Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
3.3.3 Etiese oorwegings Die proses van toestemming behels dat deelnemers te alle tye ingelig moet word deur middel van akkurate en toepaslike inligting rakende die doel van die ondersoek en die prosedures wat gevolg word (De Vos et al., 2002: 25). Etiese oorwegings by die opstel van die navorsingsprojek tree op die voorgrond tydens drie stadia van ʼn navorsingsprojek, naamlik by die werwing van proefpersone, by die ingreep en/meting waaraan die proefpersone onderwerp sal word en die hantering van die resultate (Burnes & Grove, 1997: 195). Etiese oorwegings sluit vertroulikheid en anonimiteit, vermyding van benadeling van deelnemers, die vryheid om te onttrek en die versekering van die privaatheid van deelnemers in. Huysamen (1993: 184) identifiseer die volgende etiese oorwegings: skade aan eksperimentele onderwerpe en of respondente; ingeligte toestemming; misleiding van respondente; skending van privaatheid; aksie en bevoegdheid van navorsers; samewerking met medewerkers; vrystelling of publisering van bevindinge; vraagstelling oor onderwerp en of respondente. Daar word nie veel etiese probleme met hierdie navorsing voorsien nie, aangesien bestaande fonologiese en fonemiese programme nie geëvalueer word nie, maar slegs gebruik word om aannames te maak en waar nodig verbeteringe voor te stel tot voordeel van die jong leerder uit spesifieke omstandighede. Die gebruiklike toestemmingsprosedures is gevolg en toestemming is verkry van die betrokke onderwysdepartement, asook van individue betrokke by die eksperimentele navorsing soos Wes- Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) en die Skoolbeheerliggaam van die eksperimentele skool (sien Bylaag A). Geen name is in die navorsing genoem nie. Deelname in die navorsing het vrywilliglik geskied. Alle inligting, asook kommentaar deur die rolspelers is as vertroulik beskou en word ook so hanteer. Die navorser het te alle tye die nodige respek aan medewerkers betoon. 3.3.4 Veranderlikes Die blootstelling/nie-blootstelling aan die fonologiese en fonemiese program dien as onafhanklike veranderlike in die studie, terwyl die verbetering in fonologiese en fonemiese bewustheid as die afhanklike verandering dien. ʼn Voor- en natoets, slegs ten opsigte van fonemiese bewustheid, is gedoen op al die leerders van die eksperimentele groep. Vervolgens word die afhanklike en onafhanklike veranderlikes van hierdie studie geïdentifiseer. Afhanklike veranderlike Die afhanklike veranderlike in die studie was die leerders se fonologiese en fonemiese bewustheidsvermoë in aanvangslees. 56
Onafhanklike Veranderlikes Die onafhanklike veranderlikes is die intervensieprogram en die skool waar die leerders onderrig ontvang. 3.3.5 Hipoteseformulering Die navorsing is gebaseer op die hipotese dat ʼn verskil in die leesvermoë van graad 1-leerders in ʼn taalarm omgewing in ʼn landelike gebied gemaak kan word na onderwerping aan ʼn fonologiese bewustheids- en fonemiese bewustheids-intervensieprogram voordat die graad 1-leerders aan formele leesonderrig blootgestel word (sien 1.5). 3.3.6 Metode van ondersoek Die metode van ondersoek sal bespreek word volgens die fases van ondersoek aan die hand van ʼn chronologiese verloop van die navorsing (sien 1.6). 3.4 Fase een: fonologiese bewustheid Die proefgroep (sien 1.6.2) is volgens die toelatingsbeleid van die Nasionale Departement van Onderwys, skooltoelaatbaar. Daar word onderskei tussen skoolpligtig (leerder moet reeds ses jaar oud by skooltoetrede in graad een wees en sewe word in die loop van daardie jaar) en skooltoelaatbaar (leerders moet 5½ jaar oud wees by skooltoetrede in graad 1en nie voorkeur geniet bo ʼn kind wat reeds skoolpligtig is nie). ’n Voortoets (sien Bylaag B) is in die tweede week van die eerste kwartaal aan die leerders gegee om hul fonologiese vaardighede te toets en probleme te identifiseer om sodoende ʼn geskikte program daarvolgens op te stel en te volg. 3.4.1 Voortoets Die voortoets sluit aspekte van ouditiewe persepsie in (sien Bylaag B). In hierdie toets word daar nie van ʼn gestandaardiseerde meetinstrument gebruik gemaak nie. ʼn Sekere gewig word aan elke vraag toegeken. Die puntetelling gee aan die navorser ʼn idee hoe om vas te stel op watter vlak van ontwikkeling die proefpersoon funksioneer. By vraag een (ouditiewe syfergeheue) word die puntetelling verkry deur enige vier korrekte antwoorde te kies. ʼn Puntetelling van vier word hier toegeken. By vraag twee (ouditiewe woordgeheue) word ʼn puntetelling van vier verkry. By vraag drie (ouditiewe diskriminasie) word ʼn puntetelling van een verkry. By vraag vier (rym) word ʼn puntetelling van vier verkry. By vraag vyf (ouditiewe analise) 57
- Page 13 and 14: 1.5 Navorsingsvrae In die studie wo
- Page 15 and 16: ʼn Oorsig is gedoen, uitgebrei en g
- Page 17 and 18: Hoofstuk 2 Literatuurstudie 2.1 Inl
- Page 19 and 20: Daar is slegs een verskil: Die asse
- Page 21 and 22: Die ontwikkeling van die voorskools
- Page 23 and 24: word. Die organisering van inligtin
- Page 25 and 26: die opsê van rympies, storievertel
- Page 27 and 28: groter sukses behaal met konsepte s
- Page 29 and 30: Alexander (2006: 3) stem saam en no
- Page 31 and 32: 2.6 Perspektiewe ten opsigte van vo
- Page 33 and 34: Mesmer & Griffeth (2005) bevind dat
- Page 35 and 36: vaardighede op ’n vroeë ouderdom
- Page 37 and 38: kan onderskei tussen verskillende w
- Page 39 and 40: Stanovich (1994: 281) beklemtoon ve
- Page 41 and 42: Bogenoemde geselekteerde woorde, te
- Page 43 and 44: Foneemidentifisering: Die herkennin
- Page 45 and 46: 2.10 Strategieë om lae-inkomste ou
- Page 47 and 48: 2.11 Leerstyle Joubert et al. (2006
- Page 49 and 50: Volgens Joubert et al. (2006: 90) v
- Page 51 and 52: 2.12.2.2 Die klankmetode Die klankm
- Page 53 and 54: dan geskryf. Die woord word op die
- Page 55 and 56: leerders se vormende geletterdheid,
- Page 57 and 58: single best predictor of first-year
- Page 59 and 60: 3.2.1 Aksienavorsing Henning, Van R
- Page 61 and 62: Henning et al. (2007: 82) beskryf o
- Page 63: Tydens die ontwikkeling van die int
- Page 67 and 68: observasie gebruik gemaak vir data-
- Page 69 and 70: Hoofstuk 4 Die intervensieprogram 4
- Page 71 and 72: Klippertjie, klappertjie Klap, klap
- Page 73 and 74: Waarneming/Refleksie Les 2 Woordgeh
- Page 75 and 76: Les 4: Tema: Somer Datum: 3 Maart 2
- Page 77 and 78: Les 6: Tema: Diere Datum: 12 Maart
- Page 79 and 80: Die resultate ten opsigte van die w
- Page 81 and 82: Les 2 Datum: 30 Maart 2009 Vasleggi
- Page 83 and 84: Waarneming/Refleksie Les 3 Dit is d
- Page 85 and 86: ʼn Klankkaart met prente van woorde
- Page 87 and 88: Les 8 Datum: 23 April 2009 Letter -
- Page 89 and 90: Waarneming/Refleksie Les 9 Leerders
- Page 91 and 92: tydens die toets toon nie, maar dat
- Page 93 and 94: Begin, middel en eindklank: Proefpe
- Page 95 and 96: Die werkvel in les ses wat die kons
- Page 97 and 98: 5 4 3 2 1 0 0 1 10 20 30 40 50 60 7
- Page 99 and 100: 2. Ouditiewe Woordgeheue (verwante
- Page 101 and 102: 100.0% 80.0% 60.0% 40.0% 20.0% 0.0%
- Page 103 and 104: 5.2.4 Die vergelyking van die voort
- Page 105 and 106: Identifisering van die [k]- klank:
- Page 107 and 108: TOETSTELLING AANTAL PROEFPERSONE 10
- Page 109 and 110: Hoofstuk 6 Bevindinge en aanbevelin
- Page 111 and 112: aktiwiteite word eers prakties uitg
- Page 113 and 114: word eerste, laaste en in die midde
Onafhanklike Veranderlikes

