Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Venter (2007: 91) verwys na die bevinding van die National Reading Panel (2002: 1-2) dat dit hoogs

effektief is om kinders te leer om foneme in woorde te manipuleer. Hierdie bevinding is geldig vir ’n

verskeidenheid onderrigsituasies en ’n verskeidenheid leerders - ongeag die kinders se ouderdomme

en graad vlakke. Daar is tot die slotsom gekom dat kinders wat fonemiese bewustheid aangeleer het,

beduidend beter lees as kinders wat onderrig ontvang het sonder dat enige aandag aan fonemiese

bewustheid geskenk is. Die resultate van die eksperimentele studies het die paneel tot die spesifieke

gevolgtrekking laat kom dat onderrig in fonemiese bewustheid aanleiding gee tot ’n verbetering in

leerders se foneembewustheidsvlakke, lees- en spelvermoëns. Ontwikkeling van fonemiese

bewustheid het ’n beduidende uitwerking getoon op lees- en spelontwikkeling, en leerders met

uiteenlopende vermoëns het ’n verbetering in leesvaardighede getoon (National Reading Panel, 2002:

1-2).

Fonemiese bewustheidsvaardighede help leerders om woorde te leer lees in verskillende vorme (Ehri,

1991). Om nuwe woorde te ontsyfer moet beginners weet hoe om foneme saam te voeg. Om te onthou

hoe om individuele woorde te lees moet beginners in staat wees om woorde te segmenteer in foneme

wat pas by grafeme sodat dit verbindings tussen grafeme en foneme uitreken en dit in die geheue stoor

(Ehri, 1992, 1999). Die vaardigheid van fonemiese segmentasie is belangrik vir konstruktuering van

moontlike spelling asook die onthou van die korrekte spelling van woorde (Griffeths, 1991). Alle

prosesse betrokke by leer om te lees en skryf van woorde vereis fonologiese bewustheid (Ehri, 1994).

Fonemiese bewustheid is ook ʼn voorganger vir verdere leessukses en leesvaardigheid, maar dit is nie

maklik vir beginners om te bemeester nie. Daar is geen aanduiding vir onderbreking in spraak waar

een foneem eindig en die volgende foneem begin nie. Daarom is dit so noodsaaklik om eksplisiete

onderrig aan beginners te gee sodat hulle kan vasstel hoe die sisteem werk.

Kinders wat graad 1 met ’n hoë peil van fonemiese bewustheid begin vaar goed ongeag die tipe

onderrig wat hulle ontvang. Swak lesers sonder fonemiese bewustheid bly swak lesers, aangesien hul

swak fonemiese bewustheid lei tot swak verwerwing van woordherkenningsvaardighede. Lees word

verhinder, want probleme met kodering en woordherkenningsprosesse vereis te veel kognitiewe

energie. Minder kognitiewe bronne is dus beskikbaar om hoë-vlak kognitiewe denke van integrasie en

begrip te bewerkstellig. Kinders wat vinnige dekoderingsprosesse baasraak, verbind letters outomaties

om woorde te vorm en kan aandag gee aan betekenis. Hulle lees meer, verkry meer oefening en

gevolglik verbeter lees. Die goeie leser se woord-herkenningsproses is so outomaties en vinnig dat

hulle nie aangewese is op konteks vir inligting nie. Hulle het dus nie nodig om op konteks te fokus nie.

Begrip misluk dus nie omdat daar staat gemaak word op dekodering nie, maar as gevolg van

dekoderings-vaardighede wat nie genoeg ontwikkel is nie (Stanovich, 1994: 283).

30