Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
vertel meer omtrent ʼn prent. ’n Leerder ontwikkel sy of haar eie leesboek. Die voordeel van hierdie

metode is dat die verband tussen lees en skryf onmiddellik vasgelê word. Die leerder maak ook

gebruik van taalskat, eie teks, leesstrategieë, leesbegrip. Sy selfbeeld word bevorder omdat die

pogings as waardevol beskou en die moeilikheidsgraad self bepaal word. Die nadeel van hierdie

metode is dat leerders wat nie gestimuleer is en oor ʼn goeie woordeskat beskik nie, nie tot hulle volle

potensiaal ontwikkel nie (Joubert et al., 2006: 95).

2.12.2.6 Die heeltaalmetode

Volgens Joubert et al. (2006: 96) is die heeltaalmetode deel van heeltaalbenadering. Volgens hierdie

benadering word die taal wyer betrek as die aanwending van leesstrategieë. Die klem val sterk op die

integrasie van luister, praat, lees en skryf binne ʼn tematiese benadering. Dit is duidelik dat lees nie ʼn

geïsoleerde proses is wat beperk kan word tot ʼn leesperiode en een bepaalde leesmetode nie. Dit is ʼn

geïntegreerde proses waar die klem op begrip en betekenis val. Die holistiese benadering ten opsigte

van geletterdheid het ontwikkel uit die besef dat geletterdheid nie net ʼn kognitiewe vaardigheid is nie,

maar dat geletterdheid eerder gesien moet word as ʼn komplekse sosio-psigologiese aktiwiteit waar

opvoeding, sosiale interaksie, ervaringe en omgewing ʼn belangrike rol speel (Pepler, 2004: 46).

Taalvaardighede kan nie as losstaande vaardighede ervaar word nie, maar die geheel en integrasie van

taalaktiwiteite word beklemtoon. Onderrig moet holisties benader word omdat alle taalaspekte,

naamlik luister, praat, lees en skryf, interafhanklik is, gesamentlik ontwikkel en die een aspek die

ander ondersteun. Die kurrikulum moet as ʼn geheel benader word, aangesien taal as

kommunikasiemiddel, ʼn boodskap- draende funksie het waar ʼn ontvanger en ʼn sender, betrokke is.

Die doel is dat kinders moet begryp dat kommunikasie ʼn proses is waarin luister, praat, skrifsimbole

en die lees van daardie simbole met mekaar verband hou en nie as aparte komponente aangeleer kan

word nie (Joubert et al., 2006: 96).

Die heeltaalbenadering- onderrigpraktyk is gebaseer op dit wat meer effektief werk om kinders te leer

om effektiewe, onafhanklike lesers en skrywers te word. In heeltaal-klaskamers is daar nie ’n skeiding

tussen lees en skryf nie, ook nie tussen lees en lees nie. Vaardighede en strategieë ontwikkel meer

effektief binne die konteks van outentieke geletterdheidsgeleenthede (Weaver, 1988: 167).

2.12.2.7 Die gebalanseerde benadering ten opsigte van Geletterdheids-

ontwikkeling

Die gebalanseerde benadering word deur die Departement van Onderwys (2002) voorgeskryf as die

metode wat toegepas behoort te word om lees aan te leer in die primêre skool. Dit begin met die

46