Die onafhanklike veranderlikes is die intervensieprogram en die skool waar die leerders onderrig

ontvang.

3.3.5 Hipoteseformulering

Die navorsing is gebaseer op die hipotese dat ʼn verskil in die leesvermoë van graad 1-leerders in ʼn

taalarm omgewing in ʼn landelike gebied gemaak kan word na onderwerping aan ʼn fonologiese

bewustheids- en fonemiese bewustheids-intervensieprogram voordat die graad 1-leerders aan formele

leesonderrig blootgestel word (sien 1.5).

3.3.6 Metode van ondersoek

Die metode van ondersoek sal bespreek word volgens die fases van ondersoek aan die hand van ʼn

chronologiese verloop van die navorsing (sien 1.6).

3.4 Fase een: fonologiese bewustheid

Die proefgroep (sien 1.6.2) is volgens die toelatingsbeleid van die Nasionale Departement van

Onderwys, skooltoelaatbaar. Daar word onderskei tussen skoolpligtig (leerder moet reeds ses jaar oud

by skooltoetrede in graad een wees en sewe word in die loop van daardie jaar) en skooltoelaatbaar

(leerders moet 5½ jaar oud wees by skooltoetrede in graad 1en nie voorkeur geniet bo ʼn kind wat

reeds skoolpligtig is nie). ’n Voortoets (sien Bylaag B) is in die tweede week van die eerste kwartaal

aan die leerders gegee om hul fonologiese vaardighede te toets en probleme te identifiseer om

sodoende ʼn geskikte program daarvolgens op te stel en te volg.

3.4.1 Voortoets

Die voortoets sluit aspekte van ouditiewe persepsie in (sien Bylaag B).

In hierdie toets word daar nie van ʼn gestandaardiseerde meetinstrument gebruik gemaak nie. ʼn Sekere

gewig word aan elke vraag toegeken. Die puntetelling gee aan die navorser ʼn idee hoe om vas te stel

op watter vlak van ontwikkeling die proefpersoon funksioneer.

By vraag een (ouditiewe syfergeheue) word die puntetelling verkry deur enige vier korrekte antwoorde

te kies. ʼn Puntetelling van vier word hier toegeken. By vraag twee (ouditiewe woordgeheue) word ʼn

puntetelling van vier verkry. By vraag drie (ouditiewe diskriminasie) word ʼn puntetelling van een

verkry. By vraag vier (rym) word ʼn puntetelling van vier verkry. By vraag vyf (ouditiewe analise)

57