Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

digitalknowledge.cput.ac.za
from digitalknowledge.cput.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

gereed te maak vir leesonderrig. Die aanbeveling dat die gebalanseerde benadering tot lees in alle skole toegepas behoort te word, wek kommer by die navorser, aangesien daar nie voldoende riglyne en tydstoewysing aangedui word nie. Joubert et al. (2006: 301) verwys na die gebalanseerde benadering tot geletterdheidsontwikkeling as ʼn benadering of ingesteldheid wat die uitgangspunt huldig dat leerders nie eers aan ʼn gereedheidsprogram wat op die werwing van subvaardighede berus, onderwerp hoef te word, alvorens hulle gelei word om regte boeke te hanteer, te lees en vir werklike doeleindes te skryf nie. Hierdie vaardigheid word gelyklopend aangeleer en ingeoefen. Die gereedmakingsproses behoort te fokus op luistervaardighede wat deur middel van fonologiese en fonemiese bewustheid ingeskerp word, asook die ontwikkeling van motoriese vaardighede, perseptuele vaardighede, sowel as ouditiewe vaardighede. Leerders uit ʼn taalarm omgewing wat nie aan graad R-onderrig blootgestel is nie, is nie in staat om op die eerste skooldag alreeds aan formele leesonderrig blootgestel te word nie. Hierdie leerders behoort aan ʼn intensiewe intervensieprogram blootgestel te word wat die fonologiese en fonemiese bewustheid onderrig om die nodige vaardighede te ontwikkel wat die leerder in aanvangslees sal help. Die Nasionale Kurrikulumverklaring (Departement van Onderwys: 2002) maak voorsiening vir die onderrig van fonologiese en fonemiese bewustheid, maar daar word nie duidelike riglyne verskaf ten opsigte van tyd en vaardighede aangedui nie. Klankbewustheid word as ʼn integrale deel van die kurrikulum gesien, maar daar word nie genoeg leiding aan opvoeders gegee hoe om dit te onderrig nie Die probleem is gestel en toegelig, die doel van die studie is uiteengesit en die metodes wat aangewend is, is kortliks genoem. In hoofstuk 2 word die ontwikkeling van taal uit die voorskoolse kinderomgewing, leesbenaderings, fonologiese en fonemiese bewustheid wat die hooftema van die studie vorm, in besonderhede toegelig. 8

Hoofstuk 2 Literatuurstudie 2.1 Inleiding “It is sometimes said that no one has to teach children to talk; yet they master the huge and complex body of knowledge needed to use language by about age five” (Fountas & Pinnell, 1996: 11). Sonder taal kan lees nie plaasvind nie, dus is taal krities belangrik vir die leesproses. Die verstandige opvoeder in die grondslagfase behoort toe te sien dat elke kind in haar/sy klas ʼn voorbereidende leesprogram wat deel is van perseptuele ontwikkeling deurwerk voordat daar met formele onderrig van lees begin word. Hierdie voorbereidende leesprogram sal die leerder in staat stel om hom/haar voor te berei vir konsepte wat in die formele onderrigsituasie benodig word. Die duur van ʼn voorbereidende program sal van die vordering van die kind afhang. Volgens navorsers (Snowling, 2001: 44, Goswami, 2002: 146, Shapiro, Accardo & Capute, 1998: 75) speel die vaslegging van fonologiese bewustheidsvaardighede ’n belangrike rol by die leerder se vermoë om te leer lees. Indien die leerder goeie insig in die fonologiese struktuur van gesproke woorde toon, sal dit die leerder in staat stel om die alfabetiese beginsels (geskrewe letters wat klanksegmente van woorde voorstel) te kan ontdek en verstaan (Snowling, 2001: 44). Indien die leerder in graad R en 1 probleme ondervind met leesverwante vaardighede van fonologiese en fonemiese bewustheid, toon hy gebrekkige insig in die alfabetiese beginsel. Dit manifesteer in die formele onderrig van lees waar leerders nie assosiasies met die alfabet se letter-klankkorrespondering kan maak nie. Shapiro, Bruce, Accardo, Pasquale, Capute en Arnold (1998: 77) beweer dat die kwaliteit van ʼn kind se toekoms verband hou met die kwaliteit van sy skoolloopbaan. Die mens bevind hom vandag in ʼn wêreld waar die belangrikheid van lees meer en meer toeneem. Lees is een van die doeltreffendste middels waardeur die mens hom nie alleen in die verlede kan inleef nie, maar ook die hede kan verstaan, want dit stel die mens in staat om die wêreld waarin hy hom bevind te verstaan. Lees is onmisbaar vir die persoonlikheidsvorming van die kind. Lees bevorder die ontwikkeling van die verstandelike, emosionele, sosiale, sedelike, kulturele, beroepskundige en religieuse lewe van die 9

gereed te maak vir leesonderrig. Die aanbeveling dat die gebalanseerde benadering tot lees in alle

skole toegepas behoort te word, wek kommer by die navorser, aangesien daar nie voldoende riglyne en

tydstoewysing aangedui word nie.

Joubert et al. (2006: 301) verwys na die gebalanseerde benadering tot geletterdheidsontwikkeling as ʼn

benadering of ingesteldheid wat die uitgangspunt huldig dat leerders nie eers aan ʼn

gereedheidsprogram wat op die werwing van subvaardighede berus, onderwerp hoef te word, alvorens

hulle gelei word om regte boeke te hanteer, te lees en vir werklike doeleindes te skryf nie. Hierdie

vaardigheid word gelyklopend aangeleer en ingeoefen. Die gereedmakingsproses behoort te fokus op

luistervaardighede wat deur middel van fonologiese en fonemiese bewustheid ingeskerp word, asook

die ontwikkeling van motoriese vaardighede, perseptuele vaardighede, sowel as ouditiewe

vaardighede. Leerders uit ʼn taalarm omgewing wat nie aan graad R-onderrig blootgestel is nie, is nie

in staat om op die eerste skooldag alreeds aan formele leesonderrig blootgestel te word nie. Hierdie

leerders behoort aan ʼn intensiewe intervensieprogram blootgestel te word wat die fonologiese en

fonemiese bewustheid onderrig om die nodige vaardighede te ontwikkel wat die leerder in

aanvangslees sal help. Die Nasionale Kurrikulumverklaring (Departement van Onderwys: 2002) maak

voorsiening vir die onderrig van fonologiese en fonemiese bewustheid, maar daar word nie duidelike

riglyne verskaf ten opsigte van tyd en vaardighede aangedui nie. Klankbewustheid word as ʼn integrale

deel van die kurrikulum gesien, maar daar word nie genoeg leiding aan opvoeders gegee hoe om dit te

onderrig nie

Die probleem is gestel en toegelig, die doel van die studie is uiteengesit en die metodes wat

aangewend is, is kortliks genoem. In hoofstuk 2 word die ontwikkeling van taal uit die voorskoolse

kinderomgewing, leesbenaderings, fonologiese en fonemiese bewustheid wat die hooftema van die

studie vorm, in besonderhede toegelig.

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!