Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Glossarium Fonologie Du Toit (1982: 81) beskryf fonologie as spraakklanke in hul taalfunksie. Volgens (Rigby, 1997: 6) is fonologie die sisteem van klanke in mondelinge taal. Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (2005: 242) definieer hierdie begrip as ʼn studie van foneme en onderskeidende klankkenmerke van die klanksisteem van ʼn taal; studie van spraakklanke as funksionele elemente in die taal; studie van die reëls op klankgebied. Die fonologie bestudeer klanke nie as losstaande eenhede nie, maar as deel van ʼn sisteem. Fonologiese bewustheid Griffith, Klesius en Kromrey (1992) verwys na fonologiese bewustheid as ʼn metalinguistieke vermoë wat ʼn leerder toelaat om te reflekteer op aspekte van die gesproke taal. Roger Sensenbaugh (1996) beskryf dit as ʼn bewustheid dat woorde bestaan uit lettergrepe, aanvangsrym en foneme en sodoende ʼn breër begrip as fonemiese manipulering. Farris, Fuhler en Walther (2004: 110) beskryf fonologiese bewussyn as: “a general appreciation of the sound of speech as distinct from their meaning”. Na aanleiding van Joubert, Bester en Meyer (2006: 242) kan fonologiese bewussyn ook klankbewussyn genoem word en dit beteken eerstens dat leerders begin verstaan dat taal saamgestel word uit individuele woorde. Tweedens raak leerders daarvan bewus dat woorde uit lettergrepe bestaan. Derdens begin leerders begryp dat lettergrepe individuele klanke bevat. Fonemiese bewustheid Dit is die vermoë om individuele klanke in woorde te hoor. Dit is om te verstaan dat spraak uit individuele klanke bestaan (Rigby,1997: 6). Gedurende die laat 1970’s en vroeë 1980’s, verwys sommige van die literatuur na fonemiese bewustheid as linguistiese bewustheid, linguistiese insig, fonemiese analise of fonemiese kennis. Joubert et al. (2006: 242) verwys na fonemiese bewussyn en sê dat verskillende klanke, foneme genoem word en dat woorde uit individuele klanke bestaan. Foneme ʼn Funksionele spraakklank word ʼn foneem genoem (Du Toit, 1982: 81). ʼn Foneem is die kleinste klanksegment waardeur woorde onderskei kan word (Du Toit, 1982: 83). Yopp (1992) beskryf foneme as die kleinste eenheid van taal. li
Volgens die HAT (2005: 242) word foneme beskryf as die kleinste lineêre kenmerk van ʼn woord, ook in ander woorde erken; onderskeidende segment van woorde. Die bry-r en die gewone r is variante van dieselfde foneem. Foneme is die kleinste elemente van ʼn taal, wat deur mense wat die taal praat, as nie verder deelbaar gevoel word nie. ʼn Foneem kan ook gesien word as ʼn bundel onderskeidendende kenmerke Joubert et al. (2006: 243) verwys daarna dat foneme letters of lettergroepe verteenwoordig. Grafeme Die 26 simboliese letters van die alfabet (Rigby, 1997: 6). ʼn Grafeem word ook beskryf as ʼn klas letters wat ʼn klankeenheid voorstel (HAT, 2005: 330). Klanke Die verskillende maniere om leerders die verband tussen spel- en klankpatrone te onderrig. Die komplekse verband tussen klanke of taal en die sisteem van spelling in woorde (Rigby, 1997: 6). Literatuur verwys na klanke as die klank van woorde of woordaanval -vaardighede tesame met die bemeestering van die vaardigheid en slag van ʼn toets (Rigby, 1997: 7). Die HAT (2005: 564) beskryf ʼn klank as ʼn geluid wat die gehoor tref. Dit word ook as ʼn geartikuleerde spraakgeluid gedefinieer: ʼn Woord is ʼn opeenvolging van klanke. Die klank [a] en die klank [n] word deur verskillende stande van die spraakorgane voortgebring. Ortografie Die sisteem van spelling en leestekens (Rigby, 1997: 6). Alfabetiese beginsel Volgens Joubert et al. (2006: 243) word daar na die alfabetiese beginsel verwys as die leerder se vermoë om klanke met geskrewe letters te verbind. Daar is sistematiese verwantskap tussen letters en klank. Beginrym Die aanvanklike konsonant of konsonant -samevloeiing soos in die klank [bᴐ] in die woord bok (Rigby, 1997: 6). Die beginrym kan verwys na enige klank voor die eerste vokaal in ʼn woord. Die HAT (2005: 75) definieer beginrym as rym van beginklanke van woorde in ʼn versreël; alliterasie. lii
- Page 111 and 112: aktiwiteite word eers prakties uitg
- Page 113 and 114: word eerste, laaste en in die midde
- Page 115 and 116: 6.2.6 Aanbevelings ten opsigte van
- Page 117 and 118: Die rol van ouerbetrokkenheid in di
- Page 119 and 120: Bibliografie Adams, M.J. 1990. Begi
- Page 121 and 122: Bradley, L. & Bryant, P. E. 1983. C
- Page 123 and 124: Davies, A. & Ritchie, D. 2003. THRA
- Page 125 and 126: Ehri, L.C.1999. Phases of developme
- Page 127 and 128: Hatcher, P.J., Hulme, C. & Snowling
- Page 129 and 130: Latsky, S. 1998. Die verband tussen
- Page 131 and 132: McKee, P. 1934. Reading and literat
- Page 133 and 134: Phillips, B.M., Menchetti, J.C. & L
- Page 135 and 136: Snow, C.E., Burns, M.S. & Griffen,
- Page 137 and 138: Westheimer, M. 1997. Ready or not:
- Page 139 and 140: Bylaag A: Etiese verklaring - Toest
- Page 141 and 142: Bylaag B: Voortoets / Natoets vir F
- Page 143 and 144: Bylae C: Die Yopp-Singertoets vir F
- Page 145 and 146: 9. weg 20. by 10.die 21. bo 11. vet
- Page 147 and 148: Bylae D: Werkvel 2 - Woordegeheue x
- Page 149 and 150: Bylae D: Werkvel 4 - Ouditiewe Gehe
- Page 151 and 152: Bylae E Werkvelle: Intervensieprogr
- Page 153 and 154: xlii
- Page 155 and 156: xliv
- Page 157 and 158: xlvi
- Page 159 and 160: xlviii
- Page 164: Rym Daar kan na rym verwys word as
Glossarium

