Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

digitalknowledge.cput.ac.za
from digitalknowledge.cput.ac.za More from this publisher
05.05.2013 Views

ʼn Literatuurstudie is onderneem om die navorser te vergewis van kinderontwikkeling, die agterstand van kinders uit ʼn taalarm omgewing, asook strategieë vir ontwikkeling van fonologiese en fonemiese bewustheid en leesstrategieë om teoretiese begronding te bied vir die studie. Die studie vergewis die navorser van reeds bestaande programme ten opsigte van fonologiese bewustheid, fonemiese bewustheid en letter-klankkorrespondering, sowel as moontlike tekortkominge in die onderrig van aanvangslees, omdat baie leerders probleme ondervind met die bemeestering van leesvaardighede. 1.6.2 Empiriese ondersoek Toestemming is van die Onderwysdepartement verkry om die empiriese studie by genoemde skool te doen. ‘n Etiese klaring is deur die Skoolbeheerliggaam verkry (sien Bylaag A). Die navorsing is in twee fases gedoen. ʼn Verteenwoordigende groep van dertien leerders in ʼn Afrikaanssprekende graad 1-klas van een skool in ʼn landelike omgewing in die Kaapse Wynlanddistrik is vir die navorsingstudie gekies. Die ouderdomme wissel tussen vyf jaar en ses maande tot vyf jaar en nege maande. Hierdie groep leerders het geen blootstelling aan graad R-onderrig nie en het dus geen stimulasie ter voorbereiding vir formele onderrig in graad 1 gehad nie. Hierdie groep leerders beskik ook oor geen agtergrond rakende die fonologiese en fonemiese bewustheid wat alreeds in graad R ontwikkel behoort te wees nie. Die ondersoek is deur middel van aksienavorsing gedoen. ʼn Informele voortoets (sien Bylaag B) is uitgevoer om te bepaal op watter vlak die leerders se begrip van fonologiese en fonemiese bewustheid is. In fase een is ʼn proefgroep van dertien leerders vir ʼn tydperk van ses weke onderrig. Hulle is onderrig volgens ʼn bestaande fonologiese program met die fokus op ouditiewe persepsie, asook ʼn geïntegreerde fonemiese program wat vir graad R ontwikkel is. Hierdie program is vir drie dae per week gevolg in die eerste 15 minute van die geletterdheidsperiode. Dieselfde prosedure soos by fonologiese bewustheid is in fase twee gevolg tydens die intervensieprogram vir fonemiese bewustheid en letter-klankkorrespondering. ʼn Toets wat as 'n natoets (sien Bylaag C) ontwikkel is, is aan proefpersone gegee om vas te stel of die gewenste resultaat bereik is. Die observasie-metode is gebruik om die begrip van fonologiese en fonemiese bewustheid, asook die reaksie by die leerders waar te neem. Aan die einde van die ses weke het die proefgroep ʼn gestruktureerde natoets (sien Bylaag B) in die vorm van 'n vraelys ontvang om te bepaal of fonologiese bewustheid deur die proefgroep bemeester is. Proefpersone se reaksie is waargeneem en aangeteken en veldnotas is bygehou. Dit het die notering, refleksie, interpretasie en waarneming wat van die agtergrond van die aksienavorsingsomgewing afhanklik was, vergemaklik. 6

