05.05.2013 Views

ONDERWYSKOMMUNIKASIE Ek weet jy glo jy verstaan wat jy dink ...

ONDERWYSKOMMUNIKASIE Ek weet jy glo jy verstaan wat jy dink ...

ONDERWYSKOMMUNIKASIE Ek weet jy glo jy verstaan wat jy dink ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Kommunikasie en onderwys

Die relevansie van bostaande verduideliking t.o.v. onderrigpraktyk is

vanselfsprekend. Die doeltreffendheid van kommunikasie in die klaskamer sal die

doeltreffendheid van onderwys verhoog. Leer is ‘n interpersoonlike aktiwiteit en

doeltreffende kommunikasie is ‘n bepalende faktor in die sukses daarvan.

Kommunikasie is die spil waarom alles draai. Die taak van die lektor is om ‘n

fasiliteerder van leer te wees en om leeraktiwiteite te inisieer en te bestuur. Die aard

van kommuniksie in onderwys is nie een van ‘n outokratiese manipuleerder nie, maar

van ‘n demokratiese bestuurder. (De Kock, 1998:5).

De Kock (1998:8-9) beskryf kommunikasie-onderrig as “… ‘n dinamiese, fasiliterende

aksie wat bestaan uit kommunikasietransaksies wat ‘n beroep op leerders doen om

spontaan ‘n kognitiewe, affektiewe, fisieke verhouding te begin om uiteindelik

betekenis toe te skryf en te deel (verstaan wat jy leer en deel met ander). Indien

hierdie doel bereik word, sal leerders die lewenslange vermoë bemeester het om

doeltreffend en onafhanklik te leer. Daar kan gevra word of hierdie wyse van onderrig

versoenbaar is met die tradisionele persepsie van onderrig deur die oordrag van

kennis.”

Die fasiliteerder se kommunikasiestyl beïnvloed die kwaliteit van kommunikasieonderrig,

en gevolglik, leer. Die fasiliteerder het ‘n persoonlike styl wat verband hou

met die fasiliteerder se persoonlikheid, sosiale kultuur, fisieke voorkoms, karakter,

beginsels en talente. Hierdie aspekte beïnvloed nie net die fasilitering van

leergeleenthede nie, maar ook die skep van betekenis deur die lektor. Die

kommunikasiestyl van die fasiliteerder kan bepaal word deur waarneembare

kommunikasietransaksies en die fasiliteringstyl is die manier waarop lektore, as

fasiliteerders, leergeleenthede inisieer.

Aanbiedingsvaardighede

In aansluiting by bostaande, moet lektore in ag neem dat doeltreffende

kommunikasie in die klaskamer in ‘n groot mate afhanklik is van kommunikasie. Die

gebruik van relevante, doeltreffende aanbiedingsvaardighede sal doeltreffende

kommunikasie in onderwys as leerbenadering verseker. Dit is belangrik vir

leerfasiliteerders om vas te stel wat die beste fasiliteringstyl is, om te verseker dat

leerders uitgedaag en aangemoedig word om optimaal te leer. In hierdie verband

moet leerfasiliteerders aandag skenk aan luistervaardighede, effektiewe

vraagtegnieke, nie-verbale kommunikasie en algemene styl- en aanbiedingsvaardighede

(kyk na verwysingslys en gekopieerde dokumente in u lêer vir meer

inligting).

Slotwoord

In onderwyskommunikasie is die fokus op u kommunikasie as ‘n professionele

onderriggewer. Die professionele opvoeder se kommunikasiestyl verbeter deur

bewustheid van sekere kommunikasiebeginsels en aktiewe refleksie en inoefening.

Om kommunikasie in al sy dinamiek en fasette te bestudeer, is ‘n enorme taak –

hierdie dokument en sy ondersteunende materiaal het ten doel om die lektor van ‘n

breë oorsig te voorsien. In onderwys steun die totale verhouding van leer op

menslike interaktiewe kommunikasie en die lektor se vaardighede om leer optimaal

te fasiliteer – en dit is afhanklik van ‘n goed ontwikkelde professionele

kommunikasiestyl.

Verwysings

De Kock, DM. 1998. Teaching Communication. Ongepubliseer.

Pearson, Judy C & Nelson, Paul E. 1994. Understanding and Sharing. An Introduction to Speech

Communication. Brown and Benchmark Madison USA. Sesde uitgawe.

Zeuchner, Raymond. 1997. Communicating Today. Allyn & Bacon Londen. Tweede uitgawe.

Onderrwysinnovasie en –Konsultasie. Januarie 2002. 4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!