05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die milieugestremde ouer is as taalmodel vir die kind heeltemal ontoereikend. Dit geld vir die

kwaliteit van die ouer se taal, sowel as die standaard wat hy ten opsigte van taalgebruik van die kind

verwag.

2.5.2.4 Begrip

De Witt (2009: 321) beskou die milieugestremde kind as ’n kind wat ’n groot taalagterstand openbaar.

Hierdie agterstand sluit ’n gebrekkige woordeskat in, asook swak begrip van struktuur van sintaksis,

die onvermoë om abstrakte simbole en komplekse taal te gebruik en te verstaan. Die leerder beskik

ook nie oor die vermoë om taalvorme te interpreteer en te kommunikeer nie. Dit is vir hom moeilik

om gedagtes verbaal en in volgorde weer te gee. Beperkte verbale begrip, onbekendheid met formele

praatpatrone en groter afhanklikheid in nie-verbale kommunikasie lei tot groter gebrek aan

taalontwikkeling by die kind. Die taal wat die kind by die huis gebruik, verskil van die aanvaarbare

taal in die skool. Hierdie aspek benadruk die kind se sosiale struktuur waarin hy grootword (Garbers,

1980: 18). ’n Kind wat ’n taalagterstand het, is nie net beperk wat die vermoë om te kommunikeer of

hom- of haarself uit te druk betref nie, maar het ook probleme met vraagstelling. Hy sukkel om vrae te

vra oor dinge wat hom raak en dit te bespreek of om aan klasbesprekings deel te hê (Campion, 1992:

36). Hierdie stelling bewys dus dat, wanneer ’n kind uit ’n taalarm omgewing kom, hy op skoolvlak

sukkel omdat die vaardigheid om die nodige verbinding tussen die komponente wat begrip ontwikkel,

nie bemeester word nie.

2.5.2.5 Sinsbou

Kinders identifiseer met hul ouers en boots die voorbeeld wat hul ouers stel na, ook ten opsigte van

taalgebruik. Ouers is ook nie in ’n posisie om tuis stimulerende geleenthede vir hul kinders te bied nie.

Daarbenewens slaag hierdie ouers ook nie daarin om ’n positiewe houding teenoor opvoeding en die

grootmaak van hul kinders te demonstreer nie. Hierdie omstandighede weerhou die kind daarvan om

skoolgereed te wees by skooltoetrede. Wanneer hierdie kinders dus die ouderdom vir skooltoetrede

bereik, beskik hulle nie oor genoegsame taal om korrekte sinsbou weer te gee nie (De Klerk, 1989: 38;

Pepler, 2004).

Dit is dus duidelik dat, as gevolg van die swak linguistieke voorbeeld wat die ouer stel hul woordeskat

en taalbemeestering onvoldoende is. Die kind se taal het ʼn gebrek aan integrasie en is onvoldoende ten

opsigte van uitspraak, bekwaamheid, korrekte sinsbou, sintaksis, woordeskat en styl. Die kind se

vermoë om konsepte oor te dra is onvoldoende en die toepassing van taal is beskrywend en konkreet

eerder as wat dit analities en abstrak is (Pretorius, 1990: 42).

22

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!