05.05.2013 Views

ONDERWYSKOMMUNIKASIE Ek weet jy glo jy verstaan wat jy dink ...

ONDERWYSKOMMUNIKASIE Ek weet jy glo jy verstaan wat jy dink ...

ONDERWYSKOMMUNIKASIE Ek weet jy glo jy verstaan wat jy dink ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Inleiding

ONDERWYSKOMMUNIKASIE

Ek weet jy glo jy verstaan wat jy dink ek gesê het,

maar ek is nie seker of jy besef dat wat jy gehoor het,

nie was wat ek gesê het nie.

Kommunikasie raak feitlik alles wat ons doen en is verweef met elke deel van die

lewe. Kommunikasie behels veel meer as slegs een persoon wat praat en ‘n ander

wat luister. Menslike kommunikasieprosesse is besonder kompleks. Aristoteles (in

Zeuschner, 1997:19) het daarop gewys dat net soos wat ‘n goeie hamer ‘n skuiling

kan bou, kan dit ‘n skedel vermorsel: die gebruiker bepaal die doel. Dieselfde geld

vir jou kennis en vaardighede betreffende kommunikasie. Jou toepassings en

keuses sal die eindresultaat bepaal. Het jy al ooit gedink hoeveel tyd ons aan

kommunikasie bestee? Kenners sê dat ons baie meer tyd aan praat en luister bestee

as aan enige ander aktiwiteit (Pearson & Nelson, 1994:4). Om dié rede moet ons

doeltreffende kommunikasievaardighede bemeester.

Definisie van kommunikasie

Kommunikasie is die proses om betekenis te verstaan en te deel. Kommunikasie is ‘n

proses aangesien dit ‘n aktiwiteit, uitruiling of stel gedragspatrone is – nie ‘n

onveranderlike, statiese produk nie (Pearson & Nelson, 1994:6).

Hoe het ons tot hier gekom

Sedert die vroegste dae het mense uit die noord-sentrale deel van Afrika verbale en

nie-verbale tekens gebruik om te kommunikeer. Mense het groepe gevorm en die

betekenis van tekens gestandardiseer en aan kinders geleer. Soos verskillende

groepe interaksie met mekaar gehad het, so het tale ontwikkel. Met die opkoms van

beskawing is maniere gevind om uitgesproke klanke vas te lê, in die vorm van skrif,

geheue, oordrag of die uitdrukking van gesproke idees. Toe mense begin het om

idees wat vir hulle waarde gehad het, vas te lê, het van hul eerste geskrifte gehandel

oor die belangrikheid van kommunikasie en onderwys.

Die opvoeding van die jeug om hul kultuur te onderhou, het deel geword van ‘n

aanvaarbare patroon. Die metode waarvan gebruik gemaak was, is mondelinge

kommunikasie. Die beste openbare spreker was ‘n besonder vername persoon.

Kommunikasie het ‘n belangrike rol gespeel in die vroeë Westerse beskawings van

Egipte, Griekeland en Rome, asook in Asiese kulture. Oor ‘n tydperk van 50 000 jaar

het dit ontwikkel tot waar ons vandag is, met die jongste elektroniese

boodskapprosessering. Gedurende hierdie tyd (sedert die begin van die menslike

geskiedenis tot vandag toe) was spraakkommunikasie die spil waarom interaksie

gedraai het.

Aangepas uit: Zeuschner Raymond, 1997:1-20

Onderrwysinnovasie en –Konsultasie. Januarie 2002. 1

Elemente van kommunikasie

Alle kommunikasiemodelle het gemeenskaplike elemente:

Mense: Mense kan senders (die boodskap inisieer) of ontvangers (absorbeer die

boodskap) wees. Die sender enkodeer (sit die idee of gedagte in ‘n kode) die

boodskap en die ontvanger dekodeer (heg betekenis aan ‘n idee of gedagte) die

inkomende boodskap.

Boodskap: Die boodskap is die verbale en nie-verbale vorm van die idee, gedagte

of gevoel wat een persoon (sender) aan ‘n ander persoon, of groep mense

(ontvanger/s), wil kommunikeer. Dit is die inhoud van die interaksie.

Kanaal: Die boodskap word via ‘n kanaal gestuur, wat uit ‘n verskeidenheid

elemente kan bestaan (bv. akoestiese kommunikasie – gehoor; geskrewe

kommunikasie – sig, behalwe Braille).

