05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Mesmer & Griffeth (2005) bevind dat ’n groep opvoeders wat komponente van eksplisiete,

sistematiese klankonderrig in orde van belangrikheid moes plaas, meer as 50% sintese en analise

verkies. Dit toon dat opvoeders in die sistematiese benadering tot klankonderrig glo. Die induktiewe

metode, ontdekking van nuwe kennis, moet dus met direkte onderrig gekombineer word en moet leer

insluit (Mesmer & Griffeth, 2005).

Pretorius (2001: 68 ) verwys na ’n studie in Nieu -Seeland waar daar vasgestel is dat leerders uit ʼn lae

sosio-ekonomiese omgewing teenoor leerders uit ʼn hoë sosio-ekonomiese omgewing, groot verskille

toon ten opsigte van kennis van die alfabet, fonemiese en fonologiese bewustheid, asook taalkennis.

Uit die bevindinge was dit duidelik dat leerders in ʼn lae sosio-ekonomiese omgewing en agtergrond

meer baat by onderrig deur middel van fonologiese en fonemiese benadering as by die

heeltaalbenadering. Die leerders uit die lae sosio -ekonomiese agtergrond raak verlore in die

heeltaalbenadering. Die heeltaalbenadering in aanvangslees in lae sosio-ekonomiese omgewings is nie

so effektief soos die fonologiese en fonemiese benadering nie (Berg, 2003). In Suid Afrika word die

kurrikulum vir geletterdheid in die Grondslagfase vervat in ses leeruitkomstes (sien 2.2) waarin die

ontwikkeling van fonologiese bewustheid beklemtoon word (NKV 2005). Pepler (2005) het ʼn

fonemiese program vir Graad R-leerders ontwikkel om aanvangslees voor formele onderrig te

ondersteun.

2.7 Fonologiese bewustheid

2.7.1. Die belangrikheid van fonologiese bewustheid in leesontwikkeling

Venter (2007: 91) verwys na fonologiese bewustheid as die vermoë om op ’n eksplisiete wyse aandag

aan die fonologiese struktuur van die gesproke woord te gee en te verstaan dat die gesproke taal uit

kleiner individuele klanke bestaan (sien Glossarium Ii). Ericson en Juliebö (2000: 4) verwys na

fonologiese bewustheid as ʼn metalinguistieke lettertipe wat leerders toelaat om te reflekteer oor

kenmerke van gesproke taal (Griffith, Klesius & Kromrey,1992). Leerders wat fonologiese bewustheid

ontwikkel, herken op ouditiewe vlak dat woorde kan rym, op dieselfde klank begin of eindig en dat dit

saamgestel is uit foneme (klanke) wat gemanupileer kan word om nuwe woorde te vorm. Dit omsluit

die latere ontwikkelingsvaardighede wat die leerder konstant laat reflekteer en klanke laat manipuleer

om nuwe woorde te ontwikkel soos die letters in kam kan herrangskik word om ʼn nuwe, woord mak,

te vorm (Stahl, 1992).

Demont en Crombert, (1996: 315) beweer dat fonologiese bewussyn ’n voorwaarde vir leessukses is.

Die leser moet fonologiese vaardighede aanleer wat hom in staat stel om die gesproke woord in

toepaslike fonologiese segmente te kan opbreek. Die leerder moet tydens geletterdheidsgereedmaking,

bewus gemaak word van die fonologiese struktuur van taal. Demont ondersteun voorts Bryant en

25

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!