Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

digitalknowledge.cput.ac.za
from digitalknowledge.cput.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

2.4.6 Die invloed van kindersorg Daniel et al. (2005: 209) beklemtoon die belangrikheid van kindersorg. Baie moeders word geforseer om te gaan werk (Perry-Jenkins, Repetti, & Crouter, 2000). Die meerderheid kinders word gereeld opgepas deur iemand anders as die ouer (Dickonson & Sprague, 2001). Die kindersorgpersoneel beskik nie oor die nodige opleiding om by hierdie leerders ’n sterk taalontwikkeling op ’n informele wyse en spelenderwys onder die knie te kry nie. Die basiese beginsels in korrekte taalgebruik word ook nie by die kind aangemoedig nie. Die kind betree die eerste skooljaar in graad 1 reeds met ’n agterstand wat moeilik gedurende die eerste skooljaar, ingehaal word. In bogenoemde studie is daar gefokus op die verband tussen ʼn kindersorg-geletterdheidsomgewing en kinder- geletterdheids- en taalontwikkeling deur vier komponente te beklemtoon, naamlik: Die opvoeder-demografie met die klem op die opvoeder se opleiding, ouderdom, geletterdheidsvlak, opvoedkundige ervaring en inkomstevlak. Burchinal, Roberts, Riggins, Ziesel, Neebe en Bryant (2000) rapporteer dat hoe beter opvoeders opgelei is, hoe groter is die sukses vir leerders se ontwikkeling van taalvaardighede. Daarteenoor bevind Honig en Hirallel (1998) dat opvoeders wat vroeëkindopleiding en inligting aangaande kinderontwikkeling ontvang het, ’n sterker bydrae lewer tot voorskoolse leerders se taalvaardighede teenoor opvoeders in voorskoolse sentrums met ʼn lae opleidingsvlak. Die opvoeder se geletterdheidsgewoonte behels geleenthede vir leerders om te sien hoe opvoeders betrokke raak in geletterdheidsgewoontes. Leerders wat hul opvoeders sien lees en skryf word positief beïnvloed met gereelde betrokkenheid by hierdie geletterdheidsaktiwiteite (Honig en Hirallel, 1998). Die opvoeder-aktiwiteitskomponent verwys byvoorbeeld na die geletterdheidservaringe en - geleenthede wat in kindersorg gevind is en met kindergeletterdheid en taalontwikkeling verband hou. Navorsing bewys dat die beskikbaarheid van geletterdheidsbronne, taalgeleenthede en- aktiwiteite, sowel as die hoeveelheid verbale interaksie met versorgers ʼn invloed het op die voorskoolse leerder se kommunikasievaardighede, verbale intelligensie, prestasies en voorakademiese vaardighede (Bryant et al., 1994; Dickonson & Smith, 1994). Dickonson en Smith bevind dat die frekwensie en kwaliteit van opvoeder-kind- boeklees in kindersorgprogramme verband hou met leerders se taalgebruik en taalontwikkelingsgroei. Daarteenoor, bevind Dunn, Beach enKontos (1994) dat die kwaliteit van die lees- en skryfomgewing van kindersorgeenhede ʼn uitstekende deel van die verskil in kinders se verbale geletterdheidsvaardighede voorspel. Kinders se geletterdheidservaringe in kindersorgsentrums dien as voorganger vir die voorspelling van sukses van verbale taalvaardighede wanneer leerders graad 1 betree. Ander navorsing bewys weer dat die algemene geletterdheidskwaliteit van kindersorgeenhede, leerders se uitkomstes kan beïnvloed. Neuman (1999) bevind dat wanneer kindersorg- verskaffers opgelei is om ʼn ryk geletterdheidsomgewing vir leerders te skep, leerders 18

groter sukses behaal met konsepte soos teksbeskrywing en die vermoë om lettername te skryf. Daarteenoor bereik leerders in eenhede waar opvoeders nie spesiale opleiding in die verskaffing van geletterdheidsomgewings ontvang het nie, minder sukses met hierdie konsepte. Neuman en Celano (2001) rapporteer dat opvoeders se toewyding aan kindergeletterdheidsontwikkeling die waarde van die beskikbaarheid en gebruik van boeke in kindersorgklaskamers verhoog. Leerders kry groter blootstelling en verwerf meer begrip van konsepte soos teks, letternaam- kennis, skryf en beskrywing wanneer opvoeders ʼn aktiewe rol speel in die skep van ʼn ryk geletterdheidservaring in die klaskamers. Studies dui daarop dat die kwaliteit van die geletterdheidsomgewing in kindersorgeenhede geassossieer word met positiewe geletterdheid- en taaluitkomste vir graad 1-leerders. 2.5 Die ontwikkelling van die voorskoolse kind in ’n landelike omgewing Ouers in die lae sosio-ekonomiese groep ervaar bepaalde faktore wat veroorsaak dat hulle hulself in ʼn moeilike situasie bevind waarin toereikende opvoeding van die jong kind nie kan plaasvind nie. Spesifieke faktore soos materiële-, tyds-, ruimtelike-, agtergrond- en gebrekkige kennis van die kind en kinderontwikkeling, bepaal die opvoedingsituasie waarin die kinders van hierdie ouers hulle bevind. Ouers se opvoedingstyl word sterk beïnvloed deur oningeligtheid, ʼn druk werkprogram, moegheid en ʼn dikwels outokratiese ingesteldheid wat bydra tot die swak opvoedingsituasie. Hierdie opvoedingsituasie kan daartoe lei dat kinders nie vir formele onderrig gereed is nie (Pepler, 1995: 13). De Witt (2009: 315) beklemtoon die siklus van swak ouerleiding in die voorskoolse en jong kind naamlik: Onvoldoende ouerskap Onvoldoende kindgrootmaak-praktyke Die ontnemingvan geleenthede op emosionele, sosiale en intellektuele vlak Leeruitvalle Ongekwalifiseerde beroepe en werkloosheid, onvoldoende fondse om sosiale verpligtinge na te kom en Onstabiele en ongelukkige huwelike en die invloed op familielewe. Volgens Pretorius (2001) stel ouers ook ’n swak voorbeeld ten opsigte van leesgewoontes. Kinders het dus nie geleenthede om goeie leesstof te hanteer nie. Ouers verkies om strokiesverhale, sentimentele en geïllustreerde stories te lees. Die kind kry nie die geleentheid om na ’n biblioteek te gaan om goeie leesstof te bekom nie (Pretorius, 1990: 43). Die kind wat as gevolg van die ouer se swak linguistieke model en swak kommunikasie die taalarm kind is, is nie toegerus met die nodige woordeskat wat 19

