Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

digitalknowledge.cput.ac.za
from digitalknowledge.cput.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

enodig word by skooltoetrede nie. Hierdie kind word ook met armoede, swak gesondheid en onstabiele huislike omstandighede gekonfronteer (Booyse, 1990: 124). Die kind wat op die gebied van kulturele opvoeding verwaarloos word, is aan geen stimulasie blootgestel nie. Daar is ’n leemte in formele lees en voorbereiding vir graad R-onderrig asook ekstra buitekurrikulêre ervarings. 2.5.1 Beperkte voorskoolse stimulering Die beperkte voorskoolse stimulering deur ouers in die milieugestremde omgewing beïnvloed die onderrigstrategieë van die opvoeder in formele onderrig (Koen, 2008: 5). Joubert et al. (2006: 122) beskryf perseptuele stimulering as die proses waar leerders gelei word om al die boodskappe korrek te interpreteer en optimaal te benut. Die omgewing van die voorskoolse kind wat nie genoeg gestimuleer word om taalontwikkeling aan te help nie, het alreeds in graad 1’n agterstand. Hierdie leerders het dus baie meer blootstelling nodig om die nodige vaardighede in kreatiewe konstruksie, kognitiewe en sosiale vaardighede te ontwikkel (Lindfors, 1987: 220). Wanneer hul graad 1 betree, moet daar aandag aan die verskillende aspekte van taalontwikkeling gegee word (sien 2.4.2). Die volgende leeselemente behoort tydens die aanbieding van die perseptuele stimuleringsprogram (’n program om graad R - en 1- leerders gereed te maak vir formele leesonderrig) geïntegreer te word: Die aanwending van stories, rympies en liedjies Die uitbreiding van die woordeskat Die ontwikkeling van oogbewegings Die ontwikkeling van ouditiewe, visuele en perseptuele waarneming Diskriminasie volgens kleur, vorm, grootte en tekstuur Terloopslees en Bekendstelling van die alfabet (lettername), klanke en vorme van verskillende letters (Joubert, et al., 2006: 122). Alhoewel hierdie stimulering in graad R en 1 gedoen word, beskik die ouer in die taalarm omgewing nie oor die nodige bronne, kennis asook motivering om die leerder hierin te ondersteun nie. 2.5.2 Spesifieke agterstande van die leerder uit die taalarm omgewing Wanneer die kind tot die skool toetree, is daar dikwels faktore aanwesig soos ’n gebrekkige taal- en kultuuragtergrond, armoede, ontoereikende ondersteunende fisiese en opvoedingsfasiliteite tuis. Dit het tot gevolg dat die kind, ten spyte van goeie onderrig en begeleiding, nie in staat is om sy gegewe potensiaal doeltreffend te benut nie. 20

Alexander (2006: 3) stem saam en noem effektiewe taalvaardighede die “passport to educational opportunities and employment”. Sou ons nalaat om onmiddellik op te tree, mag voorgestelde strategieë soos vermeld moontlik slegs goeie voornemens bly. 2.5.2.1 Huistaal en skooltaal Volgens Lindfors (1987: 220) word die sosiale konteks waarin die kind grootword, as ’n integrale deel van die ontwikkeling van die kind se taal beskou. Die skrywer beklemtoon die verskille tussen kinders ten opsigte van hul kultuur en sosiale ervaring van taal. Die klem word gelê op ’n wye verskeidenheid van sosiale kontekste . Die fokus is op die taal wat die kind hoor en wat deur hom gebruik word, asook die taal wat deur ander in sy gemeenskap en omgewing gepraat word. Die volgende aspekte is simptome van omgewingsverlies, naamlik lae ekonomiese status, lae sosiale status, laevlak van opvoeding, werkloosheid, geringe sosiale betrokkenheid en ’n beperkte potensiaal om na ’n hoër vlak te beweeg in die samelewing (Feeny, Christens en & Moravcik 2006: 102). Wanneer die kind aan die skoolomgewing blootgestel word, is daar uitvalle ten opsigte van taalgebruik tuis en die taalgebruik in die skool. As gevolg van die agterstande en armoede in die sosiale groepering ondervind die kind ernstige tekortkominge in terme van begrip, selfaktualisering, verbetering van sy geleenthede in die lewe en die bereiking van standaarde wat sy lewe beïnvloed (Pretorius, 1990: 202; Berk, 2007: 281). Dit is duidelik dat kinders wat uit ’n benadeelde omgewing kom, kinders is wat ongeag hul intellektuele vermoëns, dit moeilik vind om volle voordeel uit opvoeding te trek as gevolg van die sosiale en kulturele agtergrond (Curtis & Blachford, 1981: 9; Feeny et.al., 2006: 102). 2.5.2.2 Taal Lindfors (1987: 1) skryf dat ’n vyfjarige kind by skooltoetrede reeds oor ’n goed ontwikkelde sisteem in die verband tussen betekenis en uitdrukking in taal behoort te beskik. Die skrywer beklemtoon ook die bemeestering van die sisteem van taalstrukture deur die gebruik van kragtige prosesse van kreatiewe konstruksie vir kognitiewe en sosiale doeleindes asook die beheer van een dialek of taalsisteem. 2.5.2.3 Uitspraak Lindfors (1987: 2) beweer dat kinders uit ’n milieugestremde omgewing ’n agterstand in die uitspraak van woorde openbaar. Die skrywer beklemtoon dat kinders taalvorme soos wat hulle dit hoor, naboots. 21

