Inhoud: - Solidariteit Navorsing
Inhoud: - Solidariteit Navorsing Inhoud: - Solidariteit Navorsing
Kwartaallikse rapport 1/2013 April 2013 Solidariteit Beweging Solidariteit Navorsingsinstituut Solidariteit Arbeidsmarkrapport Vir perspektief op die afgelope kwartaal se arbeidsmarkgebeure Inhoud: 1. Belastingverligting is oëverblindery 2. Die mislukking van SEB: 5 stappe 3. Belasting styg, lone daal 4. Die ekonomie, die rand en verbruikerskrediet 5. Die redes agter die rekordhoë petrolprys www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23
- Page 2 and 3: UITGESOEKTE ARBEIDSMARKSTATISTIEK 4
- Page 4 and 5: DIE MISLUKKING VAN SEB: 5 STAPPE Vo
- Page 6 and 7: BELASTING STYG, LONE DAAL ’n Land
- Page 8 and 9: Met die handelstekort wat nou bykan
- Page 10 and 11: KREDIETWELSTAND VAN VERBRUIKERS Tra
- Page 12: Solidariteit Beweging Solidarity Re
Kwartaallikse rapport

1/2013

April 2013

Solidariteit

Beweging

Solidariteit

Navorsingsinstituut

Solidariteit

Arbeidsmarkrapport

Vir perspektief op die afgelope kwartaal se arbeidsmarkgebeure

Inhoud:

1. Belastingverligting is

oëverblindery

2. Die mislukking van SEB:

5 stappe

3. Belasting styg, lone daal

4. Die ekonomie, die rand en

verbruikerskrediet

5. Die redes agter die rekordhoë

petrolprys

www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23
UITGESOEKTE ARBEIDSMARKSTATISTIEK

40.0%

35.0%

30.0%

25.0%

20.0%

15.0%

10.0%

5.0%

0.0%

46.0%

45.0%

44.0%

43.0%

42.0%

41.0%

40.0%

25%

20%

15%

10%

5%

0%

-5%

-10%

-15%

-20%

6.4%

21.8%

29.2%

Vierde kwartaal werkloosheidskoerse - 2008 tot 2012

Bron: Statistieke Suid-Afrika

34.0%

24.2% 24.0% 23.9%

35.8% 35.4% 35.9%

24.9%

2008Q4 2009Q4 2010Q4 2011Q4 2012Q4

14,027,000

45.0%

Werkloosheidskoers - Eng definisie Werkloosheidskoers - Uitgebreide definisie

Vierde kwartaal werkskoers en aantal werkende mense - 2008 tot 2012

Bron: Statistieke Suid-Afrika

13,250,000

41.8%

13,132,000

40.8%

13,497,000

41.3%

13,577,000

41.0%

2008Q4 2009Q4 2010Q4 2011Q4 2012Q4

Aantal mense met werk Werkskoers (Mense van 15 tot 64 wat werk)

Geannualiseerde seisoenaal-aangepaste BBP-groei per sektor - 2006Q4 tot 2012Q4

Bron: Statistieke Suid-Afrika

6.0%

-1.7%

3.5%

4.4%

Primêr (8%) Sekondêr (22%) Tersiêr (70%) Totale BBP teen markpryse

14,200,000

14,000,000

13,800,000

13,600,000

13,400,000

13,200,000

13,000,000

12,800,000

3.3% 2.1%
BELASTINGVERLIGTING IN GORDHAN SE BEGROTING SLEGS OËVERBLINDERY

Soos al gebruiklik geraak het, het die minister van finansies, Pravin Gordhan, in sy nasionale begrotingstoespraak

in Februarie aangekondig dat daar in die huidige belastingjaar belastingverligting vir persoonlike

inkomstebelastingbetalers sal wees. Die presiese aanhaling is: “In the 2013/14 fiscal year, personal income tax

relief of R7 billion is granted.”

Belastingstygings vanjaar

Die grootste groep betalers van persoonlike inkomstebelasting is

werknemers, vir wie so ’n aankondiging op sigwaarde na ’n

welkome blaaskans kan lyk. Die term “belastingverligting” impliseer

tog dat minder belasting betaal sal word. In werklikheid is dit

oëverblindery. Die “verligting” wat gegee word, is slegs ’n

aanpassing om te vergoed vir die dalende waarde van geld – inflasie.

Die bedrag van R7 miljard wat as “belastingverligting” voorgehou

word, word bereken met die aanname dat belastingbetalers se

belasbare inkomste konstant bly. Dit is egter vir ’n baie groot aantal

werknemers nie die geval nie, aangesien “lewenskoste”-verhogings

van naastenby die VPI-inflasievlak oorwegend toegestaan word. Die

aanpassings van belastingkerwe word juis gedoen om te keer dat

mense wat inflasieverwante verhogings kry, nie proporsioneel tot

hul inkomste meer belasting betaal nie, selfs al bly hul

lewenstandaard konstant.

Ware belastingverligting sou dus beteken dat ’n persoon wat ’n

inflasieverwante verhoging kry, proporsioneel tot sy inkomste

minder belasting as in die vorige jaar moet betaal. Vir die meeste

belastingbetalers wat noemenswaardige hoeveelhede belasting

betaal, is dit egter nie die geval met die 2013/14-begroting nie. Die

volgende tabel toon die belastingkerwe vir die 2012/13- en

2013/14-belastingjare.

