee nie. Slegs die korrekte antwoorde word as ʼn punt getel. (sien Bylaag

B). Alle puntetellings word as persentasies uitgedruk.

3.4.2 Intervensieprogram

ʼn Intervensieprogram (sien 1.6.2) om die nodige vaardighede te ontwikkel is saamgestel. Tydens die

studie is lesse aangebied (sien 4.2.2) vanaf die tweede week in Februarie tot einde Maart.

Veldnotas is bygehou om data- insameling te verseker en aanpassings te maak. Tydens die empiriese

studie word daar tydens elke lesaanbieding van observasie gebruik gemaak om aan te toon of die

program wat aangebied word, verandering teweeg bring. Die opdragte op die werkvelle is deur die

proefpersone uitgevoer (sien Bylaag D).

3.4.3 Natoets

Aan die einde van die ses weke is daar ʼn natoets wat dieselfde inhoud bevat het as die voortoets gegee.

Die rede waarom die natoets dieselfde as die voortoets is, is om vas te stel of die intervensieprogram

verandering teweeggebring het (sien Bylaag B).

3.5 Fase twee: fonemiese bewustheid

Die navorser het tydens die literatuurstudie sekere vereistes geïdentifiseer wat moontlik daartoe kan

bydra om fonemiese bewustheid by leerders te bevorder.

3.5.1 Voortoets

ʼn Voortoets is aan die leerders aan die begin van die tweede kwartaal in die tweede week van April

gegee om hul fonemiese vaardighede te toets en probleme te identifiseer om sodoende ʼn geskikte

program daarvolgens op te stel en te volg. Die voortoets sluit aspekte van fonemiese persepsie in soos

bespreek in die literatuur (sien 2.9.1). Die Yopp-Singertoets (sien Bylaag C) van foneemsegmentasie

is gebruik en aangepas om by die Afrikaanssprekende proefgroep te pas. Die toets is deur Yopp (1995:

22) ontwikkel en beskikbaar gestel aan opvoeders as ʼn apparaat vir die toetsing van leerders se

fonemiese bewustheid en vroeë identifiserng van leerders wat probleme in lees en spelling ervaar.

3.5.2 Intervensieprogram

ʼn Intervensieprogram is tydens nege lesse aangebied (sien 4.3.2). Die tydperk het drie dae per week

vanaf die tweede week in April tot Mei gestrek. Tydens en na afloop van die lesse is daar van

58

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!