Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
ʼn Literatuurstudie is onderneem om die navorser te vergewis van kinderontwikkeling, die agterstand

van kinders uit ʼn taalarm omgewing, asook strategieë vir ontwikkeling van fonologiese en fonemiese

bewustheid en leesstrategieë om teoretiese begronding te bied vir die studie. Die studie vergewis die

navorser van reeds bestaande programme ten opsigte van fonologiese bewustheid, fonemiese

bewustheid en letter-klankkorrespondering, sowel as moontlike tekortkominge in die onderrig van

aanvangslees, omdat baie leerders probleme ondervind met die bemeestering van leesvaardighede.

1.6.2 Empiriese ondersoek

Toestemming is van die Onderwysdepartement verkry om die empiriese studie by genoemde skool te

doen. ‘n Etiese klaring is deur die Skoolbeheerliggaam verkry (sien Bylaag A). Die navorsing is in

twee fases gedoen.

ʼn Verteenwoordigende groep van dertien leerders in ʼn Afrikaanssprekende graad 1-klas van een skool

in ʼn landelike omgewing in die Kaapse Wynlanddistrik is vir die navorsingstudie gekies. Die

ouderdomme wissel tussen vyf jaar en ses maande tot vyf jaar en nege maande. Hierdie groep leerders

het geen blootstelling aan graad R-onderrig nie en het dus geen stimulasie ter voorbereiding vir

formele onderrig in graad 1 gehad nie. Hierdie groep leerders beskik ook oor geen agtergrond rakende

die fonologiese en fonemiese bewustheid wat alreeds in graad R ontwikkel behoort te wees nie.

Die ondersoek is deur middel van aksienavorsing gedoen. ʼn Informele voortoets (sien Bylaag B) is

uitgevoer om te bepaal op watter vlak die leerders se begrip van fonologiese en fonemiese bewustheid

is. In fase een is ʼn proefgroep van dertien leerders vir ʼn tydperk van ses weke onderrig. Hulle is

onderrig volgens ʼn bestaande fonologiese program met die fokus op ouditiewe persepsie, asook ʼn

geïntegreerde fonemiese program wat vir graad R ontwikkel is. Hierdie program is vir drie dae per

week gevolg in die eerste 15 minute van die geletterdheidsperiode.

Dieselfde prosedure soos by fonologiese bewustheid is in fase twee gevolg tydens die

intervensieprogram vir fonemiese bewustheid en letter-klankkorrespondering. ʼn Toets wat as 'n

natoets (sien Bylaag C) ontwikkel is, is aan proefpersone gegee om vas te stel of die gewenste

resultaat bereik is. Die observasie-metode is gebruik om die begrip van fonologiese en fonemiese

bewustheid, asook die reaksie by die leerders waar te neem.

Aan die einde van die ses weke het die proefgroep ʼn gestruktureerde natoets (sien Bylaag B) in die

vorm van 'n vraelys ontvang om te bepaal of fonologiese bewustheid deur die proefgroep bemeester is.

Proefpersone se reaksie is waargeneem en aangeteken en veldnotas is bygehou. Dit het die notering,

refleksie, interpretasie en waarneming wat van die agtergrond van die aksienavorsingsomgewing

afhanklik was, vergemaklik.

6