05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1.5 Navorsingsvrae

In die studie word gepoog om vas te stel of ʼn intervensieprogram van fonologiese bewustheid,

fonemiese bewustheid en letter-klankkorrespondering die geletterdheidsvlak van graad 1-leerders kan

verbeter.

Die volgende meer gerigte vrae, word ondersoek:

Watter vaardighede word benodig in die proses om die konsep van gesproke woord na

geskrewe woord oor te dra?

Watter invloed het ouditiewe persepsie (abstrak) van fonemiese bewustheid op letterbegrip

(konkreet)?

Hoe behoort ʼn effektiewe fonologiese en fonemiese program in ʼn graad 1-klas toegepas te

word?

Kan fonologiese en fonemiese bewustheid ʼn positiewe bydrae lewer tot leessukses by

beginnerlesers?

Op grond van hierdie vrae word die volgende hipotese gestel:

Fonologiese en fonemiese bewustheid, asook letter-klankkorrespondering, kan ʼn verskil in die

leessukses by aanvanglesers uit ʼn taalarm omgewing bewerkstellig. Hiervoor is eksplisiete onderrig

van fonologiese en fonemiese bewustheid noodsaaklik voordat die graad 1-leerder aan formele

leesonderrig blootgestel word.

1.6 Metode van ondersoek

Die studie bestaan uit literatuurstudie en ʼn empiriese ondersoek.

1.6.1 Literatuurstudie

Die studie word onderneem binne die teorie van sosiale konstruktivisme soos deur die teorieë van

Mercer (1997), Vygotsky (1978) en Bandura (1977) weerspieël. Vygotsky gaan van die standpunt uit

dat die ontwikkeling van leerders se kennis en begrip gevorm word deur die interaksie en verhoudings

met ander - beide die portuurgroep en volwassenes (Vygotsky, 1978).

Die leerder tree op as ʼn konstruktivis van sy kennis in ʼn konteks gelykstaande aan dit waarin hy sy eie

kennis kan toepas. ʼn Omgewing word geskep waarin die opvoeder ʼn rigtinggewer of fasiliteerder is,

asook ʼn deelnemende waarnemer (Farstrup & Samuels, 2004: 27).

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!