05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

die opsê van rympies, storievertelling, prentteken en speletjies wat jong kinders geniet. Hierdie ouer -

kind- aktiwiteite bevorder leerders se geletterdheids- en taaluitkomste (Baker, Serpell & Sonnenchein,

1995). Snow, Burns en Griffin (1998) bevestig dat bogenoemde taalontwikkeling bevorder.

Die ouer se siening van lees het ’n invloed op hul kinders se taal- en geletterdheidsontwikkeling.

Debaryshe (1995) meet dit aan:

Hulle rol as opvoeders van skoolverwante vaardighede

Positiewe beïnvloeding wat met lees assosieer word

Die waarde wat geheg word aan leerders se aktiewe verbale deelname wanneer daar

hardop gelees word

Die geskiktheid van die direkte lees-instruksie

Leerders se verwerwing van boekkennis

Die probleem van beperkte bronne en

Die buigsaamheid van taalontwikkeling.

Ouers se siening van lees, blyk hoë voorspellers te wees van beide graad van ouerblootstelling aan

hulle leerders, asook saam lees en die kwaliteit van ouer-kind- interaksies terwyl daar boeke gelees

word. In die algemeen is die ouer se houding rakende geletterdheid en hoe om dit by kinders in te

boesem, ʼn positiewe stap om taal te ontwikkel (Sonnenschein, Baker, Serpell, & Schmidt, 2000). Die

argument wat hier geloods word, is van uiterste belang vir die kind in die milieugestremde omgewing.

So ‘n kind word ontneem van die basiese voorregte wat die huis en familie behoort te bied vir die

ontwikkeling van die kind in die vroeë stadium van sy grootword proses.

Shapiro et al. (1998: 78) verwys na Hess en Halloway (1984) wat faktore geïdentifiseer het wat die

gesin se geletterdheidsvlak kan beïnvloed, naamlik:

Die ouers se leesgewoontes

Die lees van kinderstories

Verbale stimulasie tussen ouer en kind

Doelwitte wat aan die kind gestel word met die oog op motivering en die verbetering van

skolastiese prestasies en

Die beskikbaarheid van leesstof by die huis.

Volgens Shapiro et al. (1998: 80) is die beskikbaarheid van leesstof en die ouers se ingesteldheid

teenoor lees, die grootste voorspellers van toekomstige leesversteurings of sukses. Die kind uit die

taalarm omgewing bly in gebreke ten opsigte van die beskikbaarheid van leesstof wat ’n groot invloed

op taalontwikkeling vir die graad 1-leerder het.

17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!