Alexander (2006: 3) stem saam en noem effektiewe taalvaardighede die “passport to educational

opportunities and employment”. Sou ons nalaat om onmiddellik op te tree, mag voorgestelde strategieë

soos vermeld moontlik slegs goeie voornemens bly.

2.5.2.1 Huistaal en skooltaal

Volgens Lindfors (1987: 220) word die sosiale konteks waarin die kind grootword, as ’n integrale deel

van die ontwikkeling van die kind se taal beskou. Die skrywer beklemtoon die verskille tussen kinders

ten opsigte van hul kultuur en sosiale ervaring van taal. Die klem word gelê op ’n wye verskeidenheid

van sosiale kontekste . Die fokus is op die taal wat die kind hoor en wat deur hom gebruik word, asook

die taal wat deur ander in sy gemeenskap en omgewing gepraat word.

Die volgende aspekte is simptome van omgewingsverlies, naamlik lae ekonomiese status, lae sosiale

status, laevlak van opvoeding, werkloosheid, geringe sosiale betrokkenheid en ’n beperkte potensiaal

om na ’n hoër vlak te beweeg in die samelewing (Feeny, Christens en & Moravcik 2006: 102).

Wanneer die kind aan die skoolomgewing blootgestel word, is daar uitvalle ten opsigte van

taalgebruik tuis en die taalgebruik in die skool. As gevolg van die agterstande en armoede in die

sosiale groepering ondervind die kind ernstige tekortkominge in terme van begrip, selfaktualisering,

verbetering van sy geleenthede in die lewe en die bereiking van standaarde wat sy lewe beïnvloed

(Pretorius, 1990: 202; Berk, 2007: 281).

Dit is duidelik dat kinders wat uit ’n benadeelde omgewing kom, kinders is wat ongeag hul

intellektuele vermoëns, dit moeilik vind om volle voordeel uit opvoeding te trek as gevolg van die

sosiale en kulturele agtergrond (Curtis & Blachford, 1981: 9; Feeny et.al., 2006: 102).

2.5.2.2 Taal

Lindfors (1987: 1) skryf dat ’n vyfjarige kind by skooltoetrede reeds oor ’n goed ontwikkelde sisteem

in die verband tussen betekenis en uitdrukking in taal behoort te beskik. Die skrywer beklemtoon ook

die bemeestering van die sisteem van taalstrukture deur die gebruik van kragtige prosesse van

kreatiewe konstruksie vir kognitiewe en sosiale doeleindes asook die beheer van een dialek of

taalsisteem.

2.5.2.3 Uitspraak

Lindfors (1987: 2) beweer dat kinders uit ’n milieugestremde omgewing ’n agterstand in die uitspraak

van woorde openbaar. Die skrywer beklemtoon dat kinders taalvorme soos wat hulle dit hoor, naboots.

21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!