Die gemiddelde VPI-inflasie vir 2012 was 5,6%. Dit is egter slegs die

belastingdrempel wat met hierdie persentasie aangepas is. Al die

ander belastingkerwe is slegs met 3,5% aangepas.

Die praktiese uitwerking hiervan kan met behulp van twee

voorbeelde aangetoon word:

Voorbeeld 1

’n Werknemer wat in die 2012/13-belastingjaar belasbare inkomste

van R150 000 verdien het, sou R15 560 aan inkomstebelasting

betaal het – dit is 10,37% van sy belasbare inkomste.

Gestel hierdie werknemer kry dan ’n

5,6%-verhoging vir die

2013/14-belastingjaar. Sy belasbare inkomste is nou R158 400 en

daarop betaal hy R16 432 belasting. Dit is steeds 10,37% van sy

belasbare inkomste. Aangesien al sy inkomste op die laagste kerf

belas word, is die aanpassing vir hierdie werknemer wel voldoende

kompensasie vir die feit dat die koopkrag van geld gedurende 2012

met ongeveer 5,6% gedaal het. Dit is egter geen ware verligting nie,

slegs ’n aanpassing vir VPI-inflasie.

Voorbeeld 2

’n Werknemer wat tydens 2012/13 dubbeld soveel as die

werknemer in die vorige voorbeeld verdien het, se marginale

belastingkoers was 30%. Hy sou R54 860 aan inkomstebelasting,

18,29% van sy belasbare inkomste, betaal het. Indien hy ook

gedurende die 2013/14-belastingjaar

’n 5,6%-verhoging ontvang,, sal sy inkomste tot R316 800 styg.

Hierop word hy met R58 430 belas. Dit is 18,44% van sy belasbare

inkomste. Ten spyte van die “belastingverligting” betaal hy dus ’n

groter deel van sy inkomste aan die belastinggaarder oor as tydens

die vorige jaar.

Werknemers se grootste enkele aftrekking

Die belastingverligting van R7 miljard is dus grootliks oëverblindery,

aangesien die nagenoeg 3,3 miljoen mense wat noemenswaardige

hoeveelhede inkomstebelasting betaal, in 2013 ʼn groter deel van

hul inkomste aan inkomstebelasting sal afstaan as in 2012. Dit is nog

voordat die effek van stygings in ander belastings, soos

brandstofheffings, heffings op alkohol, invoertariewe en

sogenaamde “groen belastings” in ag geneem word.

Inkomstebelasting is vir baie werknemers die grootste enkele

aftrekking op hul weeklikse of maandelikse betaalstrokies. Verlede

jaar se oproer in die mynbedryf is ten dele aangevuur deur die

groot verskil tussen sommige mynwerkers se “cost to company” en

“take home” –loon. Een van die grootste redes waarom hierdie

verskil so groot is, is inkomstebelasting en ander regeringsheffings

soos die vaardigheidsheffing. Tog is dit die werkgewer of skuldeisers

wat die sondebokke gemaak word vir die “karige” bedrae wat

werknemers op die ou end huis toe neem, terwyl Jan Taks skotvry

daarvan afkom en vir die kulkuns van belastingverligting bedank

word.

2012/13-belastingjaar 2013/14-belastingjaar Aanpassing

0% belasting R0 – R63 556 R0 – R67 111 5,6%

18% belasting R63 557 – R160 000 R67 112 – R165 600 3,5%

25% belasting R160 001 – R250 000 R165 601 – R258 750 3,5%

30% belasting R250 001 – R346 000 R258 751 – R358 110 3,5%

35% belasting R346 001 – R484 000 R358 111 – R500 940 3,5%

38% belasting R484 001 – R617 000 R500 941 – R638 600 3,5%

40% belasting R617 001 + R638 601 + 3,5%

3
DIE MISLUKKING VAN SEB: 5 STAPPE

Voorstanders van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) voer aan dat SEB ekonomiese ontwikkeling, verminderde

ongelykheid, maatskaplike opheffing en ander goeie dinge tot gevolg het. Inderwaarheid was die werklike

hoofoogmerk van SEB in die afgelope tien jaar, sedert die Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging in 2003 aanvaar is,

die herverdeling van kapitaal volgens kunsmatige, politieke oogmerke, ten koste van alle verbruikers.

Daar hoef nie verder as die volgende stelling deur Rob Davies, minister van Handel en Nywerheid, gesoek te word vir bevestiging dat SEB ’n

projek is om ’n politieke bloudruk op die ekonomie af te dwing nie: “Black economic empowerment is not just a social and political imperative.

We need to make sure that in the country's economy, control, ownership and leadership are reflective of the demographics of the society in

the same way the political space does. That's why we are saying Black Economic Empowerment remains an economic imperative.”

