05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2.11 Leerstyle

Joubert et al. (2006: 2) verwys na die Felder-Silverman-model van leerstyle. Dit is interessant dat jong

leerders ook bepaalde leerstylvoorkeure het. Felder en Brent (2004) onderskei die volgende dimensies

waarin twee direk teenoorgestelde style telkens geïdentifiseer kan word:

Leerders wat fisies ingestel is op belewenisse (konkreet, prakties, gerig op feite en

metodes) en intuïtiewe leerders (konseptueel, innoverend, gerig op teorie en betekenis)

Leerders wat visueel ingestel is (verkies gesproke en geskrewe verduidelikings)

Aktiewe leerders (leer deur dinge te probeer en saam met ander te werk) en reflektiewe

leerders (leer deur dinge te deurdink en alleen te werk) en

Leerders wat volgorde en stappe verkies (lineêr, ordelik, gerig op leer in klein stappe) en

globale leerders (holisties, gerig op stelsels, leer in groot spronge).

Die ideaal is dus om so te onderrig dat alle leerstyle geïnkorporeer word en dat die leerders gelei word

om ook die areas van leer wat hulle nie normaalweg verkies nie, te ontwikkel. Deur na die

verskillende leerstyle in die onderrigproses van leer om te lees te verwys, is daar ’n duidelike verband

tussen leerstyle en onderrigstrategieë. Navorsing toon aan dat kinders op verskillende wyses leer. In

hierdie studie is dit belangrik om te verwys na die ouditiewe leerder, visuele leerder en kinestiese

leerder. Sommige kinders vind dit beter om ’n visuele voorstelling, byvoorbeeld ’n prent te sien om te

onthou wat hy leer. Ander leer beter deur te luister, terwyl sommige kinders objekte sensories ervaar

om te leer (Joubert et al., 2006: 2). Dit is dus belangrik dat daar in die beplanning van die leesproses

vir onderrig en leer voorsiening gemaak moet word vir al die behoeftes van leerders in die klaskamer.

2.12 Leesmetodes of -benaderings

2.12.1 Historiese aanloop

Volgens Joubert et al. (2006: 84) het die uitvinding van papier die weg gebaan vir ʼn gelettterde

samelewing wat kan lees en skryf. In die meeste lande is die geskiedenis van geletterdheid gewortel in

die nasionale geskiedenis van die land. Dit is ook die geval met die geskiedenis in Suid- Afrika wat

sterk beïnvloed is deur internasionale tendense. Farris et al. (2004) beskryf geletterdheidsontwikkeling

in Amerika. Daar is raakpunte met dit wat tans in Suid-Afrika gebeur.

In die begin van die 1800’s is die klank- of fonetiese metode van leesonderrig met as uitgangspunt die

verhouding van klank teenoor simbool. Teen die middel van die 1800’s verander die benadering van

die klankmetode na die kyk-en-sê (woord-) metode waar leerders leer lees het deur ritse woorde in die

geheel te memoriseer sonder om die woorde te ontleed volgens hulle klank en betekenis. Lees- en

spelboeke is vir hierdie benadering gebruik.

39

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!