Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

digitalknowledge.cput.ac.za
from digitalknowledge.cput.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Venter (2007: 91) verwys na die bevinding van die National Reading Panel (2002: 1-2) dat dit hoogs effektief is om kinders te leer om foneme in woorde te manipuleer. Hierdie bevinding is geldig vir ’n verskeidenheid onderrigsituasies en ’n verskeidenheid leerders - ongeag die kinders se ouderdomme en graad vlakke. Daar is tot die slotsom gekom dat kinders wat fonemiese bewustheid aangeleer het, beduidend beter lees as kinders wat onderrig ontvang het sonder dat enige aandag aan fonemiese bewustheid geskenk is. Die resultate van die eksperimentele studies het die paneel tot die spesifieke gevolgtrekking laat kom dat onderrig in fonemiese bewustheid aanleiding gee tot ’n verbetering in leerders se foneembewustheidsvlakke, lees- en spelvermoëns. Ontwikkeling van fonemiese bewustheid het ’n beduidende uitwerking getoon op lees- en spelontwikkeling, en leerders met uiteenlopende vermoëns het ’n verbetering in leesvaardighede getoon (National Reading Panel, 2002: 1-2). Fonemiese bewustheidsvaardighede help leerders om woorde te leer lees in verskillende vorme (Ehri, 1991). Om nuwe woorde te ontsyfer moet beginners weet hoe om foneme saam te voeg. Om te onthou hoe om individuele woorde te lees moet beginners in staat wees om woorde te segmenteer in foneme wat pas by grafeme sodat dit verbindings tussen grafeme en foneme uitreken en dit in die geheue stoor (Ehri, 1992, 1999). Die vaardigheid van fonemiese segmentasie is belangrik vir konstruktuering van moontlike spelling asook die onthou van die korrekte spelling van woorde (Griffeths, 1991). Alle prosesse betrokke by leer om te lees en skryf van woorde vereis fonologiese bewustheid (Ehri, 1994). Fonemiese bewustheid is ook ʼn voorganger vir verdere leessukses en leesvaardigheid, maar dit is nie maklik vir beginners om te bemeester nie. Daar is geen aanduiding vir onderbreking in spraak waar een foneem eindig en die volgende foneem begin nie. Daarom is dit so noodsaaklik om eksplisiete onderrig aan beginners te gee sodat hulle kan vasstel hoe die sisteem werk. Kinders wat graad 1 met ’n hoë peil van fonemiese bewustheid begin vaar goed ongeag die tipe onderrig wat hulle ontvang. Swak lesers sonder fonemiese bewustheid bly swak lesers, aangesien hul swak fonemiese bewustheid lei tot swak verwerwing van woordherkenningsvaardighede. Lees word verhinder, want probleme met kodering en woordherkenningsprosesse vereis te veel kognitiewe energie. Minder kognitiewe bronne is dus beskikbaar om hoë-vlak kognitiewe denke van integrasie en begrip te bewerkstellig. Kinders wat vinnige dekoderingsprosesse baasraak, verbind letters outomaties om woorde te vorm en kan aandag gee aan betekenis. Hulle lees meer, verkry meer oefening en gevolglik verbeter lees. Die goeie leser se woord-herkenningsproses is so outomaties en vinnig dat hulle nie aangewese is op konteks vir inligting nie. Hulle het dus nie nodig om op konteks te fokus nie. Begrip misluk dus nie omdat daar staat gemaak word op dekodering nie, maar as gevolg van dekoderings-vaardighede wat nie genoeg ontwikkel is nie (Stanovich, 1994: 283). 30

