05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bryant, (1985) asook Berg en Stegelman (2003) wat daarop dui dat die vermoë om woorde te analiseer

in fonemiese segmente en om oor voldoende fonologiese strategieë en vaardighede te beskik, ’n

beduidende rol in latere leesprestasie speel.

Metalinguistiese vaardighede is denkvaardighede wat die kind in staat stel om strukturele kenmerke

van gesproke taal te reflekteer en te manipuleer. Soos metakognisie die denke aangaande ’n persoon se

kognisie behels, so behels metalinguistiese bewustheid ’n persoon se denke aangaande taal. Dit begin

alreeds samelopend met die verwerwing van die gesproke taal ontwikkel en verwys na ’n persoon se

bewustheid en kontrole oor taal in die algemeen, die vermoë om aandag aan taal te gee onafhanklik

van die betekenis. Metalinguistiese bewustheid is dus ’n wyer term wat fonologiese bewustheid,

bewustheid van sintaksis en pragmatiese bewustheid insluit (sien 2.4.3) (Yopp & Yopp, 2000).

Lazo, Pumfrey en Peers, (1997: 87) beklemtoon die waarde van ’n studie wat deur Rego (1993) met

swak lesers onderneem is. Hierdie navorser het tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie lesers

leesfoute begaan wat toegeskryf kan word aan ’n beperkte fonologiese bewussyn. Hierdie groep lesers

het spelfoute begaan en die navorser meen dat swak lesers en spellers oor onvoldoende fonologiese

strategieë en vaardighede beskik.

Fonologiese bewustheid is meer omvattend, want dit behels ook bewuswording van groter eenhede

soos woorde in sinne, lettergrepe in woorde en foneme in lettergrepe en in woorde. Hiervolgens word

isolasie, identifisering, kategorisering, samesmelting, segmentering en weglating van foneme of

klanke onderrig. Onderrig kan ook op manipulering van beginklanke en rym fokus. Fonologiese

bewustheid kan dus gesien word as ’n oorkoepelende term vir fonemiese bewustheid, die

bewuswording van ’n beginklank of klanke en die bewuswording van ʼn eindklank saam met die laaste

klinker, asook lettergrepe en analogië (ooreenkomste met rym). Bewustheid van aanvangsrym kan

verbind word met die kind se bewustheid van lettervolgorde in woorde. Voorbeelde van aanvangsrym

is woorde soos trap, trok, tree, traan. End-analogieë het ’n sterk verband met rym. Voorbeelde is hap,

lap, sap, trap, krap. End-analogieë wat as ’n ouditiewe aktiwiteit hanteer kan word, is makliker en

ontwikkel vroeër. Begin-analogieë ontwikkel wanneer die kind begin lees en woorde kan segmenteer

in eenhede, anders as by aanvangsrym. (Dahl et al., 2001: 7; Yopp & Yopp, 2000: 131; Goshwami &

Mead, 1992: 153).

2.7.2 Wanneer ontwikkel leerders fonologiese bewustheid?

Navorsers het bevind dat leerders fonologiese bewustheid op verskillende ouderdomme demonstreer

en die vlak van bewustheid verskil ook onder leerders (Bradley & Bryant, 1985; Maclean, Bryant, &

Bradley, 1987). Op die ouderdom van drie het leerders al kennis van kinderrympies (Maclean et al.,

1987). Muter, Hulme, Snowling en Taylor (1998: 3) het bevind dat die bemeestering van fonologiese

26

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!