Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
as die kindersorgsentrum-omgewing is twee primêre kontekste wat die jong kind direk beïnvloed in sy

taalontwikkeling. Die ontwikkelingspotensiaal van ʼn spesifieke omgewing word bespoedig wanneer

daar meer ondersteunende bande voorkom. Hy verwys na gemeenskaplike doelstellings, wedersydse

vertroue, positiewe verbintenisse en ervaringe waarmee die leerder hom- of haarself kan vereenselwig

met omgewings sodat hulle as deel van ʼn harmonieuse netwerkgroep kan funksioneer. McNaughton

(1995) wend Bronfenbrenner se ekologiese teorie aan om taalvaardighede by voorskoolse leerders te

ontwikkel en bevestig dat taalvaardighede in die huis en skool ontwikkel word. Die verhoudings

tussen aktiwiteite in elke omgewing mag egter verskil.

2.4.5 Die invloed van die huis en familie

ʼn Studie deur Burgess, Hecht en Logan (2002) bevind dat ’n taalarmhuis- en geletterdheidsomgewing

laer vlakke van leerders se mondelinge taal, letter-klank-kennis, fonologiese sensitiwiteit en woord-

dekoderingsvaardighede tot gevolg het. Navorsing oor die geletterdheidsomgewing in die huis fokus

primêr op die lees van boeke (Payne, Whitehurst, & Angell, 1994; Scarbourough & Dobrich, 1994).

Burgess et al. (2002) ondersoek drie wyses om huisgeletterdheid te konseptualiseer. Hulle onderskei

tussen die beperkte, die passiewe, en die aktiewe huisgeletterdheidsomgewing.

Die beperkte huisgeletterdheidsomgewing, verwys na die sosiale demografiese karaktereienskappe van

ouers (soos die ouers se opvoedingsvlak en skoolervaring) in die huis. Dit hou direk verband met

leerders se geletterdheids- en taalontwikkeling (Christian, Morrison, & Bryant, 1998; Snow, Barnes,

Chandler, Goodman & Hemphill, 1991). Die inkomste van die huisgesin bepaal ook die

geletterdheidsvlak van die kind (Duncan & Brooks-Gunn, 2000). Ouers se vlak van geletterdheid word

ook met leerders se geletterdheids- en taaluitkomste geassossieer. Gilger, Pennington en De Vries

(1991) het bevind dat daar ʼn groter waarskynlikheid is dat leerders wat leesprobleme ervaar, ook ouers

het met ondergemiddelde geletterdheidsvlakke. Burgess beskryf die geletterdheidsomgewing in die

huis soos die ouers se aktiwiteite wat leerders blootstel aan modelle van geletterdheid en taal (Burgess,

et al., 2002: 413). Daniel et al. (2005) beskryf ouergeletterdheidsgewoonte deur te verwys na ouers se

leesgewoontes, die persoonlike genot van lees en die tyd wat aan lees bestee word. Sulke

leesgewoontes van ouers lei tot positiewe leesuitkomste vir die leerder (Sonnenschein, Brody, &

Munsterman, 1996). Burgess et al. (2002) bevind dat ouers se geletterdheidsgewoontes met die van

hulle leerders korreleer ten opsigte van hulle mondelinge taal en fonologiese sensitiwiteit. Dit is

moontlik dat ouers wat meer gereeld lees en skryf, oor ʼn groter woordeskat beskik. Leerders wat hulle

ouers sien lees en skryf, vra meer vrae oor die leesmateriaal en ontwikkel ʼn ryker woordeskat deur die

interaksie met hulle ouers.

Bennett, Weigel en Martin (2002) bevind dat voorskoolse leerders se taal- en geletterdheidsuitkomste

verbeter het wanneer hulle ouers hulle blootstel aan verrykende aktiwiteite soos die sing van liedjies,

16