Die wet word tans hersien, ongelukkig met die oog daarop om dit groter tande te gee. Ingevolge die wetsontwerp van November 2012

• sal ’n SEB-kommissie op die been gebring word om SEB-nakoming te verskerp;

• sal maatskappye wat op die Johannesburgse aandelebeurs genoteer is verplig wees om hul SEB-status en enige inligting wat die SEBkommissie

verlang te rapporteer;

• en sal daar swaar strawwe, insluitende tronkstraf en boetes van tot 10% van maatskappy-omset, opgelê word indien daar bevind word

dat vals SEB-inligting verskaf is.

As politieke bloudruk het SEB egter juis gevolge teenoorgesteld aan die bemagtiging van swart mense, ekonomiese ontwikkeling en die

vermindering van ekonomiese ongelykheid. Trouens, dit verlaag die tempo waarteen die ekonomie groei, sowel as die eweredigheid – ook in

terme van rasgroepe – waarmee ekonomiese welvaart in die samelewing versprei.

Iemand wat ten gunste van die positiewe uitkomste, wat as regverdigings vir SEB gebruik word, soos ekonomiese groei, die vermindering van

ekonomiese ongelykheid en ekonomiese deelname van meer swart mense is, behoort teen die SEB-beleid self te wees. Die huidige SEB-beleid

is teenproduktief wanneer dit teen hierdie positiewe uitkomste gemeet word.

Indien in gedagte gehou word dat die eintlike hoofoogmerk van SEB die oordrag van kapitaal volgens politieke prosesse is, dan is daar vyf stappe

wat toon waarom SEB skadelik is.

1. WELVAART IS TOEGANG TOT GOEDERE EN DIENSTE

“Welvaart is in sigself niks meer as die lewensmiddele,

kommoditeite en genietinge van die lewe nie,” het Richard

Cantillon in 1730 in die openingsin van sy Essay oor Ekonomiese

Teorie, die eerste ekonomiese verhandeling, geskryf. Cantillon se

insig van byna 300 jaar gelede is vandag ewe geldig: as ’n mens wil

weet of SEB welvaart vergroot, dan moet ’n mens kyk of

verbruikers in die algemeen groter volhoubare toegang tot die

“lewensmiddele, kommoditeite en genietinge van die lewe” as

vroeër het.

2. GOEDERE EN DIENSTE KOM UIT DIE KAPITAAL-

STRUKTUUR

Goedere en dienste – lewensmiddele – val nie uit die lug nie, maar

is die eindprodukte van ingewikkelde produksiekettings. Dié

produksiekettings – insluitende die masjiene, arbeidsprosesse,

toerusting, voorrade, ensovoorts – vorm die ekonomie se

kapitaalstruktuur. Hoe beter die ekonomie se kapitaalstruktuur

aanmekaargesit is en onderhou word, hoe meer en beter is die

produkte en dienste wat dit lewer en hoe groter die welvaart vir

almal.

4
3. DIE KAPITAALSTRUKTUUR WORD DEUR

ENTREPRENEURS BESTUUR

Die vernuwing van die kapitaalstruktuur is die taak van

entrepreneurs. Entrepreneurs is deur die winsmotief gemotiveerd

om goeie skattings te maak van wat mense se behoeftes in die

toekoms gaan wees. Ten einde in die toekoms in verbruikers se

behoeftes te kan voorsien, moet entrepreneurs nóú reeds die

kapitaalstruktuur aanpas, sodat die kapitaalstruktuur op die geskikte

tyd geskikte produkte kan lewer.

Hoe beter die entrepreneurs hulself van hierdie taak kwyt, hoe

beter word die kapitaalstruktuur aanmekaargesit om die meeste

welvaart vir almal te lewer.

4.

BELEGGERS KANALISEER GELD NA VERBRUIKERS SE

GUNSTELING ENTREPRENEURS

In ’n vryemarkomgewing word die beste entrepreneurs deur ’n

verbruikersgeleide proses geïdentifiseer. Elke verbruiker (in SEBterme:

swart-, bruin-, Indiër- en wit mense) speel hierin ’n rol, elke

keer wanneer ’n verbruiker een item koop en ’n ander item op die

rak agterlaat. In hierdie proses word die entrepreneur wat

verbruikers se behoeftes die beste bevredig, beloon, terwyl sy

mededinger nie beloon word nie. Beleggers (kapitaliste) kanaliseer

hul geld na verbruikers se gunsteling entrepreneurs – diegene wat

die meeste wins maak.

Die beste entrepreneurs (diegene wat verbruikers die beste dien

deur die kapitaalstruktuur die beste te bestuur) kry dus toegang tot

meer kapitaal.

5. SEB VERVANG VERBRUIKERS SE KEUSES

MET POLITICI SE KEUSES

SEB ondermyn egter verbruikers se entrepreneurskeuses. In

plaas van dat entrepreneurs daagliks deur verbruikers aan die

hand van die welvaart wat hulle lewer gemeet word, meet SEB

entrepreneurs aan die hand van politieke maatstawwe. Beleggers

is dus nie meer vry om geld na die entrepreneurs wat die

kapitaalstruktuur die beste bestuur en die meeste welvaart skep

te kanaliseer nie. Meer kapitaal beland nou in die hande van

polities-begunstigde entrepreneurs wat minder welvaart skep.

