Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

digitalknowledge.cput.ac.za
from digitalknowledge.cput.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Foneemsegmentasie, byvoorbeeld b-a-k Foneemtelling, byvoorbeeld die woord bak bestaan uit drie foneme Foneemsamevoeging, byvoorbeeld: Kan die leerder foneme saamvoeg om ʼn woord te vorm? [b]…[œs]=bus Foneemweglating, byvoorbeeld sê mot, maar moenie die [m] sê nie = [ᴐt] en Foneemomkering, byvoorbeeld sê som, maar keer die foneme om, mos. Hierdie assesseringsaktiwiteite speel ’n belangrike rol in die bepaling van die leerder se vlak van ontwikkeling. Assessering van fonologiese bewustheid in die klaskamer kan help met die vroeë identifisering van risiko- leerders vir lees en spelling. Opvoeders behoort die belangrikheid van die ontwikkelingsvlak van fonologiese bewustheid by leerders in ag te neem tydens onderrig en leer. 2.7.4 Onderrig van fonologiese bewustheid Studies toon aan dat deeglike onderrig die vlak van fonologiese bewustheid kan verhoog (Bradley & Bryant, 1993; Gillam & van Kleeck, 1996; Lunburg, Frost & Petersen, 1988). Fonologiese bewussyn is die vermoë om klank- en taalsensitiwiteit aan te kweek en kan ’n lewenslange positiewe leesingesteldheid vorm. Klanksensitiwiteit en foneembewussyn kan bevorder word deur die kind te laat luister na talle rympies, stories, gediggies en liedjies, deur voorlees- en selflees-geleenthede tot drie keer per dag te organiseer. Sinvolle gesprekke met kleuters om goeie taalmodelle te voorsien deur die kleuter te omring met leesstof in alle vorme op verskillende leesvlakke kan ook ’n positiewe bydrae lewer. (Le Roux 1995: 3; Morrow 1997: 243). Ericson en Joliebö (2000: 8) stel sewe belangrike beginsels voor om in ag te neem wanneer fonologiese bewustheid onderrig word: Die vlak van kognitiewe taalkundige kompleksiteit van fonologiese bewustheid verskil by aktiwiteite, byvoorbeeld identifisering van rym is makliker as om rym self te skep (die uitken van pare woorde wat rym, of die verskaffing van rymwoorde) Taak op lettergreepvlak is makliker as die take op fonemiese vlak, byvoorbeeld leerders kan makliker boekrak in lettergrepe verdeel, maar dit is moeiliker om boek in foneme te verdeel Foneemisolasie-take is makliker as foneemsegmentasie-take, soos, die herkenning van individuele klanke en woorde, byvoorbeeld, “Sê die eerste klank in pot.” [p] (Foneemisolasie), teenoor [b]-[a]-[k] (foneemsegmentasie) Segmentasie of samevoegingstake is makliker met aanhoudende gebruik van foneme as nie-aanhoudende gebruik van foneme (om woorde of lettergrepe te kan verdeel en om te 28

kan onderskei tussen verskillende woorde in ’n sin) die manipulering van foneme (die identifisering van ’n woord nadat sekere klanke uitgelaat, bygevoeg of geskuif word) Segmentasie of samevoegingstake is makliker met beginkonsonante as eindkonsonante, byvoorbeeld, dit is makliker om woorde wat met [sl-], [vr-] begin te vorm as woorde wat eindig op [–ls], [-rk] Manipuleerders soos tellers, skyfies, diskette en kentekens kan help in foneemsegmentasie en manupileringstake, want dit dui duidelike skeiding in foneme aan en Fonologiese bewustheidsaktiwiteite het ʼn groter impak op leessukses wanneer dit saam met letter-klankkorrespondering onderrig word, byvoorbeeld wanneer die leerder ʼn [s] in son hoor, behoort die letterklank aan die leerder bekend gestel te word sodat die leerder in staat kan wees om assossiasies te kan maak. Griffeth, Klesius en Kromery (1992) het bevind dat die vlak van fonologiese bewustheid wat ʼn kind in die begin van graad 1 besit, belangriker is as die soort onderrig in tradisionele basale of heeltaalbenadering wat leerders ontvang. 2.8 Fonemiese bewustheid 2.8.1 Die belangrikheid van fonemiese bewustheid Die term foneem word deur taalkundiges gebruik wanneer daar verwys word na die kleinste eenheid van spraak wat ʼn sein na ʼn luisteraar stuur wat die verskil in die betekenis van die taal ken (sien Glossarium li). Om te onderskei tussen foneme, gebruik ʼn spreker kategorieë wat in die brein opgestel is wanneer ʼn taal bemeester word. Wanneer daar onderskeid tussen klanke getref word, word fisiese eienskappe van spraak geïdentifiseer. Foneme mag klanke insluit, alhoewel klanke in fonemiese kategorieë verskil in uitspraak en eienskappe, ontvang die spreker/luisteraar dit as dieselfde foneem. Die beginklank in ‘stop’ en ‘skop’ word verskillend uitgespreek, dit is twee verskillende klanke (Linnea, Ehri & Simone, Nunes, 2004). Volgens Ehri (1995: 356) sluit fonemiese bewustheid die verdeling van ’n woord in sy samestellende klanke, die samevoeging van afsonderlik geartikuleerde klanke om woorde te vorm en die weglating of vervanging van klanke in woorde in. Foneembewussyn kan dus omskryf word as die bewussyn dat woorde uit klanke saamgestel is (Lazo et al. 1997: 87; Reiner, 1998: 70). Scarborough, 1998: 84 Ehri, Nunes, Willows, Schuster, Yaghoub-Zad en Shanahan, (2001: 250) verwys na fonemiese bewustheid as die vermoë om op foneme in gesproke taal te fokus en dit te manipuleer. Volgens Yopp en Yopp (2001: 130) is fonemiese bewustheid “a sensitivity to and control over phonemes”. Die onderrig in fonemiese bewustheid impliseer dus nie net onderrig in foneemgrafeem-verbande nie, maar dit is ook ’n bewusmaking van taal- en klankstrukture (Snider, 1995: 443). 29

