Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

digitalknowledge.cput.ac.za
from digitalknowledge.cput.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Hoofstuk 3 Navorsingsontwerp en metode van ondersoek 3.1 Inleiding Die hoofdoel van dié ondersoek is om ʼn deeglike studie te onderneem ten einde die belangrikheid van fonologiese en fonemiese bewustheid in aanvangslees in ʼn graad 1-klas te ondersoek. ʼn Lys van aspekte wat moontlik die graad 1-leerder in staat kan stel om aan die eise van formele onderwys te voldoen is saamgestel ten opsigte van fonologiese en fonemiese bewustheid, rymwoorde, woordgeheue, analise en sintese, ouditiewe geheue, letter-klankkorrespondering, identifiserng van geselekteerde klanke, asook identifisering van eerste, laaste en middelste klanke. In hierdie hoofstuk word op die navorsingsmetode en die oogmerke van die empiriese ondersoek gefokus. ʼn Kwalitatiewe navorsingsmetode is gebruik en die navorsingsmetodes, data - insameling en data-ontleding word in besonder bespreek. Aspekte soos betroubaarheid, geldigheid en etiese aangeleenthede word ook beskryf. 3.2 Navorsingsmetode In hierdie studie word daar gebruik gemaak van kwalitatiewe navorsing, naamlik aksienavorsing. Reamer (1998: 158) meen dat kwalitatiewe navorsing inligting is wat in woorde eerder as in syfers opgesom word. De Vos (2002: 240) beskou kwalitatiewe navorsing as ʼn multiperspektief wat sosiale interaksie en betekenisse beskryf deur gebruik te maak van ʼn verskeidenheid van kwalitatiewe tegnieke of versamelingsmetodes. Dit dui dus op ʼn proses wat onder bepaalde voorwaardes geskied. Schoeman en Botha (1991: 48) sluit hierby aan en beskou kwalitatiewe navorsing as die gebruikmaking van gevallestudies of veldnavorsing. Berg (1995: 3) meen dat kwalitatiewe navorsing na betekenisse, konsepte, definisies, karaktereienskappe, metafore, simbole en die beskrywing van dinge verwys. 50

3.2.1 Aksienavorsing Henning, Van Rensburg en Smit (2007: 47) beskryf aksienavorsing as kwalitatiewe navorsing wat gedryf word deur ʼn gevoel van sosiale verandering. Dit word geïmplimenteer met die deelname van leerders vir wie die intervensie ontwikkel word. Lomax (2003: 122) beskryf aksienavorsing as ʼn skakel van die term ‘aksie’ en ‘navorsing’ wat die noodsaaklike eienskappe van aksienavorsing- strategieë in die praktyk ontwikkel om onderrig te verbeter en om kennis te bekom om die nodige vaardighede te bereik. Fleming (2000: 1) beskryf aksienavorsing as ʼn sistematiese ondersoek na ʼn skool- of klassituasie met die doel om die kwaliteit van onderrig en leer te verbeter, asook om die ingewikkelde kompleksiteit daarvan te verstaan. Navorsers argumenteer dat aksienavorsing se doel is om onderrigpraktyke te verbeter eerder as om kennis oor te dra (Elliott, 1991). Sommige navorsers meen dat aksienavorsing ʼn metode is om opvoedkundige teorieë te skep wat bydra tot individuele epistemologie van onderrig wat saam bydra tot kennis (Whitehead 1993). Volgens Lomax (2003: 122) word die volgende metode in aksienavorsing gevolg: verandering van onderrig ten opsigte van geïdentifiseerde waardes met die oog op verbetering. Die navorser is bereid om ander partye te beïnvloed deur middel van praktyke en beleide toe te pas. Deur middel van self- refleksie is die navorser nadenkend en die ondersoek is intensief. Die navorser is self-krities en bereidwillig om idees oor bestaande kennis en onderrig uit te daag. So word verandering in die werksplek bewerkstellig en indien nodig word die huidige kennis herstruktureer. 3.2.2 Prosedure van aksienavorsing Volgens Cohen, Lawrence en Morrison (2007: 234) en Fleming (2000: 1) word die volgende prosedure van aksienavorsing beklemtoon: ʼn Diagnostiese fase waar die probleme geïdentifiseer en geanaliseer word en die hipotese ontwikkel word. ʼn Terapeutiese fase volg waarin die hipotese getoets word deur middel van ʼn direkte intervensie of eksperiment. Lewin (1948: 202) kodifieer die aksienavorsingproses in vier hoof fases, naamlik beplanning, handeling, waarneming en reflektering. Hy stel voor dat aksienavorsing begin met ʼn algemene idee en dat data gesorteer word volgens die huidige situasie. Die suksesvolle uitkoms van die toetsing is die produksie of ʼn plan of ʼn aksie om die doelwitte te bereik en te identifiseer saam met ʼn besluit om die eerste stappe te neem. Die volgende stap is waarneming en evaluering van die intervensie. In hierdie studie is daar gebruik gemaak van ʼn voortoets, intervensie en natoets om aan die vereistes van hierdie metode te voldoen en om sodoende data in te vorder. In die voortoets is die probleme geïdentifiseer en ʼn intervensieprogram wat beplanning, onderrig en observasie ingesluit het, is gevolg. ʼn Natoets is aan die respondente gegee om vas te stel of verandering plaasgevind het. 51