Wat SEB dus doen, is om volgens ’n proses van politieke voorkeur

die kapitaalstruktuur van beter na swakker entrepreneurs oor te

dra. Hierna is daar minder welvaart in die ekonomie en is die bates

wat daar wél is gekonsentreer in die hande van ’nelite met die regte

politieke vriende.

Verbruikers, vir wie alle produkte en dienste op die ou end bestaan,

word hierdeur benadeel. SEB kán nie ekonomiese groei óf minder

ongelykheid óf algemene swart bemagtiging bevorder nie. Volgens

die ware maatstaf van welvaart – toegang tot geskikte goedere en

dienste – is byna alle Suid-Afrikaners, insluitende swart mense,

armer weens SEB. Die enigste “wenners” in die proses is die

polities-begunstigde swart elite en ander mense (ook wit, bruin en

Indiër-mense) wat dié kunsmatige stelsel tot hul wense kan uitbuit.

5
BELASTING STYG, LONE DAAL

’n Land se Bruto Binnelandse Produk (BBP) is ’n

statistiese maatstaf van sekere tipes ekonomiese

aktiwiteit in daardie land. Een manier om BBP te

ondersoek is om die relatiewe bydraes van elk van die

volgende komponente tot die BBP-totaal te

bestudeer : die staat, kapitaalfaktore en

werknemersvergoeding. Oor tyd bestudeer vertoon

die ratio's tussen die komponente ’n merkwaardige

patroon.

Sedert die Tweede Wêreldoorlog het die aandeel van BBP wat aan

werknemersvergoeding toegeskryf kan word merkbaar afgeneem,

terwyl die deel aan die staat beduidend toegeneem het. Die

aandeel wat na kapitaalfaktore, insluitende kapitaalvervanging,

kapitaalvorming en opbrengs op kapitaal gegaan het het slegs ’n

klein toename vertoon. Soos wat belasting oor die jare toegeneem

en die staat meer van die ekonomiese uitset van Suid-Afrikaners

ingepalm het, het werknemersvergoeding ’n relatiewe daling

vertoon.

Figuur 1 toon die ontwikkeling van die drie komponente van BBP

sedert 1948. Let op hoe die boonste strook (die staat se aandeel)

groter word, terwyl die onderste strook (werknemersvergoeding)

krimp. Hierdie syfers ondersteun ’n skeptiese benadering tot ’n

beskouing dat die las van groter regeringsinkomste nie

disproporsioneel op die werkersklas val nie.

Die staat

Die boonste strook verteenwoordig netto belasting op produkte

en produksie as ’n persentasie van BBP. Dit neem van 4,2% in die

1950's toe tot 11,4% teen 2012. Oor die tydperk is dit ’n 171%,

oftewel 7,2 persentasiepunte, toename.

Die enkele lyn wat vanaf die 1960's loop is Nasionale

Regeringsinkomste as ’npersentasie

van BBP. Dit verskil van netto

belasting op produkte en produksie hoofsaaklik deurdat dit

inkomstebelasting insluit.

Kapitaalfaktore

Die middelste strook verteenwoordig vloeie na kapitaalfaktore,

insluitende kapitaalvervangingskoste, kapitaalvormingskoste en

opbrengs op kapitaal. Dit het van 39,4% in die 1950's tot 42,7% in

2012 toegeneem. Oor die tydperk is dit ’n toename van slegs 8,4%,

oftewel 3,3 persentasiepunte.

Werknemersvergoeding

Die onderste strook verteenwoordig werknemersvergoeding as ’n

persentasie van BBP. Dit het vanaf 56,4% in die 1950's tot 45,9% in

2012 toegeneem. Oor die tydperk is die afname 18,6%, oftewel

10,5 persentasiepunte.

Ter samevatting: oor die laaste halfdosyn dekades het netto

belasting op produkte en produksie as ’n persentasie van BBP

beduidend toegeneem, terwyl werknemersvergoeding as ’n

persentasie van BBP beduidend afgeneem het. Kapitaalvorming en -

vervanging en opbrengs op kapitaal as ’n

persentasie van BBP het

slegs effens toegeneem.

6
EKONOMIE EN SAKETOESTANDE

Die rekordlae rentekoerse wat deur die Reserwebank gehandhaaf word, het deur die loop van 2012 en vroeg in

2013 nog 'n vlaag van leen en bestee deur verbruikers, groot maatskappye en die staat aangevuur.

Gedurende die laaste week van Februarie het die nasionale

tesourie aangekondig dat die begrotingstekort vir die 2012-fiskale

jaar meer is as wat aanvanklik verwag is en tot 5,2% van die BBP sou

verbreed. Die regering het dus die afgelope jaar lenings opgejaag,

terwyl groei in belastinginkomste ver onder die vooruitskattings

daarvan ingekom het. Groei in private sektor-krediet het ook die

afgelope jaar die hoogte ingeskiet. Groei in huishoudelike krediet,

uitgesluit verbandvoorskotte, het van jaar tot jaar met 30% in

Februarie toegeneem en groei in besigheidskrediet het op 'n jaar tot

jaar-grondslag met 6% toegeneem.

