05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

omgewingsbepaling, asook die gevolg van invloede op ervarings van die kind, tesame met die

spesifieke maniere waarvolgens die kind gewaarwordings en persepsies rakende die omgewing

interpreteer en herorganiseer. Dit is duidelik dat hierdie faktore in ’n milieugestremde omgewing ’n

invloed op die jong kind se taalontwikkeling het, asook die ontwikkeling van lees in die aanvangsjare

van die kind. Die kind leer taal aan deur dit te hoor, dus moet fisiese aspekte soos gehoor,

spraakorgane, breinwerking en neurologiese intelligensies korrek ontwikkel. Die vermoë om taal te

leer is afhanklik van ’n biologiese rypwordingsproses (sien 2.4.1) (De Witt, 2009: 103).

Komponente van taal sluit in:

Fonologie: die reëls wat die struktuur en volgorde van letterklanke bepaal

Semantiek: die wyse waarop onderliggende konsepte in woorde uitgedruk word

Grammatika: die reëls oor hoe woorde in sinne gerangskik en gewysig word om betekenis

aan te dui en

Pragmatiek: die reëls om in ag te neem vir geskikte en effektiewe kommunikasie wat

berus op wat prakties en bruikbaar volgens feite is (Berk, 2003: 390).

Voor skooltoetrede behoort die kind in staat te wees om objekte te benoem, gebeurtenisse doeltreffend

te kan beskryf en homself in ʼn verstaanbare taal kan uitdruk. Hy moet ook in staat wees om inligting

te herhaal, stories oor te vertel, versoeke te stel en hoorbare en verstaanbare taal met gemak te gebruik.

Hy moet oor ʼn redelike woordeskat beskik en moet reeds sinne kan formuleer. Voordat hy skool toe

gaan, behoort hy sy naam, van, ouderdom en adres te kan weergee, ʼn redelike gesprek te kan voer en

opeenvolgende gebeure korrek te kan oorvertel. Die voorskoolse kind moet in staat wees om sy

aandag te rig en te hou op dinge wat met mekaar verband hou- soos wat ʼn taak vereis (Pepler, 1995:

9).

Louw et al. (2002: 249) verwys na die verbale of verstandelike herhaling van die inligting wat

gememoriseer moet word. Volgens Louw maak kleuters nie werklik van hierdie geheuestrategie

gebruik nie, maar ouer kinders wel. Na mate kinders ouer word, maak hulle meer gebruik van

herhaling as ʼn geheuestrategie. Alhoewel ouer kinders van jonger kinders verskil met betrekking tot

die aard en kwaliteit van hulle herhaling, is die aantal herhalings dieselfde. Indien ʼn woordelys,

byvoorbeeld kat, mens, lessenaar gememoriseer moet word, sal ouer kinders al die woorde een na die

ander herhaal, byvoorbeeld kat, mens, lessenaar, kat, mens, lessenaar, ... maar jonger kinders sal ʼn

woord oor en oor herhaal, byvoorbeeld kat, kat, kat... Ouer kinders is in staat om beter as jonger

kinders te onthou. Met toenemende ouderdom verander die herhalingstrategie dus van ʼn passiewe een-

woord-herhaling na ʼn meer saamgestelde of kumulatiewe herhaling van meer woorde in ʼn bepaalde

volgorde (Louw et al., 2002: 338). Organisering as ʼn geheuestrategie beteken dat inligting

saamgegroepeer of saamgeklassifiseer word in betekenisvolle eenhede sodat dit makliker onthou kan

14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!