05.05.2013 Views

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) (Departement van Onderwys 2002) beveel die

gebalanseerde benadering tot lees in skole aan. Hierdie benadering beklemtoon wel die gebruik van

fonologiese en fonemiese bewustheid, maar daar word nie duidelike riglyne ten opsigte van tyd en

vaardighede aangedui nie. Die studie fokus op die verskillende leesbenaderings wat die navorser

dwing om die geskiktheid van die balans tussen klanke in konteks en die gebalanseerde benadering vir

die kind in die taalarm omgewing te ondersoek.

Die wêreld van die kleinkind is vol geskrewe taal. Geskrewe woorde en taal word op verskillende

maniere versamel. So is daar die televisie, advertensies, almanakke teen die muur, tydskrifte en boeke

in die huis, etikette op kosware en die flikkerligte op neon-tekens. Die kennis wat benodig word om

kinders te leer lees en skryf, kom van ervaringe van gesproke en die geskrewe taal en leer omtrent die

wêreld (The Learner as a Reader, 1996: 11). Die kind wat nie blootstelling het aan die verskillende

tekste nie, het alreeds ʼn agterstand wanneer hy/sy tot die skool toetree.

Gegewe die agtergrond is dit belangrik dat daar aandag aan al die aspekte geskenk word om individue

wat nie in ʼn gunstige posisie verkeer nie, die nodige ondersteuning te gee en geleenthede te skep om

hulle suksesvolle geletterde burgers te maak.

1.2 Probleemstelling

Leerders wat uit ʼn lae sosio- ekonomiese omgewing kom, begin alreeds met ʼn agterstand weens ’n

taalarm omgewing en die afwesigheid van ouerbetrokkenheid. Die gebrek aan stimulering van

fonologiese en fonemiese bewustheid speel ’n rol by die ontwikkeling van die leesvermoë in die

aanvangsjaar van die kind.

1.3 Agtergrond en studiemotivering

Die swak geletterdheidsuitslae by ʼn landelike skool in die Kaapse Wynland Onderwysdistrik het my

belangstelling in hierdie onderwerp geprikkel om ʼn studie te onderneem om die opvoeders en leerders

van hierdie skool te ondersteun om latere leessukses te bewerkstellig. Leerders in die teikengroep

woon in ’n landelike omgewing, is hoofsaaklik kinders van plaaswerkers en bevind hul in ’n lae sosio-

ekonomiese milieu. Die armoede waarin die kinders hul bevind, is ’n groot struikelblok vir die

ontwikkeling van hulle volle potensiaal. Die omgewing waarin die kinders hul bevind, is nie gunstig

vir die ontwikkeling van taal nie omdat die ouers nie in staat is om die nodige leesmateriaal en

opvoedkundige ondersteuningsmateriaal aan te koop nie.

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!