05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

word. Die organisering van inligting kan op perseptuele of konseptuele verhoudings gegrond word.

Bestaande kennis bepaal hoe die inligting onthou sal word en watter betekenis daaraan geheg sal word.

Een van die redes waarom ouer kinders beter as jonger kinders onthou, is hulle gebruik van

organisering as ʼn geheuestrategie. Die kwaliteit van hul organisering verskil ook van dié van jonger

kinders. Jonger kinders maak hoofsaaklik gebruik van die assosiatiewe groeperingsbeginsel. Kinders

gebruik ook hulle ruimtelike en sosiale kennis om inligting te organiseer sodat hul dit beter verstaan.

Indien inligting logies georganiseer is en ʼn samehangende geheel vorm, word dit beter onthou (Louw

et al., 2002: 339). Die navorser bevestig hierdie standpunt wat deur Louw gehuldig word en

beklemtoon die belangrikheid van herhaling in die onderrig van fonologiese en fonemiese bewustheid

by aanvangslesers. Die kind uit ʼn taalarm omgewing se sosiale kennis manifesteer op ʼn lae vlak,

benodig die herhalingstrategie om begrippe en konsepte vas te lê. Inskerpingsoefeninge is nodig om

die kind uit die taalarm omgewing en landelike agtergrond te stimuleer en onderrig.

2.4.4 Eksterne invloede op taalontwikkeling

Volgens Daniel et al. (2005: 204) het die ekologiese invloede van die huis en kindersorgsentrums ook

’n invloed op die voorskoolse kind se taalontwikkeling. Dit is die rede waarom die kind in die

landelike omgewing wat uit ’n taalarm omgewing afkomstig is, nie gereed is om aan die eise wat die

kurrikulum in graad 1 stel te voldoen nie.

Gedurende leerders se daaglikse ervaringe word hulle blootgestel daaraan om mondelinge

taalvaardighede te ontwikkel. Hulle doen kennis op van die verskillende vorme en funksies van

skriftelike taal en kry oefening in ontluikende taalvaardighede. Leerders bekom die vaardighede in taal

en geletterdheid in ʼn verskeidenheid van formele, sowel as informele opsette, ingesluit hul ouerhuise

(Purcell-Gates, 1996) en kindersorg-sentrums (Bryant, Burchinal, Lau, & Sparling, 1994; Dickonson

& Smith, 1994). Met inagneming van die kritiese rol wat die gesin en kindersorgsentrums in die lewe

van die voorskoolse kind speel, beklemtoon Daniel, Wiegel en Martin (2005: 206) die invloede

waaraan die leerder blootgestel word en die bereiking van sy taalvaardighede.

Voorskoolse leerders konstruktueer kennis van teks en begin om mondelinge taalvaardighede te

assossieer met geletterdheid (Dickonson & Smith, 1994).

Die sesjarige leerder se taalvermoë ontwikkel nie in isolasie nie, maar in ʼn ryk konteks van direkte en

indirekte invloede. Die ekologiese sisteem word gesien as ʼn reeks gekombineerde ervaringe (Daniel et

al., 2005: 207). Die leerders self is in die middel. Hulle unieke persoonlike karaktereienskappe en

ervaringe beïnvloed die rigting van hul taal- en geletterdheidsontwikkeling. Bronfenbrenner (1979)

teoretiseer dat kinderontwikkeling binne die konteks van verskillende sosiale geleenthede ontstaan en

dat dit belangrik is om uit te vind wat die interverhoudings onder die verskeidenheid kontekste is

wanneer daar na kinderontwikkeling gekyk word. Die ekologiese ervaring behels die konteks buite die

leerder self, maar slegs as dit direkte invloede op die leerder het. Die huis- en gesinsomgewing, sowel

15

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!