05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

patrone en ooreenkomste om te dekodeer. Leerders dekodeer meerlettergrepige woorde deur die

gebruik van patrone wat morfeme is (Cunningham, 2000: 87).

Navorsers is dit eens dat leerders baie meer tyd aan lees en skryf moet spandeer. Klanke behoort deur

ʼn aantal aktiwiteite van verskillende vlakke onderrig te word. Die mees effektiewe klankonderrig

behoort ʼn refleksie te wees van die kennis van klankonderrig asook die kennis oor hoe leerders

dekodeer en woorde spel. Leerders moet eers in staat wees om letters vinnig te kan herken, voordat

hulle sal verstaan dat alle woorde uit sekwensies en patrone van letters bestaan. Totdat leerders sonder

moeite die vorm van een letter van ’n ander een kan onderskei, maak dit nie sin om hulle letter-klank-

kombinasies te leer nie. Die aanmoediging van leerders om tydelike spellings te skep (foneties te spel),

is ’n baie goeie manier om fonemiese bewustheid te ontwikkel; tog sal leerders nie vrywillig skryf

voordat hulle nie die letters met genoeg gemak kan vorm en daarmee tevrede is nie (California

Department of Education, 2006: 2). Kennis van die letters se name is ook belangrik, omdat daar

aangetoon is dat dit ’n belangrike manier vir leerders is om die letterklanke te onthou of te genereer

wanneer hulle op hul eie lees en skryf. Dan is dit ook van kardinale belang dat die leerders vertroud

raak met die letter- en klankname deur omvattende begeleide en speelse blootstellings aan die alfabet.

Sistematiese eksplisiete onderrig in fonetiek verwys na ’n georganiseerde program waar letter-klank-

kombinasies vir letters en lettergroeperings direk onderrig word. Die leerders word ook blootgestel aan

hierdie kombinasies in gemengde vorm en oefen dit met behulp van woordlyste en woordfamilies.

Aanvanklik word tekste met ’n hoë persentasie dekodeerbare woorde, wat met die klankeleer-les

verband hou, gebruik.

Lyon verwys na effektiewe klankonderrig as ʼn metode om leerders te help om die alfabetiese beginsel

en die konvensies van geskrewe taal te verstaan, toe te pas, te leer en in die geheue vas te lê.

Klankonderrig gaan nie oor onnadenkende drilwerk waar gebruik gemaak word van ʼn omvattende lys

van spelling-klank-kombinasies en klankreëls nie. Die mees effektiewe klankonderrig is eksplisiet en

sistematies van aard (Daar word geleidelik op basiese elemente voortgebou om meer subtiele en

komplekse patrone tot stand te bring). Die doel is om die logika van die stelsel oor te dra en die

uitbreiding daarvan aan te moedig om nuwe woorde, wat leerders op hul eie sal teenkom, in te sluit

(Lyon, 1998: 6).

2.12.2.3 Die kyk-en-sê of globale metode

Hierdie metode is gebaseer op die sogenaamde gestalt-teorie wat fokus op die geheel en nie op die

dele nie. Dit is ʼn analitiese metode omdat dit op die geheel fokus en dit dan in dele ontleed word. Die

benadering word gevolg in die kyk-en-sê-metode, naamlik die woord-, sins- en storiemetode. Die

onderwyser gebruik flitskaarte met woorde, sinstroke en storiekaarte om die leerders te help om die

leesles uit ʼn beginnerleesboek aan te leer. Die flitskaarte word in die geheel deur die leerders gelees en

44

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!