Oor die algemeen is die ekonomie dus in groter skuld. Hierdie

kredietvergryping verleen aan huishoudings, groot besighede en die

staat die vermoë om meer goedere en dienste aan te koop as wat

hulle produseer. Siende dat die produksiesektor van die Suid-

Afrikaanse ekonomie weggekalwe word ten gunste van meer

mededingende ekonomieë in die res van die wêreld, stimuleer 'n

kredietvergryping (wanneer dit plaasvind) in Suid-Afrika voorts die

invoer van goedere en dienste wat in hierdie meer mededingende

ekonomieë vervaardig is, eerder as wat dit die plaaslike

vervaardiging van goedere stimuleer.

Dit is die vernaamste rede wat die skokkende groot

handelstekortsyfer, wat in Januarie 2013 aangekondig is, verklaar.

Aldus SAID-data het Suid-Afrika se handelsbalans met dié van die

res van die wêreld aangegroei tot 'n rekord tekort van R25 miljard in

10 000

5 000

0

-5 000

-10 000

-15 000

SA Handelsbalans

3-maande gemiddeld

Januarie. Dit beteken dat as 'n ekonomie Suid-Afrika aansienlik

meer invoer as wat dit uitvoer.

Ondersoek na historiese handelsbalansdata toon dat die

handelstekort stadig groei gedurende 'n opswaai in die sakesiklus of

gedurende tydperke van BBP-groei wanneer binnelandse vraag

sterk is en die invoer van verbruikers- en kapitaalgoedere

(masjinerie en gereedskap) uitbrei. Voor die wêreldwye

ekonomiese krisis in 2007 het die Suid-Afrikaanse handelstekort 'n

(destydse) rekordhoogtepunt van R17 miljard bereik. Na die

wêreldwye ekonomiese krisis het die Suid-Afrikaanse ekonomie

dramaties verlangsaam en het die ekonomie met die res van die

wêreld 'n handelsoorskot van R10 miljard behaal.

Sleutelpunte

• Algehele ekonomiese groei sal traag bly in 2013

• Werkloosheid styg verder gedurende die vierde kwartaal

van 2012

• Druk van prysinflasie op stygende brandstofpryse en lae

rentekoerse hoër in 2013

• Opname bevind dat 74% van die klein tot

middelslagondernemings die sake-omgewing as moeiliker

ervaar.

-20 000

1998 2000 2002 2004 2006 2008 2010 2012

Bron: SAID, Solidaritit Navorsingsinstituut

7
Met die handelstekort wat nou bykans 50% hoër is as tydens die

hoogtepunt van die laaste groeifase in die sakesiklus, dui dit dus

daarop dat die Suid-Afrikaanse ekonomie ernstig gevaar loop van ’n

sakesiklusinsinking (skerp verlangsaming van sikliese groei) in óf

2013 óf 2014. Lesers behoort hierop ag te slaan en behoort in

gedagte te hou dat 'n mens jou nou moet staal en enige

surplusinkomste as appeltjie vir die dors moet bêre.

Nog ’n ekonomiese verwikkeling wat omsigtigheid van

huishoudings en besighede gaan verg, is dat prysinflasie tans in ’n

versnelde fase verkeer. Nadat dit in Desember met 5,7% jaar tot

jaar toegeneem het, het die regering 'n nuwe statistiese metode

ingevoer om die verbruikersprysindeks (VPI) te bereken, wat op sy

beurt gebruik word om die inflasiekoers te bereken en die

inflasiekoers het tot 5,4% verlangsaam. In Februarie het die jongste

berekende VPI-inflasiekoers tot 5,9% j/j teruggeklim, ’n sterk

versnelling waarvan die kragtigheid ekonome verras het.

Die regering het in die eerste week van Maart aangekondig dat die

petrolprys in Maart met 81c per liter sou styg, ’n 7%-toename

sedert Februarie. Dit het die petrolprys vir die eerste keer ooit tot

bo R13 per liter in Gauteng opgestoot. Dit is belangrik om weer te

beklemtoon dat die petrolprys in een maand meer gestyg het as wat

die verbruikersprysindeks in ’n jaar gestyg het. Gedurende die

eerste week in April het die petrolprys met ’n verdere 10c per liter

by die kus en 12c per liter in Gauteng gestyg.

Die pryse van sekere sleutelprodukte in die ekonomie styg dus teen

’n veel vinniger koers as die “amptelike” inflasiekoers en as hierdie

neiging na die einde van die jaar toe gaan voortduur, sal

huishoudings agterkom dat veral die voedsel-en brandstofgedeeltes

van hul begrotings ’n veel groter gedeelte van hul begroting in beslag

neem as wat aan die begin van die jaar die geval was. Dit bly dus 'n

verstandige strategie om voorsiening te maak vir hoër voedsel- en

brandstofpryse teen die einde van 2013. Dit is nie nou die tyd om te

oorbestee nie.

Vervolgens kom huispryse aan die beurt met FNB en Absa se

navorsing wat uiteenlopende markinligting bied. Absa se

huisprysindeks het van Januarie 2012 tot Januarie 2013 teen ’n

koers van 9% gestyg, terwyl FNB se huisprysindeks van Januarie

2012 tot Januarie 2013 met 2,3% afgeneem het. Ons voorsien dat

huispryse deur die loop van 2013 gaan styg, maar die styging sal

hoofsaaklik toegeskryf kan word aan die swak rand en lae

rentekoerse en nie aan ’n aanvraag vir huise wat wesenlik aan die

verbeter is nie.

