05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

geletterdheid (Honig, 1997). Dit is die sleutel tot suksesvolle lees vir beginners om fonologie te

verstaan en die vermoë te ontwikkel om die klanke in mondelinge taal met letter-

klankkorrespondering te assosieer ten einde nuwe woorde te vorm en sinne te bou. Dit sal die kind in

ʼn taalarm omgewing die geleentheid gee om selfstandig woorde te herken, nuwe woorde te vorm,

woorde en sinne te identifiseer en kreatiewe skryfwerk met minder spelfoute baas te raak.

Navorsing deur Berg en Stegelman (2003) is die kritieke rol van fonologiese en fonemiese bewustheid

in leessukses in ʼn landelike skool ondersoek. Hulle toon aan dat fonologiese bewustheid noodsaaklike

sleutelvaardighede vir leerders omvat om te bemeester voordat hulle voordeel kan trek uit vroeë

leesonderrig. Hierdie vaardighede, naamlik die identifisering van klankpatrone in taal, die bewustheid

dat woorde uit klanke (foneme) bestaan, fonologiese bewustheid en die verband tussen klanke en

lettername wat nie aanvanklik by baie individue teenwoordig is nie, kan aangeleer word. Dit kan ook

geassesseer word met instrumente wat bekostigbaar is en maklik geadministreer kan word.

Die vermoë om gesproke taal as ʼn volgorde van individuele klanke te identifiseer, word ʼn

leerdergesentreerde onderrigprogram in fonemiese bewustheid nodig. Bevindinge het sterk bewyse vir

die insluiting van fonemiese-bewustheidonderrig in alle kurrikulums in die grondslagfase getoon. Die

studie bewys ook dat fonemiese bewustheid ingesluit moet word by ouer leerders wat nog nie in staat

is om geletterdheid te bemeester nie. Leerders wat nie aan klanke in gesproke taal in die vroeë

vormingsjare blootgestel word nie, ondervind probleme met lees en spel in latere jare in die

opvoedingstroom. Navorsers bevestig dat fonemiese bewustheid ’n groot invloed het op die leerproses

van lees en skryf (Juel, 1989; Lunberg et al., 1988; Juel, Griffith & Gough, 1986; Bradley & Bryant,

1983).

“By combining fluency training with phonics instruction and dictation practice, a California school

achieved significant improvement in student fluency and decoding skills (Feazell, 2006).

Phonemic awareness or skill with manupilation of letter-sound combination has been identified as the

single best predictor of student success in learning to read” (Armstrong, 2003; Uhry, 1999; The

National Reading Panel, 2002).

Griffeth (1991: 216) bevind fonemiese bewustheid as ʼn noodsaaklike element vir leesvordering. Daar

is bevind dat leerders met ernstige leesprobleme wat in een van drie komponente, naamlik lees met

rym, lees met foneme, lees met rym en foneme of in ʼn gekontroleerde leesprogram onderrig word, wel

baat as die onderrigprogram ’n sterk fonemiese komponent bevat. ʼn Leesprogram wat ’n goed

gestruktureerde klankkomponent insluit, is nodig vir aanvangslesers om alfabetiese beginsels te

bemeester. ʼn Eksplisiete foneemprogram wat gekombineer word met letters en lees, kan ʼn belangrike

rol by leerders wat uit ʼn taalarm omgewing kom vervul (Hatcher, Hulme & Snowling, 2004).

24

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!