kan onderskei tussen verskillende woorde in ’n sin) die manipulering van foneme (die

identifisering van ’n woord nadat sekere klanke uitgelaat, bygevoeg of geskuif word)

Segmentasie of samevoegingstake is makliker met beginkonsonante as eindkonsonante,

byvoorbeeld, dit is makliker om woorde wat met [sl-], [vr-] begin te vorm as woorde wat

eindig op [–ls], [-rk]

Manipuleerders soos tellers, skyfies, diskette en kentekens kan help in foneemsegmentasie

en manupileringstake, want dit dui duidelike skeiding in foneme aan en

Fonologiese bewustheidsaktiwiteite het ʼn groter impak op leessukses wanneer dit saam

met letter-klankkorrespondering onderrig word, byvoorbeeld wanneer die leerder ʼn [s] in

son hoor, behoort die letterklank aan die leerder bekend gestel te word sodat die leerder in

staat kan wees om assossiasies te kan maak.

Griffeth, Klesius en Kromery (1992) het bevind dat die vlak van fonologiese bewustheid wat

ʼn kind in die begin van graad 1 besit, belangriker is as die soort onderrig in tradisionele basale

of heeltaalbenadering wat leerders ontvang.

2.8 Fonemiese bewustheid

2.8.1 Die belangrikheid van fonemiese bewustheid

Die term foneem word deur taalkundiges gebruik wanneer daar verwys word na die kleinste eenheid

van spraak wat ʼn sein na ʼn luisteraar stuur wat die verskil in die betekenis van die taal ken (sien

Glossarium li). Om te onderskei tussen foneme, gebruik ʼn spreker kategorieë wat in die brein opgestel

is wanneer ʼn taal bemeester word. Wanneer daar onderskeid tussen klanke getref word, word fisiese

eienskappe van spraak geïdentifiseer. Foneme mag klanke insluit, alhoewel klanke in fonemiese

kategorieë verskil in uitspraak en eienskappe, ontvang die spreker/luisteraar dit as dieselfde foneem.

Die beginklank in ‘stop’ en ‘skop’ word verskillend uitgespreek, dit is twee verskillende klanke

(Linnea, Ehri & Simone, Nunes, 2004).

Volgens Ehri (1995: 356) sluit fonemiese bewustheid die verdeling van ’n woord in sy samestellende

klanke, die samevoeging van afsonderlik geartikuleerde klanke om woorde te vorm en die weglating

of vervanging van klanke in woorde in. Foneembewussyn kan dus omskryf word as die bewussyn dat

woorde uit klanke saamgestel is (Lazo et al. 1997: 87; Reiner, 1998: 70). Scarborough, 1998: 84 Ehri,

Nunes, Willows, Schuster, Yaghoub-Zad en Shanahan, (2001: 250) verwys na fonemiese bewustheid

as die vermoë om op foneme in gesproke taal te fokus en dit te manipuleer. Volgens Yopp en Yopp

(2001: 130) is fonemiese bewustheid “a sensitivity to and control over phonemes”. Die onderrig in

fonemiese bewustheid impliseer dus nie net onderrig in foneemgrafeem-verbande nie, maar dit is ook

’n bewusmaking van taal- en klankstrukture (Snider, 1995: 443).

29

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!