In die geheel gesien, bly besigheidstoestande in die ekonomie aan

die versleg. ’n Verslag wat in Februarie 2013 deur sbp, sakeomgewingspesialiste,

uitgereik is het bevind dat uit die klein tot

middelslagondernemings (KMMO's) wat ondervra is, 74% van

mening was dat dit in die afgelope jaar moeiliker geword het om ’n

KMMO te bedryf. Slegs 7% het gemeen dat dit makliker geword

het, terwyl die res gemeen het dit het onveranderd gebly. Die

KMMO's met ’n personeel van meer as 40 lede en dié in die

vervaardigingsektor was van mening dat saketoestande die meeste

versleg het. Uit die paneellede wat ondervra is, het 38% gemeen

dat “munisipale belasting en dienste” die grootste bron van

kommer vir hul besigheid inhou en 21% was van mening dat

“regulasies en rompslomp” die grootste bron van kommer vir die

oorlewing van hul besigheid inhou. Slegs 15% het die

“wêreldekonomie” as die hoofbron van kommer beskou en 9% het

“plaaslike ekonomiese toestande” as hul primêre besorgdheid

beskou.

Die getuienis is sprekend: die groeiende las van staatsregulasies en

rompslomp is besig om die entrepreneuriese lewensbloed uit die

ekonomie uit te pers deurdat dit die reeds moeilike taak om ’n

besigheid te bedryf, verder bemoeilik.

8
DIE RAND

Die rand is sedert die middel van 2011 aan die verswak, en het van 6,50 teenoor die Amerikaanse dollar tot 8,50 aan

die begin van 2013 geval, terwyl dit in Maart tot vlakke van net onder 9,30 geklim het. In Desember het ons die

opmerking gemaak dat teen 'n wisselkoers van 8,50 teen die Amerikaanse dollar “die rand nie uitermate swak is nie,

maar dat dit beslis ietwat onderwaardeer blyk te wees.” Die rand het sedertdien verder verswak.

Die rand was die afgelope maande in die spervuur met negatiewe

nuus wat die vraag na dié geldeenheid waarskynlik gedemp het. Eers

was dit Marikana, toe die onrus in die landboustreke van die Wes-

Kaap, daarna het die regering grondhervorming afgekondig wat sou

verhoed dat buitelanders landbougrond in Suid-Afrika mag besit

deur hulle net toe te laat om grond van die regering te huur. Toe

weer is alle aandag gevestig op Oscar Pistorius wat sy vriendin

geskiet het en die manier waarop die Suid-Afrikaanse Polisiediens

die ondersoek van die misdaadtoneel hanteer het wat veel te

wense oorgelaat het, terwyl bewustheid van die brutale geweld

teen Suid-Afrikaanse vroue in almal se agterkop was en in Februarie

het 8 SAPD-lede 'n 27 jaar oue Mosambiekse taxibestuurder na

bewering doodgemaak toe hy hom teen arrestasie verset het. Om

die negatiewe sentiment te kroon, is president Jacob Zuma op die

voorblad van die Financial Times van 4 Maart aangehaal as sou hy

gesê het dat “koloniale besighede” die voorbeeld van China se

beleggingsmetodes moet volg of die risiko moet oop om deur die

Chinese uitgestof te word.

Alles in ag genome is die rand en Suid-Afrika aan die begin van 2013

dus nie in 'n gunstige lig beskou nie en is dit 'n bydraende faktor

waarom die rand sedert die begin van die jaar verder teenoor die

Amerikaanse dollar verswak het.

Bogenoemde is egter alles faktore wat 'n impak het op die aanvraag

na die rand en neem nie die dinamika van aanbod, wat ook 'n

bepaler is of die rand versterk of verswak, in ag nie. Die afgelope

paar maande het die koers waarteen nuwe rand-voorraad die

ekonomie betree het, van 'n groeikoers van 17% in Augustus tot 5%

in Desember, 6,2% in Januarie en 5% in Februarie verlangsaam.

Rand-geldvoorraadgroei is dus in 'n verlangsamingsfase, wat die

geldeenheid oor die kort termyn teen verdere verswakking sal

rugsteun.

* Teen druktyd.

Daar is voortslepende risiko's dat die rand in die volgende paar

maande nog meer teenoor die Amerikaanse dollar kan verswak.

Sodanige beweging sal egter waarskynlik deur tegniese

handelsfaktore, eerder as deur volhoubare ekonomiese

grondbeginsels, gedryf word en sal derhalwe nie lank volgehou

word nie. Die mees waarskynlike scenario is dat die $/R-

wisselkoers sy huidige wisselkoersvlakke rondom 9,25 * sal

handhaaf, maar dat dit teen die einde van die jaar sal begin daal. As

ons iets uit die geskiedenis omtrent die rand kan wys word, dan is

dit dat wanneer almal op hul heel negatiefste oor die rand se

vooruitsigte blyk te wees, dit geneig is om almal te verras deur te

herstel. Die huidige mag dalk net so 'n tydperk wees.