ʼn Oorsig is gedoen, uitgebrei en getranskribeer wat die basis van verdere analise vorm. Die analise van die veldnotas is ʼn deurlopende proses van aanhoudende vergelyking om herhalende temas wat relevant is ten opsigte van ontwikkeling van fonologiese en fonemiese bewustheid te bepaal. Om geldigheid en betroubaarheid te verseker, is die aangetekende veldnotas deur die opvoeder saam met die navorser gelees en bevestig dat dit wel akkuraat is. Bevindinge en aanbevelings is gedoen na afloop van die analisering van data. 1.7 Begripsverklarings Vir die doel van hierdie navorsing gaan die begripsverklaring en definisie van die volgende terminologie deurgaans deur die literatuur gebruik word naamlik, fonologie, fonologiese bewustheid, fonemiese bewustheid, foneme, grafeme, klanke, ortografie, alfabetiese beginsels, beginrym, rym en aanvangslees (sien Glossarium Ii). 1.8 Terreinafbakening van die studie Dit is van kardinale belang dat daar na die behoeftes van elke leerder omgesien moet word op pad na geletterdheid. Hierdie studie resorteer onder die dissipline van die Opvoedkunde. Die belangrikheid van die ontwikkeling van fonologiese en fonemiese bewustheid by aanvangslesers vir graad 1-leerders is as tema vir hierdie studie geneem. Die studie is ʼn intensiewe program wat oor twee kwartale strek. Die proefpersone is Afrikaanssprekende kinders uit ʼn taalarm landelike omgewing. 1.9 Ordening van die studie In hoofstuk 1 is ʼn oorsig oor die verloop van die studie verskaf. Hoofstuk 2 handel oor die literatuur met betrekking tot taalontwikkeling van die kind uit ʼn taalarm en kindersorg-omgewing. In hoofstuk 3 bespreek die navorser die navorsingsontwerp, metode van ondersoek en instrumentasie. Hoofstuk 4 werp lig op die empiriese ondersoek. In hoofstuk 5 gee die navorser die resultate tydens die evaluering van die programme oor fonologiese en fonemiese bewustheid. In hoofstuk 6 word die bevindinge, aanbevelings en slotperspektief weergegee. 1.10 Samevatting Die studie word onderneem omdat daar so baie uitvalle in lees voorkom by kinders in ʼn taalarm omgewing. Hierdie leerders benodig deurgaans ondersteuning om hul taalvermoë te verbeter en hul 7

ʼn Oorsig is gedoen, uitgebrei en getranskribeer wat die basis van verdere analise vorm. Die analise

van die veldnotas is ʼn deurlopende proses van aanhoudende vergelyking om herhalende temas wat

relevant is ten opsigte van ontwikkeling van fonologiese en fonemiese bewustheid te bepaal. Om

geldigheid en betroubaarheid te verseker, is die aangetekende veldnotas deur die opvoeder saam met

die navorser gelees en bevestig dat dit wel akkuraat is. Bevindinge en aanbevelings is gedoen na

afloop van die analisering van data.

1.7 Begripsverklarings

Vir die doel van hierdie navorsing gaan die begripsverklaring en definisie van die volgende

terminologie deurgaans deur die literatuur gebruik word naamlik, fonologie, fonologiese bewustheid,

fonemiese bewustheid, foneme, grafeme, klanke, ortografie, alfabetiese beginsels, beginrym, rym en

aanvangslees (sien Glossarium Ii).

1.8 Terreinafbakening van die studie

Dit is van kardinale belang dat daar na die behoeftes van elke leerder omgesien moet word op pad na

geletterdheid. Hierdie studie resorteer onder die dissipline van die Opvoedkunde. Die belangrikheid

van die ontwikkeling van fonologiese en fonemiese bewustheid by aanvangslesers vir graad 1-leerders

is as tema vir hierdie studie geneem. Die studie is ʼn intensiewe program wat oor twee kwartale strek.

Die proefpersone is Afrikaanssprekende kinders uit ʼn taalarm landelike omgewing.

1.9 Ordening van die studie

In hoofstuk 1 is ʼn oorsig oor die verloop van die studie verskaf. Hoofstuk 2 handel oor die literatuur

met betrekking tot taalontwikkeling van die kind uit ʼn taalarm en kindersorg-omgewing. In hoofstuk 3

bespreek die navorser die navorsingsontwerp, metode van ondersoek en instrumentasie. Hoofstuk 4

werp lig op die empiriese ondersoek. In hoofstuk 5 gee die navorser die resultate tydens die evaluering

van die programme oor fonologiese en fonemiese bewustheid. In hoofstuk 6 word die bevindinge,

aanbevelings en slotperspektief weergegee.

1.10 Samevatting

Die studie word onderneem omdat daar so baie uitvalle in lees voorkom by kinders in ʼn taalarm

omgewing. Hierdie leerders benodig deurgaans ondersteuning om hul taalvermoë te verbeter en hul

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!