Stanovich (1994: 281) beklemtoon verder dat kinders met ʼn geringe fonologiese bewustheid, probleme ervaar met alfabetiese koderingsvaardighede en vind dit moeilik om woorde te herken. Lees met begrip word verhinder wanneer kinders te veel sukkel met woordherkenning. Wanneer die woordherkenningsproses te veel kognitiewe vermoë vereis, bly minder kognitiewe bronne oor om hoë- orde- prosesse van teksintegrasie en begrip te kan bemeester. Dit is die rede waarom kinders soms sukkel om met begrip te kan lees omdat hulle konsentreer op woordherkenning wat ʼn integrale deel van lees uitmaak. 2.8.2 Wanneer kan fonemiese bewustheid ontwikkel word Pretorius (2001) verwys na Reiner (1998: 72) wat beweer dat die ontwikkeling van foneembewussyn deur middel van foneem-onderrig in die voorskoolse kurrikulum ingebou word, aangesien die vermoë om foneme te kan onderskei, ’n goeie voorloper vir latere leessukses is. Die navorser meen dat die voorskoolse kind nie noodwendig die prestasies behaal nie, maar dat ’n foneembewussyn wel ontwikkel moet word aangesien dit ’n onmisbare grondslag vorm vir latere lees- en spelsukses. Morrow (1997: 243) beklemtoon die waarde van foneembewussyn as bydraende faktor tot latere leessukses en meen dat die kind voortdurend blootgestel moet word aan foneemopdragte en gepaardgaande aktiwiteite. Reiner (1998: 71) en Demont et.al. (1996: 318) bevestig die waarde van ’n fonemiese bewussyn wat onder andere deur die volgende aktiwiteite ontwikkel kan word: Die beskikbaarheid van ’n verskeidenheid taalspeletjies Voorlees van stories, poësie en sing van liedjies Voorlees en saamleesgeleenthede met gepaardgaande aktiwiteite soos stories te dramatiseer en/of rolspel Die verskaffing van los blokkies met letters waarmee die kind woorde kan bou Die selekteer van bepaalde woorde vanuit ’n muurkaart met woordsakkies wat ’n aantal woorde bevat en Die voorlees van sinne waarvan sekere woorde ontbreek. Die kind se taak is om ontbrekende woorde te identifiseer. Reiner (1998: 72) het voorsiening gemaak vir onderrig in fonemiese bewustheid in haar daaglikse program en die kleuters se vordering op ’n maandelikse basis aangeteken. Die kleuters se belangstelling, ingesteldheid en entoesiasme rondom storieboeke het drasties verbeter in hierdie tydperk. Vier en twintig kleuters het vir een jaar onderrig in fonemiese bewustheid ontvang en die resultate was sooss volg: Een kon prentjies teken en aanwend as skrif; vier kon letters skryf; een kon woorde kopieer; drie kon woorde uit hul geheue neerskryf; ag kon woorde saamstel en skryf deur letters saam te voeg; twee kon frases skryf; en vyf was in staat om eenvoudige sinne te skryf. 31

Stanovich (1994: 281) beklemtoon verder dat kinders met ʼn geringe fonologiese bewustheid,

probleme ervaar met alfabetiese koderingsvaardighede en vind dit moeilik om woorde te herken. Lees

met begrip word verhinder wanneer kinders te veel sukkel met woordherkenning. Wanneer die

woordherkenningsproses te veel kognitiewe vermoë vereis, bly minder kognitiewe bronne oor om hoë-

orde- prosesse van teksintegrasie en begrip te kan bemeester. Dit is die rede waarom kinders soms

sukkel om met begrip te kan lees omdat hulle konsentreer op woordherkenning wat ʼn integrale deel

van lees uitmaak.

2.8.2 Wanneer kan fonemiese bewustheid ontwikkel word

Pretorius (2001) verwys na Reiner (1998: 72) wat beweer dat die ontwikkeling van foneembewussyn

deur middel van foneem-onderrig in die voorskoolse kurrikulum ingebou word, aangesien die vermoë

om foneme te kan onderskei, ’n goeie voorloper vir latere leessukses is. Die navorser meen dat die

voorskoolse kind nie noodwendig die prestasies behaal nie, maar dat ’n foneembewussyn wel

ontwikkel moet word aangesien dit ’n onmisbare grondslag vorm vir latere lees- en spelsukses.

Morrow (1997: 243) beklemtoon die waarde van foneembewussyn as bydraende faktor tot latere

leessukses en meen dat die kind voortdurend blootgestel moet word aan foneemopdragte en

gepaardgaande aktiwiteite. Reiner (1998: 71) en Demont et.al. (1996: 318) bevestig die waarde van ’n

fonemiese bewussyn wat onder andere deur die volgende aktiwiteite ontwikkel kan word:

Die beskikbaarheid van ’n verskeidenheid taalspeletjies

Voorlees van stories, poësie en sing van liedjies

Voorlees en saamleesgeleenthede met gepaardgaande aktiwiteite soos stories te

dramatiseer en/of rolspel

Die verskaffing van los blokkies met letters waarmee die kind woorde kan bou

Die selekteer van bepaalde woorde vanuit ’n muurkaart met woordsakkies wat ’n aantal

woorde bevat en

Die voorlees van sinne waarvan sekere woorde ontbreek. Die kind se taak is om

ontbrekende woorde te identifiseer.

Reiner (1998: 72) het voorsiening gemaak vir onderrig in fonemiese bewustheid in haar daaglikse

program en die kleuters se vordering op ’n maandelikse basis aangeteken. Die kleuters se

belangstelling, ingesteldheid en entoesiasme rondom storieboeke het drasties verbeter in hierdie

tydperk. Vier en twintig kleuters het vir een jaar onderrig in fonemiese bewustheid ontvang en die

resultate was sooss volg: Een kon prentjies teken en aanwend as skrif; vier kon letters skryf; een kon

woorde kopieer; drie kon woorde uit hul geheue neerskryf; ag kon woorde saamstel en skryf deur

letters saam te voeg; twee kon frases skryf; en vyf was in staat om eenvoudige sinne te skryf.

31

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!