05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2.8.3 Onderrig van fonemiese bewustheid

Wanneer fonemiese bewustheid onderrig word, selekteer kurrikulum- ontwikkelaars maklike

drieklankwoorde en foneme byvoorbeeld: kat- [kat] , dier- [dir] en mes- [mɛs] (Linnea, Ehri & Nunes,

2004).

Onderrig in fonemiese bewustheid kan ook grafeem-foneemkorrespondering betrek om woorde te

dekodeer en te spel. Grafeme (sien Glossarium li) is die eenhede in geskrewe taal wat foneme in

gesproke woorde verteenwoordig. Grafeme kan uit een letter bestaan byvoorbeeld [p], [k], [t], [n] of

uit meer as een letter soos in [a: i], [ø], [u]. Dit wil sê die woord kat het drie foneme, dier het ook drie

foneme en elkeen word deur drie grafeme verteenwoordig. Fonemiese bewustheid kan met of sonder

letters onderrig word. Klanke is abstrak en soms moeilik om te begryp en sigbare merkers soos

blokkies of letters vir klankmanipulering kan gebruik word. Letters verskaf konkrete en sigbare

simbole vir foneme en bring die kind nader aan die werklike leestaak. Dit wil dus blyk dat onderrig in

fonemiese bewustheid meer effektief is met letter-klankkorrespondering as daarsonder (Ehri et.al.,

2001: 255; Pepler 2004).

Om te kan lees, moet die leser besef dat daar ’n verband is tussen die klanke in gesproke woorde en

die skrif op die gedrukte bladsy. Die kind wat die vaardigheid het om letters en groepe van letters in

skrif te identifiseer, verstaan grafeem-foneemkorrespondering. ’n Besef van die visuele aspekte van

skrif, ortografiese prosessering en identifikasie van die klanke in gesproke taal, fonologiese

prosessering, ontwikkel langs mekaar en ondersteun mekaar. Onderrig om dit te bewerkstellig gebruik

die strategie van die onder-na-bo- proses “bottom – up process” waar die kind se ouditiewe persepsie

van woorde ontwikkel word, dan bewus gemaak word van die visuele vorm van die klank en hierna

volg die herkenning van die letter in woorde. Intervensie met kinders in die kleuterskool, het

aangetoon dat jong kinders wel geleer kan word om woorde op te breek in klanke en wanneer dit met

lettername en letterklankonderrig geïnkorporeer word, dit meer opvoedkundig verantwoordbaar is

(Riley, 1999: x1; Ayres, 1995: 606).

Daar behoort voorsiening gemaak te word vir aktiwiteite wat fonemiese bewustheid ontwikkel in die

aanvangsleesprogram vir graad 1-leerdersaktiwiteite. Hierdie aktiwiteite behoort ingeskakel te word

by die weeklikse program van konsepte wat behandel word. Die opvoeder kan die aktiwiteite aanpas

en differensiasie toepas op grond van die kind se vlak van foneembewustheid.’n Bepaalde foneem kan

geselekteer word en aktiwiteite kan rondom die foneem beplan word. Pretorius (2001: 152) verwys na

die volgende aktiwiteite wat addisioneel tot voorafgaande aktiwiteite toegepas kan word:

’n Storieboek word voorgelees waarna die kind en die onderwyser bepaalde woorde wat

met ’n spesifieke aanvangsklank begin, selekteer en omkring

32

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!