Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

digitalknowledge.cput.ac.za
from digitalknowledge.cput.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

mens. ʼn Persoon wat goed kan lees, kan meer effektief funksioneer in alledaagse aktiwiteite, kan sy emosionele en intellektuele behoeftes meer bevredig en kan beter presteer op skool. Tussen 80%-90% van alle studie-aktiwiteite op skoolvlak benodig lees. Walker, Greenwood, Hart en Carta (1994) bevind dat voorskoolse leerders se taal die leessukses in grade 1 tot 3 bepaal terwyl Scarborough (1991) bewys dat beskrywende woordeskatvaardighede gedurende die voorskoolse jare leesvaardighede in graad 2 voorspel. Lees om te leer word meer belangrik omdat dit ʼn verskeidenheid van prestasiemoontlikhede vir elke kind bied (Grové et al., 1988: 1). Die geletterdheidsvlak by die ouerhuis en die ouers se ingesteldheid teenoor lees kan risiko-faktore vir toekomstige leesversteurings wees. Vervolgens word die literatuurondersoek beskryf met die klem op die ontwikkeling van klankbewustheid en integrasie van al die ander assesseringstandaarde. 2.2 Kurrikulumvereistes vir graad R en graad 1 In die Geletterdheidsleerarea van die Nasionale Kurrikulumverklaring (Departement van Onderwys, 2002) word uitkoms een, naamlik LUISTER, beklemtoon. Die assesseringstandaarde vir hierdie komponent in graad R en graad 1 stem baie ooreen. Daar is die volgende ooreenkomste: Die leerder luister aandagtig na vrae, instruksies en aankondigings en reageer gepas Die leerders toon gepaste luistergedrag deur te luister sonder om te onderbreek, respek vir die spreker te toon en beurte te neem om te praat Die leerder luister met genot na mondelinge tekste (eenvoudige liedjies, rympies, kort gedigte en stories) en toon begrip en Die leerder ontwikkel klankbewustheid. Die enigste verskil in graad 1 is dat die leerder gepas op raaisels en grappies reageer, asook na boodskappe luister en dit korrek oordra. Dit is duidelik dat luistervaardighede in die kurrikulum weerspieël en beklemtoon word. Leeruitkoms twee is geïntegreer in die studie en beklemtoon PRAAT. Dit vorm ’n integrale deel van al ses leeruitkomstes. Leeruitkoms drie word ook in die studie beklemtoon, naamlik LEES en KYK. Hierdie assesseringstandaarde word in graad R en I aangespreek. Daar word klem gelê op: Die gebruik van visuele leidrade om betekenis te skep Rolspel- lees Die skep van betekenis uit geskrewe teks en Die herken van woorde en letters en die skep van betekenis daaruit asook die ontwikkeling van klankbewustheid. 10

