Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
alfabetletters te herken en eksperimenteer hulle met letters en klanke, asook letterassosiasie (fonemiese bewustheid), juis omdat leerders baie nuuskierig en leergierig is om letters en woorde te verstaan. Hulle verstaan dat woorde uit dele bestaan en dat hierdie dele gebruik kan word om ander woorde te vorm. Pepler (2004: 49) dui aan dat terminologie wat nou na vore kom, ontwikkelende geletterdheid (emergent literacy) is en eksperimentele skryf (invented writing). Mercer (1997: 520) stel dit dat die meeste sesjarige leerders reeds die vermoë tot kennis en insig ten opsigte van skryf het en dat hulle letters, tekens en eenvoudige woorde kan herken. Dit verduidelik waarom sommige leerders reeds voor hulle begin skoolgaan, hul name kan skryf. Jong kinders geniet dit om na stories te luister en daaroor te praat. Sodoende kweek dit by hulle ’n besef dat geskrewe woorde ’n boodskap dra. Hulle is veral gaande daaroor om voor te gee dat hulle ’n storie self kan lees, natuurlik nadat dit herhaaldelik aan hulle voorgelees is. Vacca, Gove, Burkey, Lenhart en Mckeon (2003: 64) is van mening dat kinders vroeg reeds logografiese kennis opdoen deurdat hulle etikette, logo’s, tekens, naamborde en selfs sekere produkte kan identifiseer. Dit is daarom belangrik dat kinders reeds van baie vroeg af bewus gemaak moet word van die belangrikheid van hierdie kennis. Verskeie aanvangsleesmetodes is oor die jare heen beproef. Daar word hoofsaaklik twee denkskole ten opsigte van leesonderrig onderskei, naamlik die behavioriste en psigolinguiste (Joubert et al., 2006: 85). Die grootste uitdaging vir entoesiastiese opvoeders is om leerders intrinsiek te motiveer om soveel as moontlik te lees. Die uiteindelike doel van enige leesstrategie en leesprogram behoort te wees om leerders se begeerte te verhoog om spontaan te lees. Spontane lees ontwikkel ’n positiewe houding teenoor leeswoorde, wat weer tot ’n positiewe houding teenoor spelwoorde lei. ’n Positiewe houding teenoor spelwoorde kan ’n spelgewete skep. ’n Spelgewete kan tot maksimale ontwikkeling van geletterdes lei wat ’n betekenissevolle bydrae in hulle gemeenskap sal lewer (Reason en Boote, 2002: 6). Die volgende leesmetodes word deur Joubert et al. (2006: 91-107) onderskei: 2.12.2.1 Die alfabetmetode Volgens Joubert et al. (2006: 91) is hierdie metode verouderd. Volgens dié metode leer die leerders eers die letters voordat daar tot lees oorgegaan word. Hierdie metode is langdradig en word nie as baie sinvol gesien nie. Die alfabetmetode is die oudste metode van aanvangsleesonderrig. Na aanleiding van die beskrywing is dit krities belangrik dat hierdie metode nie suksesvol in die onderrig van lees ervaar word nie as gevolg van die gebrek aan fonologiese en fonemiese bewustheid. Die aanleer van die alfabet is verwarrend vir jong leerders omdat dit nie in konteks onderrig word nie. Die jong kind toon geen begrip vir alfabetletters nie. Voordat hul in staat is om alfabetletters vinnig te kan herken, moet hulle verstaan dat alle woorde uit sekwensies en patrone van letters bestaan. 42
2.12.2.2 Die klankmetode Die klankmetode fokus op fonetiek wat die wetenskap is van die vorming en uitspraak van spraakklanke. Dit word ook fonologie of klankleer genoem. Dit gaan oor die klankwaarde van letters en lettersamestellings wat volgens ʼn stel reëls ʼn woord of woorde vorm (Le Roux, 2004). ʼn Voorbeeld van so ʼn program is die THRASS-program (Davies & Ritchie, 2003). In hierdie program word ʼn onderskeid gemaak tussen foneme (klanke of spraakklanke) en grafeme (skryfwyse) van letters. Die leerders word nie net onderrig in die betekenis van die konsepte, foneme en grafeme nie, maar ook in die gebruik daarvan as terminologie in die klaskamer. ʼn Foneem is die funksionele klankeenheid van taal wat betekenisonderskeidend optree (Labuschagne & Eksteen, 1993: 189) en ʼn grafeem verwys na die spelkeuse van foneme in woorde (Davies & Ritchie, 2003). Die klankmetode is ʼn metode om die ouditiewe en die visuele te verbind en daar word nie net aandag gegee aan die fonologiese struktuur van die gesproke woord nie, maar ook aan die betekenis en die sintaks van woorde. Dit is ʼn sintetiese metode, omdat dit deeltjies (klanke) saamvoeg om ʼn geheel te vorm. Deur die metode word klanke stapsgewys aangeleer. Jordaan (1991: 282) beweer dat opvoedkundiges