05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

alfabetletters te herken en eksperimenteer hulle met letters en klanke, asook letterassosiasie

(fonemiese bewustheid), juis omdat leerders baie nuuskierig en leergierig is om letters en woorde te

verstaan. Hulle verstaan dat woorde uit dele bestaan en dat hierdie dele gebruik kan word om ander

woorde te vorm. Pepler (2004: 49) dui aan dat terminologie wat nou na vore kom, ontwikkelende

geletterdheid (emergent literacy) is en eksperimentele skryf (invented writing). Mercer (1997: 520)

stel dit dat die meeste sesjarige leerders reeds die vermoë tot kennis en insig ten opsigte van skryf het

en dat hulle letters, tekens en eenvoudige woorde kan herken. Dit verduidelik waarom sommige

leerders reeds voor hulle begin skoolgaan, hul name kan skryf.

Jong kinders geniet dit om na stories te luister en daaroor te praat. Sodoende kweek dit by hulle ’n

besef dat geskrewe woorde ’n boodskap dra. Hulle is veral gaande daaroor om voor te gee dat hulle ’n

storie self kan lees, natuurlik nadat dit herhaaldelik aan hulle voorgelees is.

Vacca, Gove, Burkey, Lenhart en Mckeon (2003: 64) is van mening dat kinders vroeg reeds

logografiese kennis opdoen deurdat hulle etikette, logo’s, tekens, naamborde en selfs sekere produkte

kan identifiseer. Dit is daarom belangrik dat kinders reeds van baie vroeg af bewus gemaak moet word

van die belangrikheid van hierdie kennis. Verskeie aanvangsleesmetodes is oor die jare heen beproef.

Daar word hoofsaaklik twee denkskole ten opsigte van leesonderrig onderskei, naamlik die

behavioriste en psigolinguiste (Joubert et al., 2006: 85).

Die grootste uitdaging vir entoesiastiese opvoeders is om leerders intrinsiek te motiveer om soveel as

moontlik te lees. Die uiteindelike doel van enige leesstrategie en leesprogram behoort te wees om

leerders se begeerte te verhoog om spontaan te lees. Spontane lees ontwikkel ’n positiewe houding

teenoor leeswoorde, wat weer tot ’n positiewe houding teenoor spelwoorde lei. ’n Positiewe houding

teenoor spelwoorde kan ’n spelgewete skep. ’n Spelgewete kan tot maksimale ontwikkeling van

geletterdes lei wat ’n betekenissevolle bydrae in hulle gemeenskap sal lewer (Reason en Boote, 2002:

6).

Die volgende leesmetodes word deur Joubert et al. (2006: 91-107) onderskei:

2.12.2.1 Die alfabetmetode

Volgens Joubert et al. (2006: 91) is hierdie metode verouderd. Volgens dié metode leer die leerders

eers die letters voordat daar tot lees oorgegaan word. Hierdie metode is langdradig en word nie as baie

sinvol gesien nie. Die alfabetmetode is die oudste metode van aanvangsleesonderrig. Na aanleiding

van die beskrywing is dit krities belangrik dat hierdie metode nie suksesvol in die onderrig van lees

ervaar word nie as gevolg van die gebrek aan fonologiese en fonemiese bewustheid. Die aanleer van

die alfabet is verwarrend vir jong leerders omdat dit nie in konteks onderrig word nie. Die jong kind

toon geen begrip vir alfabetletters nie. Voordat hul in staat is om alfabetletters vinnig te kan herken,

moet hulle verstaan dat alle woorde uit sekwensies en patrone van letters bestaan.

42

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!