05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

dit opgelos word. Die nadele verbonde aan die observasieproses is dat dit tydrowend is, aangesien ʼn

navorsingsprojek oor ʼn aantal maande of jare kan strek. Die proses is afhanklik van die navorser en

kan veeleisend wees (De Vos, 1999: 291).

3.3 Oorsig oor die navorsingsontwerp

De Vos, Strydom, Fouché en Delport (2002: 105) beskryf ʼn navorsingsontwerp as ʼn bloudruk

waarvolgens ʼn studie uitgevoer word. Die navorsingsontwerp dui die plan en struktuur van die

ondersoek aan en dit bepaal hoe die data ingesamel gaan word, asook hoe dit statisties verwerk gaan

word ten einde navorsingsvrae te beantwoord (sien 1.5).

3.3.1 Insameling van data

Aan die proefgroep is ʼn voortoets, wat saamgestel is deur Weskus-Wynland Onderwys Bestuur en

Ontwikkeling Sentrum (OBOS) en vir hierdie studie aangepas is, gegee. ʼn Intervensieprogram (sien

4.2.2) vir graad 1 leerders is ontwikkel en aangebied. Na afloop van die intervensieprogram is ʼn

natoets soortgelyk aan die voortoets aan proefgroep gegee. Veldnotas, ʼn video-opname en observasie

is gedoen tydens die intervensieprogram. ʼn Tweede fase waarin fonemiese bewustheid en letter-

klankkorrespondering toegepas is, is gevolg. ʼn Voortoets, intervensieprogram en natoets is gedoen

(sien 4.3). ʼn Vertaalde Yopp-Singertoets (sien Bylaag C) vir die toetsing van fonemiese bewustheid is

deur leerders afgelê.

Verskeie bestaande geletterdheidsprogramme in Suid-Afrika en die buiteland is ondersoek. Grové et

al. (1992: 27) se werk wat as riglyn dien in die voorskoolse kurrikulum in Suid-Afrika en die program

deur Pepler (2005) is vir hierdie studie gebruik, omdat dit aan die kriteria van fonologiese en

fonemiese bewustheid voldoen. In Amerika het die navorser die "Head Start- program” van (Cooke,

1977: 1) wat fokus op 4- en 5-jariges uit lae sosio-ekonomiese gesinne onder die loep geneem. Hierdie

program fokus op kinders wat swak gesondheid ervaar en ʼn gebrek aan selfvertroue het wanneer hul

die formele skoolfase moet aanpak. Die “Hippy-program” (Home Instruction Program for Preschool

Youngsters) is ʼn voorskoolse program wat in die Verenigde State van Amerika geïmplimenteer is en

op taal, probleemoplossings- en diskriminasievaardighede fokus (Westheimer, 1997: 248). Hierdie

programme is ondersoek maar nie vir die studie gebruik nie, aangesien dit nie geskik gevind is nie.

3.3.2.1 Betroubaarheid

Betroubaarheid van navorsing is sinoniem met stabiliteit, konsekwentheid en voorspelbaarheid.

Kerlinger (1986: 405) verwys weer na geloofwaardigheid, toepaslikheid en konsekwentheid.

54

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!