05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Mouton (2003: 150) verwys na aksienavorsing as ʼn studie wat die volgende aspek insluit: die

onderwerp van die navorsing (proefpersone) is ʼn integrale deel van die ontwerp. Vir hierdie studie is

graad 1-leerders in ʼn landelike omgewing as proefpersone gebruik. Dit is ʼn kwalitatiewe metode

waarvolgens die begrip vir en insig in die lewenswêreld van die proefpersone beskryf word. Die

metode vereis ʼn eksplisiete toewyding om proefpersone te bemagtig om verandering van die sosiale

omstandighede van die deelnemers teweeg te bring. In hierdie studie is daar klem gelê op die

voortoets, intervensieprogram en natoets om die sosiale verandering by proefpersone te staaf.

Kemmis en McTaggart (1992: 25-27) verskaf nuttige aanbevelings vir beginner-aksienavorsing wat

stap vir stap deur die navorser gevolg is. Die navorser kry die aksienavorsingsgroep bymekaar en

neem self deel aan die aksie. Die navorser was self betrokke by die aksienavorsing en begin met ʼn

klein groep van dertien respondente uit ʼn klas van veertig leerders. Stel ʼn tydlyn vas: Vir hierdie

studie is ʼn tydlyn vasgestel vanaf Februarie tot die einde van Mei. Organiseer ondersteunende werk vir

besprekings in aksienavorsing: ʼn Intervensieprogram is ontwerp en daar is ook gebruik gemaak van

observasie wat na afloop van elke les opgeteken is deur middel van veldnotas, ’n video-opname en

waarneming van vordering. Waarneming moet volhoubaar wees: In die studie is daar deeglike

voorbereiding gedoen om die navorsingsgroep se monitering so konsekwent as moontlik uit te voer. ʼn

Groep is alleen in ʼn klas waar daar individuele aandag aan elke respondent gegee is, geplaas. Alle

respondente het dieselfde behandeling ontvang. Wees verdraagsaam en ondersteunend: In die studie is

daar na elke respondent se belange omgesien. Sommige van hierdie respondente was redelik jonk in

graad 1. Betrokkenheid van deelnemers: Die klasopvoeder is gebruik om gereeld verslag te doen oor

die vordering van die leerders wat wel aan die program deelgeneem het. Reflekteer deurentyd deur

gereeld vrae te vra of die aksienavorsing die navorser help. In die studie is daar gereeld met

opvoedkundiges in gesprek getree om sodoende voortdurende bevestiging van die studie te kry.

Flemming (2000: 2) verwys na die gebruik van bronne in aksienavorsing en konsentreer op

fokusgroepe, onderhoude, vraelyste en observasies soos in hierdie studie gebruik word. Onderhoude is

met die opvoeder van die fokusgroep gevoer. Daar is observasie gedoen tydens die verloop van die

intervensieprogram. Toetse, werkvelle, bywoningsyfer, demonstrasies en video- opnames tydens

demonstrasies, is in die navorsing gebruik.

3.2.3 Observasie

Observasie is ʼn aanvullende navorsingsmetode wat deurgaans in die empiriese ondersoek deur die

opvoeder en die navorser gebruik is om addisionele inligting van die proefpersone te verkry.

Observasie het deurlopend op vaardighede ten opsigte van die bemeestering van fonologiese en

fonemiese bewustheid gefokus ten einde die verskille tussen proefpersone te kon waarneem.

52

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!