05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2.6 Perspektiewe ten opsigte van voorbereiding vir die leesproses

In ’n studie van fonemiese bewustheid word een van die mees onlangse instruksionele komponente

van ʼn gebalanseerde verstaanbare vroeë leesprogram soos volg aangehaal:

“Phonemic awareness is the understanding of that speech is composed of a series of individual sounds

of phonemes” (Yopp, 1992: 696).

Behoorlike toepassing van die alfabetiese beginsels berus op die bewusmaking van interne fonologiese

en fonemiese strukture of woorde wat die alfabet voorstel. Ongelukkig vir die aanvangsleser-skrywer

is hierdie blootstelling nie ʼn outomatiese gevolg van praat van ʼn taal nie, want die biologiese

spesialisasie vir spraak bestuur die produksie en ontvangs van hierdie strukture benede die vlak van

bewustheid. Dat sommige leerders dit moeilik vind om fonologiese bewustheid te ontwikkel en om te

kan leer om te lees kan die gevolg wees van ʼn algemene afname van die fonologiese komponent van

hul natuurlike taal. Hulle kan nie verbale informasie in ʼn geraas ontvang of komplekse taalpatrone en-

strukture verstaan en woorde vir die name van die objekte vind nie. Alle leerders behoort voordeel te

trek uit deeglike, intelligente verduidelikings oor die gebruik van die alfabet (Depree & Iversen,

1994).

Daar is ʼn algemene konsensus by navorsers dat fonologiese en fonemiese bewustheid bydra tot die

aanleer van lees (Dahl, Scharer, Lawson & Grogan, 2001). “The objective of any phonemic awareness

activity should be to facilitate children’s ability to perceive that their speech is made up of a series of

sound” (Yopp, 1992: 699). Dit beklemtoon die inskerping van fonologiese en fonemiese

bewustheidsaktiwiteite om verdere leessukses by graad 1-leerders te verseker. Opvoeders behoort ʼn

deeglike kennis van die onderrig van die konsep te hê en behoort leerders te laat begryp dat spraak uit

klanke bestaan en dat aktiwiteite te alle tye binne ʼn konteks aangebied behoort te word.

Navorsing toon dat daar ʼn samevloeiing van bewyse is dat die onderrig van fonologiese bewustheid

(sien Glossarium Ii) voordelig is vir aanvangslesers beginnend alreeds op die ouderdom van vier jaar

(Bradley & Bryant, 1985). Hierdie studie bewys ook dat aanvullende onderrig in fonologiese

bewustheid, leessukses aanhelp en dat daar’n werklike verandering in leerders waargeneem kon word.

Die studie deur Lyster (1997) bevind dat fonologiese bewustheid suksesvol onderrig en ontwikkel kan

word voordat leerders leer lees en spel. Sodra elementêre fonologiese bewustheid by ʼn leerder

ontwikkel, behoort die onderrig gepaard te gaan met letter-klank-onderrig vir optimale begrip (Bradley

& Bryant, 1985, Ball & Blachman, 1991, Hatcher, Hulme & Ellis, 1994).

Fonemiese bewustheid (sien Glossarium Ii) moet onderrig word sodat leerders by die direkte onderrig-

instruksie baat vind (Armbruster, Lehr & Osborn, 2001). Voordat leerders lees kan bemeester, moet

hul bewus gemaak word van die gesproke taal en die oordra van die taal na ʼn klankstruktuur van

23

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!