2.4.6 Die invloed van kindersorg

Daniel et al. (2005: 209) beklemtoon die belangrikheid van kindersorg. Baie moeders word geforseer

om te gaan werk (Perry-Jenkins, Repetti, & Crouter, 2000). Die meerderheid kinders word gereeld

opgepas deur iemand anders as die ouer (Dickonson & Sprague, 2001). Die kindersorgpersoneel

beskik nie oor die nodige opleiding om by hierdie leerders ’n sterk taalontwikkeling op ’n informele

wyse en spelenderwys onder die knie te kry nie. Die basiese beginsels in korrekte taalgebruik word

ook nie by die kind aangemoedig nie. Die kind betree die eerste skooljaar in graad 1 reeds met ’n

agterstand wat moeilik gedurende die eerste skooljaar, ingehaal word.

In bogenoemde studie is daar gefokus op die verband tussen ʼn kindersorg-geletterdheidsomgewing en

kinder- geletterdheids- en taalontwikkeling deur vier komponente te beklemtoon, naamlik:

Die opvoeder-demografie met die klem op die opvoeder se opleiding, ouderdom, geletterdheidsvlak,

opvoedkundige ervaring en inkomstevlak. Burchinal, Roberts, Riggins, Ziesel, Neebe en Bryant

(2000) rapporteer dat hoe beter opvoeders opgelei is, hoe groter is die sukses vir leerders se

ontwikkeling van taalvaardighede. Daarteenoor bevind Honig en Hirallel (1998) dat opvoeders wat

vroeëkindopleiding en inligting aangaande kinderontwikkeling ontvang het, ’n sterker bydrae lewer tot

voorskoolse leerders se taalvaardighede teenoor opvoeders in voorskoolse sentrums met ʼn lae

opleidingsvlak.

Die opvoeder se geletterdheidsgewoonte behels geleenthede vir leerders om te sien hoe opvoeders

betrokke raak in geletterdheidsgewoontes. Leerders wat hul opvoeders sien lees en skryf word positief

beïnvloed met gereelde betrokkenheid by hierdie geletterdheidsaktiwiteite (Honig en Hirallel, 1998).

Die opvoeder-aktiwiteitskomponent verwys byvoorbeeld na die geletterdheidservaringe en -

geleenthede wat in kindersorg gevind is en met kindergeletterdheid en taalontwikkeling verband hou.

Navorsing bewys dat die beskikbaarheid van geletterdheidsbronne, taalgeleenthede en- aktiwiteite,

sowel as die hoeveelheid verbale interaksie met versorgers ʼn invloed het op die voorskoolse leerder se

kommunikasievaardighede, verbale intelligensie, prestasies en voorakademiese vaardighede (Bryant et

al., 1994; Dickonson & Smith, 1994). Dickonson en Smith bevind dat die frekwensie en kwaliteit van

opvoeder-kind- boeklees in kindersorgprogramme verband hou met leerders se taalgebruik en

taalontwikkelingsgroei. Daarteenoor, bevind Dunn, Beach enKontos (1994) dat die kwaliteit van die

lees- en skryfomgewing van kindersorgeenhede ʼn uitstekende deel van die verskil in kinders se

verbale geletterdheidsvaardighede voorspel. Kinders se geletterdheidservaringe in kindersorgsentrums

dien as voorganger vir die voorspelling van sukses van verbale taalvaardighede wanneer leerders

graad 1 betree. Ander navorsing bewys weer dat die algemene geletterdheidskwaliteit van

kindersorgeenhede, leerders se uitkomstes kan beïnvloed. Neuman (1999) bevind dat wanneer

kindersorg- verskaffers opgelei is om ʼn ryk geletterdheidsomgewing vir leerders te skep, leerders

18

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!