Sleutelpunte

• Die rand bly swak en het tot onder die vlakke wat laat in

2012 ervaar is, gedaal

• Die rand beweeg na onderwaardasie

• Daar bestaan steeds redes waarom die rand gedurende

die res van die jaar kan verstewig

9
KREDIETWELSTAND VAN VERBRUIKERS

TransUnion se verbruikerskredietindeks (CCI) meet die algemene stand van Suid-Afrikaanse verbruikers se krediet-welstand. Eenvoudig

gestel, poog dit om te verduidelik of dit vir verbruikers moeiliker/makliker is om hul skuldlas te betaal. 'n Vlak bo 50,0 dui op welstand wat

aan die verbeter is en onder 50,0 dui op 'n agteruitgang in kredietwelstand.

Nadat dit van 49,2 in Kwartaal 3 (K3) tot 49,9 in K4 van 2012

toegeneem het, het die CCI in K1 van 2013 skerp afwaarts tot 44,4

punte gedaal. Die CCI bevind hom tans dus op negatiewe terrein en

dui op 'n omgewing waar dit vir verbruikers oor die algemeen

moeilik is om hul skuld te betaal.

Wat beleggers, werknemers en besighede in die voertuigverwante

sektore betref, moet kennis geneem word van die korrelasie wat

tussen die CCI en plaaslike voertuigverkope in die grafiek hieronder

aangetoon word. Die verhouding dui daarop dat die groei van

Naamsa- plaaslike motorverkope in die komende maande

aansienlik gaan begin verlangsaam.

70

65

60

55

50

45

40

35

TransUnion CCI teenoor Naamsa motorverkope

-10%

-20%

-30%

-40%

30

-50%

2007 2009 2011 2013

CCI (linkeras)

Naamsa-motorverkope (3 maande gemid.; 4 maande vertraag)

Bron: TransUnion

50%

40%

30%

20%

10%

0%

TransUnion se CCI staan ook in 'n stewige korrelasie met die groei

in verkope van duursame kleinhandelsware. Daardie besighede,

beleggers of werknemers in die duursame kleinhandelsware-sektor

(meubels, toestelle, rekenaar- en kommunikasietoerusting,

juweliersware), moet swak groei in verkope in die volgende paar

maande te wagte wees.

Voorts onthul 'n ontleding van die CCI se subkomponente verdere

interessante insigte. Een daarvan is dat die onlangse versnelling van

prysinflasie – veral voedsel- en brandstofpryse – voortgaan om

verbruikers se besteebare inkomste weg te vreet, wat die kontant

wat beskikbaar is om skuld mee te betaal, verminder. Met die

petrolprys wat aan die begin van 2013 skerp gestyg het, gaan

hierdie tendens voortduur.

In die geheel blyk skulddienskoste stabiel te wees, wat aangehelp is

deur die Reserwebank se rentekoers-verlaging in Julie 2012. Indien

ons verdere rentekoersverlagings in 2013 gaan hê, sal dit 'n verdere

afname in skulddienskoste ondersteun.

Ten spyte van stabiele skulddienskoste, het lenings uit nood soos

weerspieël deur kredietkaartgebruik die afgelope paar maande

skerp gestyg, terwyl die koers van agterstallige verbruikerskuld besig

is om skerp te styg. Al twee die verwikkelings is 'n aanduiding van 'n

verslegtende toetstand wat verbruikerskrediet betref. In lyn met die

tema van omsigtigheid en besparing en om nie vanjaar op krediet te

oorbestee nie, behoort die verslegtende toestand van

verbruikerskrediet dié boodskap te onderstreep.

“Daardie besighede, beleggers of

werknemers in die duursame

kleinhandelsware-sektor (meubels,

toestelle, rekenaar- en

kommunikasietoerusting,

juweliersware), moet swak groei in

verkope in die volgende paar

maande te wagte wees.”

10
WAT HET DIE PETROLPRYS TOT 'N REKORDHOOGTE OPGESTOOT?

In Mei 2000 het 'n liter 93-oktaan loodvrye petrol (LVP) R3,23

gekos. Verbruikers het verlede week verneem dat dieselfde

petrolprys in Maart vanjaar vir die eerste keer ooit tot bo die R13

per liter gaan styg as gevolg van 'n prysverhoging van 81 sent per

liter. Die petrolprystendens kan soos volg grafies voorgestel word:

Petrol Price

93-oktaan loodvrye petrol (Gauteng) s/l

1400

1200

1000

800

600

400

200

0

2000 2002 2004 2006 2008 2010 2012

Bron: SAPIA, Solidariteit Navorsingsinstituut

Dit beteken dat die petrolprys in Suid-Afrika sedert die middel van

2000 met 273% gestyg het. In die VSA het die kleinhandelprys van

petrol volgens die VSA se Administrasie vir Energie-Informasie

(EIA) sedert die middel van 2002 met slegs 146% toegeneem. Die

petrolprys in Suid-Afrika het met ander woorde verdriedubbel,

terwyl die petrolprys in Amerika net meer as verdubbel het.

