Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

digitalknowledge.cput.ac.za
from digitalknowledge.cput.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

en sosiale omgewing saam taalontwikkeling bevorder tot voordeel van die voorskoolse en graad 1-kind (Berk, 2003: 390). Piaget sien grammatikale ontwikkeling as die neerslag van verstandelike ontwikkeling. Namate die kind insig verkry in die oorsaak-gevolg-verhouding tussen handelinge en gebeurtenissse, leer hy dit te verwoord. Hoewel Piaget van mening is dat die taal-en kognitiewe ontwikkeling van die kind hand aan hand gaan, maar dat denke voor taal ontwikkel, is Vygotsky van mening dat taal- en kognitiewe ontwikkeling aanvanklik onafhanklik van mekaar geskied. Volgens Vygotsky verklaar dit ook die skielike vordering wat op tweejarige ouderdom in die kind se taalontwikkeling plaasvind. Dit is belangrik om te onthou dat die vermoë om taal aan te leer afhanklik is van ʼn biologies rypwordende funksie (De Witt, 2009: 106). 2.4 Die ontwikkeling van die voorskoolse kind 2.4.1 Die rypwordingsproses van die kind Die rypwordingsproses is ’n voortdurende proses wat oor ’n leeftyd plaasvind en is een van die belangrikste aspekte in die ontwikkeling van die individu (De Witt, 2009: 4). Die volgende is voorbeelde van veranderinge wat deur ryping bepaal word: die ontwikkeling van motoriese vaardighede soos staan en loop; die volgorde waarin tande verskyn en veranderinge in die kind se liggaamsproporsie en -grootte. Dit bring mee dat die klein kind globale armbewegings kan uitvoer voordat hy/sy vingers afsonderlik kan beweeg. Die kind leer byvoorbeeld eers sy nekspiere beheer, later sy armspiere en nog later sy beenspiere. Die orde waarvolgens ryping plaasvind, bring’n bepaalde verloop in die rypingsproses mee. Ryping en leer is ineen verweef. Ryping is interafhanklik van leer, maar is ook ’n voorwaarde vir leer. (De Witt, 2009: 5). Die skrywer beklemtoon dat die rypwordingsproses deur die fisieke faktore (ryping van die spraakorgane), psigiese gereedheid (die eise wat die verwerwing van ʼn taalsisteem vra), ryping (ryping van die brein en aanverwante neurologiese sisteme, veral die assosiasie-area) en intelligensie bepaal word (De Witt, 2009: 109). Die kind se rypwording word bepaal deur: Vermoëns om te konsentreer en aandag te skenk Selfmotivering om te leer Gesondheid Intelligensie en Die omgewing waarin die kind op grootword (Davin & Van Staden, 2004: 5). 12