Daar is slegs een verskil: Die assesseringstandaard, Lees vir inligting en genot, word in graad 1 bygevoeg. Leeruitkoms ses wat die komponent van TAALSTRUKTUUR en TAALGEBRUIK insluit, omvat die volgende assesseringstandaarde in graad R en 1: Bring klanke in verband met letters en woorde Werk met woorde Werk met sinne Werk met tekste en Gebruik taal vir interaksie. In graad R en 1 word dieselfde assesseringstandaarde beklemtoon met slegs een verskil in graad 1, naamlik die byvoeging en ontwikkelling van kritiese taalbewustheid. Dit is belangrik om die verskille en ooreenkomste in die twee grade aan te dui omdat daar ʼn noue verband tussen die twee grade bestaan en dit duidelik is dat die voorskoolse kind ten opsigte van taalgebruik gestimuleer behoort te word voor skooltoetrede. Klankbewustheid maak ʼn integrale deel uit van die kurrikulum vir die ontwikkeling van geletterdheid. Dit is dus noodsaaklik dat daar in beide graad R en 1 die nodige tyd bestee word aan die ontwikkeling van fonologiese en fonemiese bewustheid. 2.3 Teorieë ten opsigte van taalontwikkeling Volgens De Witt (2009: 105) word die volgende teorieë in taalontwikkeling beskryf: Volgens die behavioristiese siening word taal aangeleer deur middel van kondisionering en nabootsing. Deur nabootsing leer die kind goeie sinsbou aan. Nie-behavioriste bevraagteken hierdie verklaring, omdat ouers eerder konsentreer op die betekenis van die sin as op sinsbou. Chomsky verskil drasties van die siening dat taal sistematies uit die omgewing, en versterk deur belonings, aangeleer word. Hy voer aan dat babas met ʼn ingebore taalverwerwingsmeganisme gebore word. Hierdie meganisme stel die taalgebruiker in staat om die reëls van die taal te ontdek deur by die eenvoudige reëls te begin en te vorder na die wat komplekser is. Daar word dus veronderstel dat die mens ʼn inherente vermoë het om ʼn taal aan te leer. Die Nativistiese perspektief maak aanspraak op die feit dat, sodra kinders oor genoegsame woordeskat beskik, hulle grammatikaal en verstaanbaar in enige taal kan praat. Interaktiewe teorieë beklemtoon dat daar ʼn sterk behoefte aan interaksie by mense is en dat die mens oor ingebore bevoegdhede daarvoor beskik. Dit fokus dus op die feit dat ʼn ryk taal- 11

Daar is slegs een verskil: Die assesseringstandaard, Lees vir inligting en genot, word in graad 1

bygevoeg.

Leeruitkoms ses wat die komponent van TAALSTRUKTUUR en TAALGEBRUIK insluit, omvat die

volgende assesseringstandaarde in graad R en 1:

Bring klanke in verband met letters en woorde

Werk met woorde

Werk met sinne

Werk met tekste en

Gebruik taal vir interaksie.

In graad R en 1 word dieselfde assesseringstandaarde beklemtoon met slegs een verskil in graad 1,

naamlik die byvoeging en ontwikkelling van kritiese taalbewustheid. Dit is belangrik om die verskille

en ooreenkomste in die twee grade aan te dui omdat daar ʼn noue verband tussen die twee grade

bestaan en dit duidelik is dat die voorskoolse kind ten opsigte van taalgebruik gestimuleer behoort te

word voor skooltoetrede.

Klankbewustheid maak ʼn integrale deel uit van die kurrikulum vir die ontwikkeling van geletterdheid.

Dit is dus noodsaaklik dat daar in beide graad R en 1 die nodige tyd bestee word aan die ontwikkeling

van fonologiese en fonemiese bewustheid.

2.3 Teorieë ten opsigte van taalontwikkeling

Volgens De Witt (2009: 105) word die volgende teorieë in taalontwikkeling beskryf:

Volgens die behavioristiese siening word taal aangeleer deur middel van kondisionering en

nabootsing. Deur nabootsing leer die kind goeie sinsbou aan. Nie-behavioriste bevraagteken

hierdie verklaring, omdat ouers eerder konsentreer op die betekenis van die sin as op sinsbou.

Chomsky verskil drasties van die siening dat taal sistematies uit die omgewing, en versterk

deur belonings, aangeleer word. Hy voer aan dat babas met ʼn ingebore

taalverwerwingsmeganisme gebore word. Hierdie meganisme stel die taalgebruiker in staat

om die reëls van die taal te ontdek deur by die eenvoudige reëls te begin en te vorder na die

wat komplekser is. Daar word dus veronderstel dat die mens ʼn inherente vermoë het om ʼn taal

aan te leer.

Die Nativistiese perspektief maak aanspraak op die feit dat, sodra kinders oor genoegsame

woordeskat beskik, hulle grammatikaal en verstaanbaar in enige taal kan praat.

Interaktiewe teorieë beklemtoon dat daar ʼn sterk behoefte aan interaksie by mense is en dat

die mens oor ingebore bevoegdhede daarvoor beskik. Dit fokus dus op die feit dat ʼn ryk taal-

11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!