05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

leerders se vormende geletterdheid, lees van die regte boeke, skryf vir werklike doeleindes en deur

aandag aan klanke te gee.

Dit is belangrik om daarop te let dat die gebalanseerde benadering nie ʼn leesmetode is nie, maar ʼn

ingesteldheid ten opsigte van lees- en algemene geletterdheidsonderrig. Dit kan verskillende lees- en

onderrigmetodes en onderrigstrategieë betrek, afhangende van die bepaalde leerder se behoeftes en

vordering. Farris et al. (2004: 84) haal Dixie Lee Spiegel aan as sy die benadering soos volg definieer:

“A balanced approach is a decision-making approach which a teacher makes thoughtful

decisions each day about the best way to help each child to become a better reader and writer.

A balanced approach requires and enables a teacher to reflect on what he or she is doing and

to modify instruction daily based on the needs of each individual learner. The modifications

are drawn from a broad repertoire of strategies and sound understanding of children,

learning and the theoretical base of these strategies.”

Die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring vir Tale (2002: 11, 12) stel dit duidelik dat ʼn

gebalanseerde benadering tot geletterdheidsontwikkeling, wat ʼn geleidelike proses is, gevolg moet

word. Opvoeders behoort die leerders te help om tegnieke en strategieë te ontdek wat hulle sal help om

die “kode” van skrif te ontsluit, byvoorbeeld:

Die ontwikkeling van woordherkennings- en begripsvaardighede soos klankbewustheid

Kennis van letter-klank-ooreenstemming en

Kennis van samesmelting (wanneer twee of drie letters saam een klank voorstel).

Navorsers is dit eens dat daar nie ʼn beste metode bestaan nie, maar dat daar na die behoefte en

vordering van elke leerder omgesien moet word. Leerstyle en onderrigstrategieë moet die fokus in die

onderrig van lees om te leer wees (Joubert et al., 2006: 84).

Botha (2008: 4) beskou die gebalanseerde benadering tot geletterdheidsontwikkeling as ’n program

waarin verskillende onderrig- en leer- metodologieë, elk met ’n spesifieke doel, gebruik word. Die

metodologieë sluit in: gedeelde lees, gedeelde skryf, woord en sinsvlak-werk, groeplees, begeleide

lees, onafhanklike lees, onafhanklike skryf, hardop lees, lees vir genot en stillees. Hierdie metodes

word almal aanbeveel deur die Nasionale Departement van Onderwys se Grondslag vir Leer- veldtog

(2008-2011). ʼn Gebalanseerde taalbenadering kan by alle tale geïmplimenteer word en word dus

geïntegreerd benader.

Volgens Gunning (2000: 11) is vier prosesseringsvaardighede aan die werk wanneer woorde of teks

gedekodeer word, naamlik die ortografiese, fonologiese, betekenis- en konteksprosesseerders. Die

ortografiese prosesseerder neem die visuele vorm van die woord waar, naamlik die volgorde van die

letters. Die fonologiese prosesseerder is terselfdertyd besig om die letters en hulle ooreenstemmende

47

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!