05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

die leerder groter woorde te gee om in eenhede te analiseer voordat hulle vorder na die fonemiese vlak

(Farstrup & Samuels, 2004).

2.9 Die onderrig- en leerstrategieë vir kinders

Volgens Joubert et al. (2006: 1) is onderrig- en leerstategieë ʼn breë plan waardeur die opvoeder

bepaalde uitkomste in die klaskamer wil verwesenlik. Mahaye, (2001: 210) noem dat hierdie breë plan

tegnieke of metodes insluit wat by die ideale van uitkomsgebaseerde leer aansluit. Opvoeders moet

hierdie vaardighede aanleer en inoefen omdat dit noodsaaklik is vir die suksesvolle fasilitering van

taalvaardighede in Afrikaans as huistaal (Departement van Onderwys, 2002b).

Onderrigstrategieë sluit die volgende in:

Breedvoerige instruksies en opdragte: Hier sê die opvoeder aan die leerder presies wat hy

moet doen en hoe hy dit moet doen

Demonstrasie: Die opvoeder wys aan die leerders wat om te doen en hulle boots die

proses na

Instruksie volgens behoefte: Strickland, Galda en Cullinan (2004: 30) verwys hierna as

“scaffolded instruction”. Dit kom daarop neer dat die leerder ondersteun word na gelang

van behoefte. Hulle vergelyk die proses met die hulp wat ʼn ouer verleen aan ʼn kind wat

fietsry. Aanvanklik hou die ouer die fiets vas en stoot die kind. Later word die saal net

liggies vasgehou. Hoe vaardiger die kind raak, hoe minder steun gee die ouer aan die kind.

Op dieselfde manier gee die opvoeder steun ooreenkomstig die behoefte en

Koöperatiewe strategieë: Die opvoeder struktueer saamwerk geleenthede (Mahaye, 2001).

Strickland et al. (2004: 28) som leerstrategieë soos volg op:

Learning involves transferring appropriate strategies, information and knowledge of patterns

from one situation to another. In a very real sense transfer is the essence of what learners do

when they learn. They call up familiar knowledge and effective strategies to understand and

master new knowledge.

ʼn Goeie leerstrategie word beskou as essensieël vir leersukses. Die opvoeder moet in staat wees om

die verskillende intelligensies van kinders in ag te neem wanneer daar op ʼn geskikte leerstrategie

besluit word. ʼn Deeglike kennis van die ag verskillende intelligensies teenwoordig by persone moet in

ag geneem word wanneer daar beplan en onderrig word (Strickland et al., 2004: 28).

36

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!