Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

digitalknowledge.cput.ac.za
from digitalknowledge.cput.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

Verklaring Ek, Patricia Joyce Marthinussen, verklaar hiermee dat die werk in hierdie tesis vervat, my eie oorspronklike werk is en dat ek dit nie vantevore in die geheel of gedeeltelik by enige universiteit ter verkryging van ʼn graad voorgelê het nie. Ek doen voorts afstand van die outeursreg op die tesis ten gunste van die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie. Handtekening Datum i

Abstrak In hierdie studie word daar klem gelê op die belangrike rol van fonologiese en fonemiese bewustheid en die verstaan van letter-klankkorrespondering in aanvangslees in ’n graad 1-klas. Die belangrikheid van voorbereidende aktiwiteite wat aanvangslees voorafgaan word sterk beklemtoon wanneer daar na strategieë gekyk word om agterstande in aanvangslees die hoof te bied. Die vermoë van leerders om ouditiewe en visuele persepsies, asook onderskeidingsvermoë tussen klanke en klankpatrone te ontwikkel, word as voorspellers vir suksesvolle lees beskryf. Vroeë en deurlopende monitor van aanvangsleesvaardighede is ʼn belangrike aspek om die voorkoming van leesuitvalle te bewerkstellig. Aksienavorsing is in ’n graad 1-klas uitgevoer met leerders wat geen graad R- onderrig ontvang het nie en op die ouderdom van 5½ jaar reeds by die skool ingeskryf is. Die leerders is jonk en ontvang nie genoegsame stimulering tuis nie. Hulle toon ook reeds agterstande in effektiewe taalgebruik en leer by skooltoetrede. As gevolg van hierdie groot agterstande is daar sterk gefokus op die fonologiese en fonemiese bewustheid in aanvangslees van die jong kind. Die ontwikkeling van fonologiese en fonemiese bewustheid en die belangrikheid van klanke in konteks as ʼn metode om leesvaardighede te versterk, word by graad 1-leerders in ʼn taalarm omgewing ondersoek. ʼn Verskeidenheid onderrigstrategieë in leesbenaderings word in die studie ondersoek. Die bevindinge van die effek van fonologiese en fonemiese bewustheid in aanvangslees word bespreek. Leerprogramme soos “Grondslag vir Leer” wat deur die Nasionale Departement van Onderwys aan skole bekendgestel is, moet deeglik onderrig word. Die siening dat geletterdheideksplisiete onderrig in klankleer binne ’n gebalanseerde benadering tot lees voorkom, word deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD 2006: 3) gehuldig. Hierdie benadering stel groot uitdagings aan beide opvoeders en leerders in ’n taalarm omgewing. Opvoeders se metodologie van leesonderrig behoort aangepas te word en daar behoort op die onderrig van klanke in konteks gefokus te word om ʼn balans tussen die gebalanseerde en klank-benadering tot lees te handhaaf. ii

Abstrak

In hierdie studie word daar klem gelê op die belangrike rol van fonologiese en fonemiese bewustheid

en die verstaan van letter-klankkorrespondering in aanvangslees in ’n graad 1-klas. Die belangrikheid

van voorbereidende aktiwiteite wat aanvangslees voorafgaan word sterk beklemtoon wanneer daar na

strategieë gekyk word om agterstande in aanvangslees die hoof te bied. Die vermoë van leerders om

ouditiewe en visuele persepsies, asook onderskeidingsvermoë tussen klanke en klankpatrone te

ontwikkel, word as voorspellers vir suksesvolle lees beskryf. Vroeë en deurlopende monitor van

aanvangsleesvaardighede is ʼn belangrike aspek om die voorkoming van leesuitvalle te bewerkstellig.

Aksienavorsing is in ’n graad 1-klas uitgevoer met leerders wat geen graad R- onderrig ontvang het

nie en op die ouderdom van 5½ jaar reeds by die skool ingeskryf is. Die leerders is jonk en ontvang

nie genoegsame stimulering tuis nie. Hulle toon ook reeds agterstande in effektiewe taalgebruik en

leer by skooltoetrede. As gevolg van hierdie groot agterstande is daar sterk gefokus op die fonologiese

en fonemiese bewustheid in aanvangslees van die jong kind. Die ontwikkeling van fonologiese en

fonemiese bewustheid en die belangrikheid van klanke in konteks as ʼn metode om leesvaardighede te

versterk, word by graad 1-leerders in ʼn taalarm omgewing ondersoek. ʼn Verskeidenheid

onderrigstrategieë in leesbenaderings word in die studie ondersoek. Die bevindinge van die effek van

fonologiese en fonemiese bewustheid in aanvangslees word bespreek.

Leerprogramme soos “Grondslag vir Leer” wat deur die Nasionale Departement van Onderwys aan

skole bekendgestel is, moet deeglik onderrig word. Die siening dat geletterdheideksplisiete onderrig in

klankleer binne ’n gebalanseerde benadering tot lees voorkom, word deur die Wes-Kaapse

Onderwysdepartement (WKOD 2006: 3) gehuldig. Hierdie benadering stel groot uitdagings aan beide

opvoeders en leerders in ’n taalarm omgewing. Opvoeders se metodologie van leesonderrig behoort

aangepas te word en daar behoort op die onderrig van klanke in konteks gefokus te word om ʼn balans

tussen die gebalanseerde en klank-benadering tot lees te handhaaf.

ii

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!