Die ontwikkeling van die voorskoolse kind is belangrik vir hierdie studie aangesien die kurrikulumvereistes vir graad R en 1 ’n wye omvang van kennis, vaardighede, waardes en houdings omsluit. Daar is ’n duidelike verband tussen motoriese ontwikkeling en taalontwikkeling. De Witt (2009: 324) beweer dat kinders wat nie blootstelling aan fisiese aspekte gehad het nie, agterstande reeds op die eerste skooldag toon. Die kind kan agterstande in liggaamsbou, kognitiewe vaardighede toon en dit vergestalt ’n lae selfbeeld (Penn, 2005: 44). 2.4.2 Motoriese ontwikkeling Die ouer as primêre opvoeder vorm ʼn belangrike komponent in die ontwikkeling van taal by die voorskoolse kind. Aansienlike liggaamlike motoriese ontwikkeling en die aanleer van nuwe vaardighede vind gedurende hierdie fase plaas. Vanaf geboorte beleef die kind sy wêreld deur sy liggaam. Kinders se motoriese ontwikkeling is afhanklik van hulle totale liggaamlike ontwikkeling. Ten einde te kan kruip, loop, klim en vasvat, moet ʼn sekere vlak van skeletale, senuwee- en spierontwikkeling eers bereik word. Twee belangrike fasette van motoriese ontwikkeling, is voortbeweging en handvaardigheid (Louw, Van Ede en Louw, 2002: 169). Daar is twee soorte motoriese vaardighede wat gedurende die kleuterfase ontwikkel, naamlik die aanvanklike grootmotoriese en daarna die fynmotoriese vaardighede. Grové et al. (1992: 2) beskryf grootmotoriese ontwikkeling as groot spierbewegings van die liggaam. ’n Kind met swak of onvoldoende grootmotoriese bewegings is lomp, stamp teen alles en is onwillig om aan sportaktiwiteite deel te neem omdat hy nie ’n bal kan vang nie en ook nie op ʼn lyn kan balanseer nie. Buitespel-aktiwiteite help in die ontwikkelling van lateraliteit en posisie in die ruimte wat nodig is vir skryf. Dit bou ook die kind se selfvertroue en bied geleenthede om te praat oor wat hy kan doen. Fynmotoriese ontwikkeling word deur Grové et al. (1988: 98) beskryf as fyn spierbewegings van die liggaam. Daar word van die kind verwag om ’n aantal akkurate bewegings met die vingers en die hande uit te voer, byvoorbeeld wanneer hy teken, inkleur, nateken en skryf. Die ontwikkeling van fyn spiere word bevorder deur knope vas te maak, strikkies te bind, te teken, in te kleur, te skryf of enige ander taak uit te voer waarvoor hy sy vingers moet gebruik. 2.4.3 Taalontwikkeling Taalontwikkeling speel ’n krities belangrike rol in die ontwikkeling van die jong kind aangesien taalontwikkeling geletterdheid voorafgaan en noodsaaklik is vir leer in sy verdere skoolloopbaan. Sonder taal kan die kind nie leer lees nie. Volgens de Witt (2009: 7) is daar drie basiese faktore wat ’n rol speel by die ontwikkeling van die kind, naamlik aangebore genetiese bepaling, 13

en sosiale omgewing saam taalontwikkeling bevorder tot voordeel van die voorskoolse en

graad 1-kind (Berk, 2003: 390).

Piaget sien grammatikale ontwikkeling as die neerslag van verstandelike ontwikkeling.

Namate die kind insig verkry in die oorsaak-gevolg-verhouding tussen handelinge en

gebeurtenissse, leer hy dit te verwoord. Hoewel Piaget van mening is dat die taal-en

kognitiewe ontwikkeling van die kind hand aan hand gaan, maar dat denke voor taal

ontwikkel, is Vygotsky van mening dat taal- en kognitiewe ontwikkeling aanvanklik

onafhanklik van mekaar geskied. Volgens Vygotsky verklaar dit ook die skielike vordering

wat op tweejarige ouderdom in die kind se taalontwikkeling plaasvind.

Dit is belangrik om te onthou dat die vermoë om taal aan te leer afhanklik is van ʼn biologies

rypwordende funksie (De Witt, 2009: 106).

2.4 Die ontwikkeling van die voorskoolse kind

2.4.1 Die rypwordingsproses van die kind

Die rypwordingsproses is ’n voortdurende proses wat oor ’n leeftyd plaasvind en is een van die

belangrikste aspekte in die ontwikkeling van die individu (De Witt, 2009: 4). Die volgende is

voorbeelde van veranderinge wat deur ryping bepaal word: die ontwikkeling van motoriese

vaardighede soos staan en loop; die volgorde waarin tande verskyn en veranderinge in die kind se

liggaamsproporsie en -grootte. Dit bring mee dat die klein kind globale armbewegings kan uitvoer

voordat hy/sy vingers afsonderlik kan beweeg. Die kind leer byvoorbeeld eers sy nekspiere beheer,

later sy armspiere en nog later sy beenspiere. Die orde waarvolgens ryping plaasvind, bring’n bepaalde

verloop in die rypingsproses mee. Ryping en leer is ineen verweef. Ryping is interafhanklik van leer,

maar is ook ’n voorwaarde vir leer. (De Witt, 2009: 5). Die skrywer beklemtoon dat die

rypwordingsproses deur die fisieke faktore (ryping van die spraakorgane), psigiese gereedheid (die

eise wat die verwerwing van ʼn taalsisteem vra), ryping (ryping van die brein en aanverwante

neurologiese sisteme, veral die assosiasie-area) en intelligensie bepaal word (De Witt, 2009: 109).

Die kind se rypwording word bepaal deur:

Vermoëns om te konsentreer en aandag te skenk

Selfmotivering om te leer

Gesondheid

Intelligensie en

Die omgewing waarin die kind op grootword (Davin & Van Staden, 2004: 5).

12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!