dit eens is dat die klankmetode, veral in fonetiese tale soos Afrikaans, baie waardevol is, maar dat dit kan lei tot woord-vir-woord- lees, want dit is moelik om die gewoonte om elke woord te klank, af te leer. Verder is die leessstof oninteressant en nie baie stimulerend nie. Die nadele van hierdie leesmetode is: Leesspoed word vertraag, oogspan ontwikkel nie voldoende nie, daar word gekonsentreer op meganiese lees met die klem op korrektheid, die leerder word nie gelei om kontekstuele leidrade te gebruik nie en dit bevorder nie selfstandige lees nie. Die voordele wat die metode inhou, is: Dit word as ʼn instrument gebruik om ʼn sin te maak uit ʼn woord, leerders wat nie kontekstuele leidrade kan aflei nie, kan woorde klank, spelling is akkuraat, die lees- en –skryfrigting word vroeg vasgelê, woord en letteromkeringe kom selde voor. Dahl et al. (2001: 1) beskryf die klankmetode as klankonderrig-in-konteks waar die klankmetode gesien word as ʼn proses vir die ontwikkeling van klankkennis. Klankonderrig is geïntegreerd in aanvangslees en skryfonderrig. Dit is nie net vir die leerder self belangrik nie, maar ook die toepassing daarvan. Strategiese kennis word benodig om klankkonsepte en vaardighede te gebruik. Opvoeder- besluitneming word benodig en die portuurgroep leer mekaar klanke soos wat hulle langs mekaar lees en skryf. Die volgende aspekte moet in gedagte gehou wanneer klankonderrig aan beginnerlesers gebied word: Leerders benodig kognitiewe sekerheid oor wat hulle leer, betrokkenheid in wat geleer word en instruksies op verskillende fassette en vlakke. Die fokus word op fonemiese bewustheid, volgorde van dekodering en toepassing van klanke, geplaas. Wanneer leerders meer woorde aanleer, gebruik hulle 43
- Page 1 and 2: Die belangrikheid van fonologiese e
- Page 3 and 4: Abstrak In hierdie studie word daar
- Page 5 and 6: Dankbetuigings Hiermee wil ek my op
- Page 7 and 8: Inhoudsopgawe Verklaring ..........
- Page 9 and 10: Hoofstuk 1 1.1 Inleiding Leespresta
- Page 11 and 12: Ouers werk gedurende die dag en kom
- Page 13 and 14: 1.5 Navorsingsvrae In die studie wo
- Page 15 and 16: ʼn Oorsig is gedoen, uitgebrei en g
- Page 17 and 18: Hoofstuk 2 Literatuurstudie 2.1 Inl
- Page 19 and 20: Daar is slegs een verskil: Die asse
- Page 21 and 22: Die ontwikkeling van die voorskools
- Page 23 and 24: word. Die organisering van inligtin
- Page 25 and 26: die opsê van rympies, storievertel
- Page 27 and 28: groter sukses behaal met konsepte s
- Page 29 and 30: Alexander (2006: 3) stem saam en no
- Page 31 and 32: 2.6 Perspektiewe ten opsigte van vo
- Page 33 and 34: Mesmer & Griffeth (2005) bevind dat
- Page 35 and 36: vaardighede op ’n vroeë ouderdom
- Page 37 and 38: kan onderskei tussen verskillende w
- Page 39 and 40: Stanovich (1994: 281) beklemtoon ve
- Page 41 and 42: Bogenoemde geselekteerde woorde, te
- Page 43 and 44: Foneemidentifisering: Die herkennin
- Page 45 and 46: 2.10 Strategieë om lae-inkomste ou
- Page 47 and 48: 2.11 Leerstyle Joubert et al. (2006
- Page 49: Volgens Joubert et al. (2006: 90) v
- Page 53 and 54: dan geskryf. Die woord word op die
- Page 55 and 56: leerders se vormende geletterdheid,
- Page 57 and 58: single best predictor of first-year
- Page 59 and 60: 3.2.1 Aksienavorsing Henning, Van R
- Page 61 and 62: Henning et al. (2007: 82) beskryf o
- Page 63 and 64: Tydens die ontwikkeling van die int
- Page 65 and 66: Onafhanklike Veranderlikes Die onaf
- Page 67 and 68: observasie gebruik gemaak vir data-
- Page 69 and 70: Hoofstuk 4 Die intervensieprogram 4
- Page 71 and 72: Klippertjie, klappertjie Klap, klap
- Page 73 and 74: Waarneming/Refleksie Les 2 Woordgeh
- Page 75 and 76: Les 4: Tema: Somer Datum: 3 Maart 2
- Page 77 and 78: Les 6: Tema: Diere Datum: 12 Maart
- Page 79 and 80: Die resultate ten opsigte van die w
- Page 81 and 82: Les 2 Datum: 30 Maart 2009 Vasleggi
- Page 83 and 84: Waarneming/Refleksie Les 3 Dit is d
- Page 85 and 86: ʼn Klankkaart met prente van woorde
- Page 87 and 88: Les 8 Datum: 23 April 2009 Letter -
- Page 89 and 90: Waarneming/Refleksie Les 9 Leerders
- Page 91 and 92: tydens die toets toon nie, maar dat
- Page 93 and 94: Begin, middel en eindklank: Proefpe
- Page 95 and 96: Die werkvel in les ses wat die kons
- Page 97 and 98: 5 4 3 2 1 0 0 1 10 20 30 40 50 60 7
- Page 99 and 100: 2. Ouditiewe Woordgeheue (verwante
2.12.2.2 Die klankmetode