Die belangrikste verskil waarom die petrolprys in Suid-Afrika

vergeleke by die prys in Amerika soveel vinniger styg, is omdat die

Reserwebank die rand teen nog 'n vinniger tempo verwater as wat

die Amerikaanse Federale Reserweraad (die sentrale bank) die

Amerikaanse verwater. Ter illustrasie, let op die volgende grafiek

van die rand-geldvoorraad en die dollar-geldvoorraad. Dit blyk uit

die grafiek dat die randvoorraad amper vier keer sedert die middel

van 2000 toegeneem het, terwyl die Amerikaanse geldvoorraad

net verdubbel het.

450

400

350

300

250

200

150

100

VSA en SA geldvoorraad

M2 aangepas tot 100, Mei 2002

VSA M2-geldvoorraad SA M2-geldvoorraad

Bron: Reuters, Solidariteit Navorsingsinstituut

As gevolg van die veel vinniger tempo van randgeldskepping as

Amerikaanse dollar geldskepping word, was die rand sedert die

middel van die 1990's in 'n verswakkende tendens. In 1994 was die

R/$-wisselkoers 3,42 en vroeg in 2000 was dit 6,30. Tans is die R/$wisselkoers

net bo die 9. Die rand het dus oor die afgelope dekade

skerp verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Wanneer politici

soos Rob Davies, die minister van handel en nywerheid, aanvoer

dat die rand te sterk is en dat dit dít is wat vervaardigingsaktiwiteit in

die ekonomie aan bande lê, is hulle verkeerd. Die rand is 'n

besonder swak geldeenheid en dit is die oorsaak van die baie van

Suid-Afrika se ekonomiese probleme. Maar dis ’n saak vir ’n ander

dag.

14.00

12.00

10.00

8.00

6.00

4.00

2.00

0.00

USD-ZAR wisselkoers

Bron: Reuters, Solidariteit Navorsingsinstituut

Afgesien van dalende olievoorrade en die stygende koste om olie

te ontgin, is die grootste enkele aandrywer van die stygende prys

van olie in Amerikaanse dollar die afgelope dekade die verswakking

van die dollar deur die Amerikaanse Federale Reserweraad,

aangesien dit die dollarvoorraad laat toeneem het, wat die waarde

van elke dollar wat in omloop is verlaag, en wat weer op sy beurt

die brandstofprys in die VSA opstoot. As die Reserwebank nie die

Amerikaanse voorbeeld gevolg het om die rand te verswak teen

selfs 'n vinniger koers as wat die Federale Reserweraad die

Amerikaanse geldeenheid verswak nie, sou die rand vandag tussen

R3-6 per Amerikaanse dollar kon verhandel het, of selfs net so sterk

en dalk sterker as die Amerikaanse dollar gewees het. Dit sou

beteken dat die petrolprys in rand amper 50% laer, om en by R6

per liter, kon wees, wat die huidige brandstofheffings wat Suid-

Afrikaners vir elke liter brandstof betaal, insluit.

Ter afsluiting, vanweë sy beleid van lae rentekoerse is die

Reserwebank besig om die aantal rande wat in die ekonomie in

omloop is, vinniger te verhoog as wat die Amerikaners hul

geldvoorraad aanvul en dit dryf weer die wisselkoers van die rand

teenoor die Amerikaanse dollar laer. 'n Gevolg hiervan is dat die

petrolprys in Suid-Afrika teen 'n vinniger koers styg as wat die

petrolprys in Amerikaanse dollar styg. Die enigste verskil tussen die

twee lande is dat die een se geldeenheid swakker is as die ander s'n.

Die Reserwebank glo dat dit groei van die ekonomie kan stimuleer

deur rentekoerse laag te hou. Een van die gevolge daarvan om

rentekoerse te lank te laag te hou, is dat die wisselkoers egter

verswak. 'n Prys wat dan betaal word vir die Reserwebank se beleid

van lae rentekoerse is dat die prysinflasie van goedere soos petrol

teen 'n snel tempo styg. Vir solank as wat die Reserwebank sy

beleid van lae rentekoerse bly handhaaf, wat die rand verswak, sal

die petrolprys bly styg. Geneem teen die petrolprys se gemiddelde

inflasiekoers sedert die middel van 2000, is die petrolprys bestem

om tot bo R20 per liter teen die jaar 2017 te styg.

11
Solidariteit

Beweging

Solidarity

Research Institute

Die Solidariteit Arbeidsmarkrapport is ’n kwartaallikse publikasie van die Solidariteit

Navorsingsinstituut vir die vakbond Solidariteit. Die rapport word deur Paul Joubert en

Piet le Roux, senior navorsers by die Solidariteit Navorsingsinstituut, saamgestel.

Wil jy die Solidariteit Arbeidsmarkrapport in die toekoms skriftelik of per e-pos ontvang?

Stuur ’n e-pos aan Piet le Roux by pleroux@solidariteit.co.za,

of kontak ons by 012 644 4300.

Die vakbond Solidariteit is ’n lid van die Solidariteit Beweging. Besoek ons webblad by

www.solidariteit.co.za.

www.solidariteit.co.za * 0861 25 24 23