Terugvoer: Terugvoer is die ontvanger se reaksie op die sender se boodskap.

Kode: Ons gebruik kodes om ons idees met andere te deel. ‘n Kode is enige

sistematiese rangskikking of omvattende versameling simbole, letters of woorde, wat

arbitrêre betekenisse het en gebruik word vir kommunikasie. Verbale kodes bestaan

uit woorde en hul grammatikale rangskikking. Nie-verbale kodes bestaan uit alle

simbole behalwe woorde, insluitend liggaamsbeweging, die gebruik van tyd en

ruimte, kleding en ander tooisels en geluide.

Geraas: Geraas is enige faktor wat die ontvangs of betekenisse van boodskappe

verhinder of verdraai.

Kommunikasiemodelle

In die verlede is kommunikasie beskou as die stuur van ‘n boodskap deur een

persoon en die ontvangs daarvan deur ‘n ander (aksie):

Sender Ontvanger

‘n Tweede uitgangspunt is dat kommunikasie interaktief is:

Sender Ontvanger

Kommunikasie beskou as ‘n transaksie beteken ons glo dat kommunikeerders

tegelykertyd boodskappe stuur en ontvang:

= Sender en ontvanger

Mense stuur en ontvang voortdurend boodskappe. Hulle kan kommunikasie nie

vermy nie.

Onderrwysinnovasie en –Konsultasie. Januarie 2002. 2

Soorte kommunikasie

Intrapersoonlike kommunikasie: Kommunikeer met jouself.

Interpersoonlike kommunikasie: Deel betekenis tussen jouself en minstens een

ander persoon.

Diadiese kommunikasie: ‘n Onderdeel van interpersoonlike kommunikasie waarby

slegs twee mense betrokke is.

Klein groep kommunikasie: ‘n Onderdeel van interpersoonlike kommunikasie

waarby drie of meer mense betrokke is.

Openbare kommuniksie: Kommunikasie deur een of meer mense met ‘n groot

groep mense.

Massakommunikasie: Komunikasie wat via tegnologie bekend gemaak word aan

groot, wydverspreide gehore.

Kommunikasie en opleiding

Die volgende kan gestel word: “Hoe beïnvloed kommunikasie opleiding en die

vergemakliking van leer, en waarom is dit belangrik om meer van kommunikasie te

weet?”

Waarom moet ons kommunikasie bestudeer?

Deur die aard en werking van kommunikasie te verstaan, verkry mens groter insig

in die redes hoekom een soort kommunikasie suksesvol is en ‘n ander een nie. Dit

help om definisies te hê, komponente te ken en modelle te bestudeer vir ‘n teoretiese

begrip van kommuniksie.

Deur te weet hoe kommunikasie kan verander in verskillende kontekste, verbeter

ons ons aanpasbaarheid as kommunikeerders.

Deur te verstaan hoe wat ons sê en hoe ons luister gevorm word deur ons eie

persepsies, verhoog ons ons eie doeltreffendheid.

Namate ons meer bewus raak van onsself en die manier waarop ons onsself

beoordeel, leer ons hoe selfbewussyn ons kommunikasie beïnvloed.

Deur te verstaan hoekom en hoe ons luister, kan ons ons vermoë om van ander

te leer en op hulle te reageer, verbeter.

Deur krities te leer dink, verbeter ons ons analitiese vaardighede as verbruikers

van idees.

Deur verbale en nie-verbale kommunikasie te bestudeer, ontdek mens hoe albei

kommunikasiesoorte saamwerk in die stuur en ontvangs van boodskappe.

Deur meer te leer oor menslike verhoudings, leer ‘n mens hoe dit ontwikkel, hoe dit

disintegreer en hoe probleme opgelos kan word.

Deur die funksionering van taal tussen kulture en sub-kulture te bestudeer, kan

begrip tussen verskillende mense bevorder word.

Deur kleingroepkommunikasie te verstaan, kan ons meer leer oor die wyse

waarop groepe probleme oplos en besluite neem.

Deur leierskap te ondersoek, kan ons bepaal waarom sommige mense leiers word

en ander nie.

Deur openbare redevoering te bestudeer, kan ons al die navorsings-, organisasie-

en leweringsvaardighede aanleer wat bydra tot doeltreffende, informatiewe en

oorredende toesprake.

