Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Gedurende die twintigste eeu is meer navorsing oor die onderrig van lees, asook oor die werking van

die brein gedoen. Dit is nog steeds onduidelik hoe die brein simbole in betekenis omskakel. Navorsing

het egter bewys dat die brein eerder met patrone en reëls werk en dat leerders eerder prosesse moet

leer en bewus word van taalpatrone. Teen 1920 het navorsing oor kinders se leesspoed en invloed wat

die stimulus-respons-teorie op leesgenot het, getoon dat leesgenot by kinders belangrik is.

Leesgereedheid hang dus saam met die ontwikkelingstadium van die kind. Die gevolg hiervan was

gestandaardiseerde leesgereedheidstoetse wat leerders se leesgereedheid bepaal het. Die benadering

wat hierop gevolg het, was memorisering en die onderrig van oefeninge vir lees en skryf. Die

oefeninge is soms so aangebied dat leerders nie in staat was om betekenis daaraan te heg nie (Joubert

et al., 2006: 84).

Teen 1950 is leesboeke gepubliseer met temas soos Die gesin of Ons vakansie. Daar was werkboeke

en werksblaaie by elke storie en leerders kon meer betekenis aan lees gee. Hierdie benadering het die

publikasie van kinderliteratuur aangemoedig.

Gedurende die tydperk van 1960 tot 1980 het Piaget se psigolinguistiese siening van lees en Vygotsky

met sy sosiale siening van lees, leesbenaderings beïnvloed. Klem op dekodering van en die

bemeestering van woordeskat om die hoofidee van ʼn teks te identifiseer, was die gevolg hiervan

(Farris et al., 2004).

Teen 1980 is lees beskou as ʼn betekenisgewende en konstruktiwistiese benadering. Dit is gebaseer op

die gehalte van die teks en het betrekking op die leerinhoud, die konteks van die leessituasie, die

heeltaalbenadering en leesbegrip.

Na aanleiding van Joubert et al. (2006: 90) word die klankbenadering as kritiese leesstrategie in die

1990’s opnuut as belangrik beskou. Teen die jaar 2000 toon die gebalanseerde benadering wat

fonetiek en skryfaktiwiteite in die onderrig van geletterdheid integreer, vordering. Vandag is die

strewe om die beste praktyk ten opsigte van lees- en skryfoefeninge te vind, gegrond op die

bevindinge van die jongste navorsing. Aangesien alle leerders nie na verwagting presteer in lees en

skryf nie, is daar tans weer ʼn vraag na gestandaardiseerde toetse om die standaard van geletterdheid en

leesvaardigheid te evalueer.

Sedert 2002 tot op hede word daar na elke tweede jaar sistemiese toetse deur die WKOD aan die einde

van die graad 3- jaar afgelê om standaard te bepaal. Hierdie toetse word vanaf 2010 jaarliks deur graad

3 leerders afgelê om vas te stel of die sisteem vaardige leerders ontwikkel. Dit is duidelik dat daar tans

baie uitvalle waargeneem word wat ʼn lae slaagpersentasie in geletterdheid aandui. Daar word vanaf

2008 weer gefokus op terug na die basiese metodes van onderrig soos die globale metode.

40