Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Een suksesvolle manier om individuele foneme te identifiseer is om die veranderinge wat plaasvind in

die mond soos die woord uitgespreek word, te monitor, byvoorbeeld daar is drie foneme in pot. Dit

reflekteer in drie agtereenvolgende gebare of bewegings. Die lip maak toe vir [p] en die lippe open vir

die klinker, [ᴐ]. Dan raak die tong aan die boonste oppervlak van die mond vir [t]. Akoestiese

aanwysing wat gehoor word, is ook waardevol. Dit help om te onderskei tussen sommige foneme in

woorde soos die [s] in son en die [z] in zulu.

Nog ʼn rede waarom individue probleme het om te onderskei tussen die foneme in woorde is dat

foneme in woorde nie altyd korrespondeer met die hoeveelheid letters wat in ʼn woord gespel word nie.

Wanneer daar gevra word om foneme in ʼn woord te tel, sal individue somtyds die letters tel omdat dit

makliker is om te onderskei as aparte eenhede (Tunmer & Nesdale 1982).

Die moeilikheid met sekere van die take is die afhanklikheid van die manipulasie van die eienskappe

van die woorde en foneme (Stahl, 1992). Beginklanke is makliker om te manipuleer as die nie-

aanvangsklanke in woorde. Die maklikste woorde om te segmenteer is die twee-foneemwoorde wat

met klinkers begin soos byvoorbeeld op en ag. Dit is makliker as woorde wat begin met ʼn konsonant

soos byvoorbeeld tee en lê (Uhry & Ehri, 1999).

Woorde met twee foneme is makliker om te segmenteer as woorde met drie of meer foneme. Begin-

en eindfoneme is makliker om te segmenteer as foneme in die middel van woorde.

Konsonantklinkerverbindings soos byvoorbeeld [k], [a], [s] is makliker om te segmenteer as

konsonantverbindings soos byvoorbeeld [s-t] in stop en [m-p] in pomp.

In ʼn samevoegingstaak word die eindkonsonante beskou as moeiliker om te verbind as deurlopende

konsonante. Wanneer die volgende klanke, [p], [b], [t], [d], [k], [j] in die eerste ry en [m], [n], [f], [v],

[s], [z], [l] en [r] in die tweede ry uitgespreek word, word die eerste ry foneme stop -konsonante

genoem wat moeilik is om uit te spreek sonder die byvoeging van ʼn klinker [ᴐ]. In kontras met foneme

in die tweede ry van konsonante word dit voortsettings genoem wat uitgespreek kan word sonder die

[ᴐ] in klank byvoorbeeld. [sss] sonder verandering of beëindiging van die klank. Hierdie eienskap

maak voortsettings makliker om te verbind, byvoorbeeld die drie voorsettingsklanke in [m][a][n]

verbind maklik om die woord man te vorm.

Volgens Linnea et al. (2004) word verskillende take gebruik om individue se vermoë te toets om die

vaardighede te ontwikkel.

Foneemisolasie: Die herkenning van individuele klanke en woorde, byvoorbeeld: “Sê die

eerste klank in pot.”[p]”

34