3.2.1 Aksienavorsing

Henning, Van Rensburg en Smit (2007: 47) beskryf aksienavorsing as kwalitatiewe navorsing wat

gedryf word deur ʼn gevoel van sosiale verandering. Dit word geïmplimenteer met die deelname van

leerders vir wie die intervensie ontwikkel word. Lomax (2003: 122) beskryf aksienavorsing as ʼn

skakel van die term ‘aksie’ en ‘navorsing’ wat die noodsaaklike eienskappe van aksienavorsing-

strategieë in die praktyk ontwikkel om onderrig te verbeter en om kennis te bekom om die nodige

vaardighede te bereik. Fleming (2000: 1) beskryf aksienavorsing as ʼn sistematiese ondersoek na ʼn

skool- of klassituasie met die doel om die kwaliteit van onderrig en leer te verbeter, asook om die

ingewikkelde kompleksiteit daarvan te verstaan. Navorsers argumenteer dat aksienavorsing se doel is

om onderrigpraktyke te verbeter eerder as om kennis oor te dra (Elliott, 1991). Sommige navorsers

meen dat aksienavorsing ʼn metode is om opvoedkundige teorieë te skep wat bydra tot individuele

epistemologie van onderrig wat saam bydra tot kennis (Whitehead 1993).

Volgens Lomax (2003: 122) word die volgende metode in aksienavorsing gevolg: verandering van

onderrig ten opsigte van geïdentifiseerde waardes met die oog op verbetering. Die navorser is bereid

om ander partye te beïnvloed deur middel van praktyke en beleide toe te pas. Deur middel van self-

refleksie is die navorser nadenkend en die ondersoek is intensief. Die navorser is self-krities en

bereidwillig om idees oor bestaande kennis en onderrig uit te daag. So word verandering in die

werksplek bewerkstellig en indien nodig word die huidige kennis herstruktureer.

3.2.2 Prosedure van aksienavorsing

Volgens Cohen, Lawrence en Morrison (2007: 234) en Fleming (2000: 1) word die volgende

prosedure van aksienavorsing beklemtoon:

ʼn Diagnostiese fase waar die probleme geïdentifiseer en geanaliseer word en die hipotese ontwikkel

word. ʼn Terapeutiese fase volg waarin die hipotese getoets word deur middel van ʼn direkte intervensie

of eksperiment.

Lewin (1948: 202) kodifieer die aksienavorsingproses in vier hoof fases, naamlik beplanning,

handeling, waarneming en reflektering. Hy stel voor dat aksienavorsing begin met ʼn algemene idee en

dat data gesorteer word volgens die huidige situasie. Die suksesvolle uitkoms van die toetsing is die

produksie of ʼn plan of ʼn aksie om die doelwitte te bereik en te identifiseer saam met ʼn besluit om die

eerste stappe te neem. Die volgende stap is waarneming en evaluering van die intervensie. In hierdie

studie is daar gebruik gemaak van ʼn voortoets, intervensie en natoets om aan die vereistes van hierdie

metode te voldoen en om sodoende data in te vorder. In die voortoets is die probleme geïdentifiseer en

ʼn intervensieprogram wat beplanning, onderrig en observasie ingesluit het, is gevolg. ʼn Natoets is aan

die respondente gegee om vas te stel of verandering plaasgevind het.

51

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!