Fonologie

Du Toit (1982: 81) beskryf fonologie as spraakklanke in hul taalfunksie.

Volgens (Rigby, 1997: 6) is fonologie die sisteem van klanke in mondelinge taal.

Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (2005: 242) definieer hierdie begrip as ʼn

studie van foneme en onderskeidende klankkenmerke van die klanksisteem van ʼn taal; studie van

spraakklanke as funksionele elemente in die taal; studie van die reëls op klankgebied. Die fonologie

bestudeer klanke nie as losstaande eenhede nie, maar as deel van ʼn sisteem.

Fonologiese bewustheid

Griffith, Klesius en Kromrey (1992) verwys na fonologiese bewustheid as ʼn metalinguistieke vermoë

wat ʼn leerder toelaat om te reflekteer op aspekte van die gesproke taal. Roger Sensenbaugh (1996)

beskryf dit as ʼn bewustheid dat woorde bestaan uit lettergrepe, aanvangsrym en foneme en sodoende ʼn

breër begrip as fonemiese manipulering.

Farris, Fuhler en Walther (2004: 110) beskryf fonologiese bewussyn as: “a general appreciation of the

sound of speech as distinct from their meaning”. Na aanleiding van Joubert, Bester en Meyer (2006:

242) kan fonologiese bewussyn ook klankbewussyn genoem word en dit beteken eerstens dat leerders

begin verstaan dat taal saamgestel word uit individuele woorde. Tweedens raak leerders daarvan

bewus dat woorde uit lettergrepe bestaan. Derdens begin leerders begryp dat lettergrepe individuele

klanke bevat.

Fonemiese bewustheid

Dit is die vermoë om individuele klanke in woorde te hoor. Dit is om te verstaan dat spraak uit

individuele klanke bestaan (Rigby,1997: 6). Gedurende die laat 1970’s en vroeë 1980’s, verwys

sommige van die literatuur na fonemiese bewustheid as linguistiese bewustheid, linguistiese insig,

fonemiese analise of fonemiese kennis.

Joubert et al. (2006: 242) verwys na fonemiese bewussyn en sê dat verskillende klanke, foneme

genoem word en dat woorde uit individuele klanke bestaan.

Foneme

ʼn Funksionele spraakklank word ʼn foneem genoem (Du Toit, 1982: 81).

ʼn Foneem is die kleinste klanksegment waardeur woorde onderskei kan word (Du Toit, 1982: 83).

Yopp (1992) beskryf foneme as die kleinste eenheid van taal.

li