05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

3.3.3 Etiese oorwegings

Die proses van toestemming behels dat deelnemers te alle tye ingelig moet word deur middel van

akkurate en toepaslike inligting rakende die doel van die ondersoek en die prosedures wat gevolg word

(De Vos et al., 2002: 25). Etiese oorwegings by die opstel van die navorsingsprojek tree op die

voorgrond tydens drie stadia van ʼn navorsingsprojek, naamlik by die werwing van proefpersone, by

die ingreep en/meting waaraan die proefpersone onderwerp sal word en die hantering van die resultate

(Burnes & Grove, 1997: 195). Etiese oorwegings sluit vertroulikheid en anonimiteit, vermyding van

benadeling van deelnemers, die vryheid om te onttrek en die versekering van die privaatheid van

deelnemers in. Huysamen (1993: 184) identifiseer die volgende etiese oorwegings: skade aan

eksperimentele onderwerpe en of respondente; ingeligte toestemming; misleiding van respondente;

skending van privaatheid; aksie en bevoegdheid van navorsers; samewerking met medewerkers;

vrystelling of publisering van bevindinge; vraagstelling oor onderwerp en of respondente. Daar word

nie veel etiese probleme met hierdie navorsing voorsien nie, aangesien bestaande fonologiese en

fonemiese programme nie geëvalueer word nie, maar slegs gebruik word om aannames te maak en

waar nodig verbeteringe voor te stel tot voordeel van die jong leerder uit spesifieke omstandighede.

Die gebruiklike toestemmingsprosedures is gevolg en toestemming is verkry van die betrokke

onderwysdepartement, asook van individue betrokke by die eksperimentele navorsing soos Wes-

Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) en die Skoolbeheerliggaam van die eksperimentele skool

(sien Bylaag A).

Geen name is in die navorsing genoem nie. Deelname in die navorsing het vrywilliglik geskied. Alle

inligting, asook kommentaar deur die rolspelers is as vertroulik beskou en word ook so hanteer. Die

navorser het te alle tye die nodige respek aan medewerkers betoon.

3.3.4 Veranderlikes

Die blootstelling/nie-blootstelling aan die fonologiese en fonemiese program dien as onafhanklike

veranderlike in die studie, terwyl die verbetering in fonologiese en fonemiese bewustheid as die

afhanklike verandering dien. ʼn Voor- en natoets, slegs ten opsigte van fonemiese bewustheid, is

gedoen op al die leerders van die eksperimentele groep.

Vervolgens word die afhanklike en onafhanklike veranderlikes van hierdie studie geïdentifiseer.

Afhanklike veranderlike

Die afhanklike veranderlike in die studie was die leerders se fonologiese en fonemiese

bewustheidsvermoë in aanvangslees.

56

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!