(Pearson & Nelson, 1994:4)

Onderrwysinnovasie en –Konsultasie. Januarie 2002. 3

Kommunikasie en onderwys

Die relevansie van bostaande verduideliking t.o.v. onderrigpraktyk is

vanselfsprekend. Die doeltreffendheid van kommunikasie in die klaskamer sal die

doeltreffendheid van onderwys verhoog. Leer is ‘n interpersoonlike aktiwiteit en

doeltreffende kommunikasie is ‘n bepalende faktor in die sukses daarvan.

Kommunikasie is die spil waarom alles draai. Die taak van die lektor is om ‘n

fasiliteerder van leer te wees en om leeraktiwiteite te inisieer en te bestuur. Die aard

van kommuniksie in onderwys is nie een van ‘n outokratiese manipuleerder nie, maar

van ‘n demokratiese bestuurder. (De Kock, 1998:5).

De Kock (1998:8-9) beskryf kommunikasie-onderrig as “… ‘n dinamiese, fasiliterende

aksie wat bestaan uit kommunikasietransaksies wat ‘n beroep op leerders doen om

spontaan ‘n kognitiewe, affektiewe, fisieke verhouding te begin om uiteindelik

betekenis toe te skryf en te deel (verstaan wat jy leer en deel met ander). Indien

hierdie doel bereik word, sal leerders die lewenslange vermoë bemeester het om

doeltreffend en onafhanklik te leer. Daar kan gevra word of hierdie wyse van onderrig

versoenbaar is met die tradisionele persepsie van onderrig deur die oordrag van

kennis.”

Die fasiliteerder se kommunikasiestyl beïnvloed die kwaliteit van kommunikasieonderrig,

en gevolglik, leer. Die fasiliteerder het ‘n persoonlike styl wat verband hou

met die fasiliteerder se persoonlikheid, sosiale kultuur, fisieke voorkoms, karakter,

beginsels en talente. Hierdie aspekte beïnvloed nie net die fasilitering van

leergeleenthede nie, maar ook die skep van betekenis deur die lektor. Die

kommunikasiestyl van die fasiliteerder kan bepaal word deur waarneembare

kommunikasietransaksies en die fasiliteringstyl is die manier waarop lektore, as

fasiliteerders, leergeleenthede inisieer.

Aanbiedingsvaardighede

In aansluiting by bostaande, moet lektore in ag neem dat doeltreffende

kommunikasie in die klaskamer in ‘n groot mate afhanklik is van kommunikasie. Die

gebruik van relevante, doeltreffende aanbiedingsvaardighede sal doeltreffende

kommunikasie in onderwys as leerbenadering verseker. Dit is belangrik vir

leerfasiliteerders om vas te stel wat die beste fasiliteringstyl is, om te verseker dat

leerders uitgedaag en aangemoedig word om optimaal te leer. In hierdie verband

moet leerfasiliteerders aandag skenk aan luistervaardighede, effektiewe

vraagtegnieke, nie-verbale kommunikasie en algemene styl- en aanbiedingsvaardighede

(kyk na verwysingslys en gekopieerde dokumente in u lêer vir meer

inligting).

Slotwoord

In onderwyskommunikasie is die fokus op u kommunikasie as ‘n professionele

onderriggewer. Die professionele opvoeder se kommunikasiestyl verbeter deur

bewustheid van sekere kommunikasiebeginsels en aktiewe refleksie en inoefening.

Om kommunikasie in al sy dinamiek en fasette te bestudeer, is ‘n enorme taak –

hierdie dokument en sy ondersteunende materiaal het ten doel om die lektor van ‘n

breë oorsig te voorsien. In onderwys steun die totale verhouding van leer op

menslike interaktiewe kommunikasie en die lektor se vaardighede om leer optimaal

te fasiliteer – en dit is afhanklik van ‘n goed ontwikkelde professionele

kommunikasiestyl.

Verwysings

De Kock, DM. 1998. Teaching Communication. Ongepubliseer.

Pearson, Judy C & Nelson, Paul E. 1994. Understanding and Sharing. An Introduction to Speech

Communication. Brown and Benchmark Madison USA. Sesde uitgawe.

Zeuchner, Raymond. 1997. Communicating Today. Allyn & Bacon Londen. Tweede uitgawe.

Onderrwysinnovasie en –Konsultasie. Januarie 2002. 4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!