Die klankmetode fokus op fonetiek wat die wetenskap is van die vorming en uitspraak van

spraakklanke. Dit word ook fonologie of klankleer genoem. Dit gaan oor die klankwaarde van letters

en lettersamestellings wat volgens ʼn stel reëls ʼn woord of woorde vorm (Le Roux, 2004). ʼn Voorbeeld

van so ʼn program is die THRASS-program (Davies & Ritchie, 2003). In hierdie program word ʼn

onderskeid gemaak tussen foneme (klanke of spraakklanke) en grafeme (skryfwyse) van letters. Die

leerders word nie net onderrig in die betekenis van die konsepte, foneme en grafeme nie, maar ook in

die gebruik daarvan as terminologie in die klaskamer. ʼn Foneem is die funksionele klankeenheid van

taal wat betekenisonderskeidend optree (Labuschagne & Eksteen, 1993: 189) en ʼn grafeem verwys na

die spelkeuse van foneme in woorde (Davies & Ritchie, 2003).

Die klankmetode is ʼn metode om die ouditiewe en die visuele te verbind en daar word nie net aandag

gegee aan die fonologiese struktuur van die gesproke woord nie, maar ook aan die betekenis en die

sintaks van woorde. Dit is ʼn sintetiese metode, omdat dit deeltjies (klanke) saamvoeg om ʼn geheel te

vorm. Deur die metode word klanke stapsgewys aangeleer. Jordaan (1991: 282) beweer dat

opvoedkundiges dit eens is dat die klankmetode, veral in fonetiese tale soos Afrikaans, baie waardevol

is, maar dat dit kan lei tot woord-vir-woord- lees, want dit is moelik om die gewoonte om elke woord

te klank, af te leer. Verder is die leessstof oninteressant en nie baie stimulerend nie. Die nadele van

hierdie leesmetode is: Leesspoed word vertraag, oogspan ontwikkel nie voldoende nie, daar word

gekonsentreer op meganiese lees met die klem op korrektheid, die leerder word nie gelei om

kontekstuele leidrade te gebruik nie en dit bevorder nie selfstandige lees nie. Die voordele wat die

metode inhou, is: Dit word as ʼn instrument gebruik om ʼn sin te maak uit ʼn woord, leerders wat nie

kontekstuele leidrade kan aflei nie, kan woorde klank, spelling is akkuraat, die lees- en –skryfrigting

word vroeg vasgelê, woord en letteromkeringe kom selde voor.

Dahl et al. (2001: 1) beskryf die klankmetode as klankonderrig-in-konteks waar die klankmetode

gesien word as ʼn proses vir die ontwikkeling van klankkennis. Klankonderrig is geïntegreerd in

aanvangslees en skryfonderrig. Dit is nie net vir die leerder self belangrik nie, maar ook die toepassing

daarvan. Strategiese kennis word benodig om klankkonsepte en vaardighede te gebruik. Opvoeder-

besluitneming word benodig en die portuurgroep leer mekaar klanke soos wat hulle langs mekaar lees

en skryf.

Die volgende aspekte moet in gedagte gehou wanneer klankonderrig aan beginnerlesers gebied word:

Leerders benodig kognitiewe sekerheid oor wat hulle leer, betrokkenheid in wat geleer word en

instruksies op verskillende fassette en vlakke. Die fokus word op fonemiese bewustheid, volgorde van

dekodering en toepassing van klanke, geplaas. Wanneer leerders meer woorde aanleer, gebruik hulle

43