05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

enodig word by skooltoetrede nie. Hierdie kind word ook met armoede, swak gesondheid en

onstabiele huislike omstandighede gekonfronteer (Booyse, 1990: 124). Die kind wat op die gebied van

kulturele opvoeding verwaarloos word, is aan geen stimulasie blootgestel nie. Daar is ’n leemte in

formele lees en voorbereiding vir graad R-onderrig asook ekstra buitekurrikulêre ervarings.

2.5.1 Beperkte voorskoolse stimulering

Die beperkte voorskoolse stimulering deur ouers in die milieugestremde omgewing beïnvloed die

onderrigstrategieë van die opvoeder in formele onderrig (Koen, 2008: 5). Joubert et al. (2006: 122)

beskryf perseptuele stimulering as die proses waar leerders gelei word om al die boodskappe korrek te

interpreteer en optimaal te benut. Die omgewing van die voorskoolse kind wat nie genoeg gestimuleer

word om taalontwikkeling aan te help nie, het alreeds in graad 1’n agterstand. Hierdie leerders het dus

baie meer blootstelling nodig om die nodige vaardighede in kreatiewe konstruksie, kognitiewe en

sosiale vaardighede te ontwikkel (Lindfors, 1987: 220). Wanneer hul graad 1 betree, moet daar aandag

aan die verskillende aspekte van taalontwikkeling gegee word (sien 2.4.2).

Die volgende leeselemente behoort tydens die aanbieding van die perseptuele stimuleringsprogram (’n

program om graad R - en 1- leerders gereed te maak vir formele leesonderrig) geïntegreer te word:

Die aanwending van stories, rympies en liedjies

Die uitbreiding van die woordeskat

Die ontwikkeling van oogbewegings

Die ontwikkeling van ouditiewe, visuele en perseptuele waarneming

Diskriminasie volgens kleur, vorm, grootte en tekstuur

Terloopslees en

Bekendstelling van die alfabet (lettername), klanke en vorme van verskillende letters

(Joubert, et al., 2006: 122).

Alhoewel hierdie stimulering in graad R en 1 gedoen word, beskik die ouer in die taalarm omgewing

nie oor die nodige bronne, kennis asook motivering om die leerder hierin te ondersteun nie.

2.5.2 Spesifieke agterstande van die leerder uit die taalarm omgewing

Wanneer die kind tot die skool toetree, is daar dikwels faktore aanwesig soos ’n gebrekkige taal- en

kultuuragtergrond, armoede, ontoereikende ondersteunende fisiese en opvoedingsfasiliteite tuis. Dit

het tot gevolg dat die kind, ten spyte van goeie onderrig en begeleiding, nie in staat is om sy gegewe

potensiaal doeltreffend te benut nie.

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!