05.05.2013 Views

3de Sondag na Epifanië

3de Sondag na Epifanië

3de Sondag na Epifanië

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

“Die volkome genesing”

3 de Sondag na Epifanie

22 ste Januarie 2012

“Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom.” –

Openbaring 1:4 –

1. Naäman, die hoof van die leër van die koning van Aram, was 'n gesiene

man wat die agting van die koning geniet het. Deur hom het die Here 'n

oorwinning aan Aram besorg. Die man was 'n dapper soldaat, maar hy

het melaats geword. 2. Op een van hulle strooptogte het die Arameërs

'n jong dogtertjie uit Israel ontvoer wat Naäman se vrou se bediende

geword het. 3. Sy het vir die vrou gesê: “Ag, as Meneer net by die profeet

in Samaria kon uitkom, dan sal hy vir Meneer van sy melaatsheid gesond

maak.” 4. Naäman het by die koning gekom en hom meegedeel wat die

dogtertjie uit Israel gesê het. 5. “Gaan gerus,” het die koning van Aram

gesê, “ek stuur jou met 'n brief na die koning van Israel toe.” Hy het

vertrek en drie honderd twee en veertig kilogram silwer, ag en sestig

kilogram goud en tien stelle klere met hom saamgevat. 6. Hy het die brief

na die koning van Israel toe gebring. Dit het só gelui: “Ek het my dienaar

Naäman met hierdie brief na jou toe gestuur. Wanneer hy by jou uitkom,

moet jy hom van sy melaatsheid gesond maak.” 7. Toe die koning die brief

gelees het, het hy sy klere geskeur en gesê: “Is ek dan God wat mense

laat sterwe of aan hulle die lewe gee dat hierdie man iemand na my toe

stuur om hom van sy melaatsheid gesond te maak? Dit moet vir julle

duidelik wees hy soek net skoor met my.” 8. Elisa die man van God het te

hore gekom dat die koning van Israel sy klere geskeur het en het 'n

boodskap aan die koning gestuur: “Hoekom het u u klere geskeur? Laat

Naäman na my toe kom, sodat hy kan besef dat daar 'n profeet in Israel

is.” 9. Toe Naäman met sy wa en perde daar aankom, het hy stilgehou

voor die deur van Elisa se huis. 10. Elisa het 'n boodskap na hom toe

gestuur: “Gaan was jou sewe maal in die Jordaan, dan sal jy gesond

word en rein wees.” 11. Naäman het vererg weggery en gesê: “Ek het

darem gedink hy sou uitkom en gaan staan, die Naam van die Here sy

God aanroep, dan sy hand heen en weer oor die plek beweeg en so die

melaatsheid wegneem. 12. Is die riviere van Damaskus, die Abana en die

Parpar, nie beter as al die waters van Israel nie? Kan ek my nie daarin

was om rein te word nie?” So het hy woedend daarvandaan teruggery.

13. Sy amptenare het by hom gekom en mooi met hom gepraat: “Meneer,

as die profeet iets moeiliks van u verwag het, sou u dit nie gedoen het

nie? Hoeveel te meer nou dat hy eenvoudig vir u gesê het: Was jou en jy

1

sal rein wees?” 14. Hy het toe afgegaan na die Jordaan toe en hom sewe

keer daarin gebad, soos die man van God gesê het, en sy vel het gesond

geword soos dié van 'n klein seuntjie en hy was weer rein. 15. Hy en sy

hele gevolg het teruggegaan na die man van God toe. Daar aangekom,

het Naäman voor die man van God gaan staan en gesê: “Ek weet nou,

daar is geen God op die hele aarde nie behalwe in Israel. Aanvaar

asseblief hierdie geskenk van my.” 16. Maar Elisa het gesê: “So seker as

die Here leef in wie se diens ek is, ek sal dit nie aanvaar nie.” Naäman

het by Elisa daarop aangedring om dit te aanvaar, maar hy het bly weier.

17. Toe sê Naäman: “As u dan nie iets wil hê nie, wil u nie asseblief vir my

twee muilvragte grond laat kry nie? Daarop wil ek brandoffers en ander

diereoffers bring, net aan die Here, nie langer aan enige ander god nie.

18. Daar is net een ding wat die Here my asseblief sal moet vergewe: as

my koning na die tempel van Rimmon toe kom om te aanbid, en ek hom

moet vergesel, en ek dan in die tempel van Rimmon aanbid wanneer hy

daar aanbid, mag die Here my dit vergewe!” 19. Hy sê vir hom: “Gaan

heen in vrede!” – 1 Korintiërs 1:26-31 –

Hemelse Vader, stuur aan ons U Heilige Gees, sodat Hy ons ore en harte

sal open.”

Naäman, die leërowerste van die koning, tweede in bevel

van die land, so te sê die vise-president; deur die koning baie

waardeer en hoog geag; buitendien ook baie suksesvol,

oorwinningsvol, kragtig, maar melaats! Hierdie laaste twee

woorde lei tot ’n lag verhaal: ’n genesingsverhaal, ’n

bekeringsverhaal, maar ook tot die realiteit van ´n lewe met

God. Maar melaats! Hierdie laaste woorde op Naäman se CV

lei tot simpatie, hulle gee aanleiding daartoe dat ons met hom

kan identifiseer. In ons lewens is daar ook ’n “maar”. Ons het

goeie eienskappe wat ons graag met ander deel en wat

eerste op ons CV verskyn: lewenslustigheid, vriendelikheid,

suksesvol, ervare, energiek, en die lys gaan aan en aan,

maar dan duik iewers die “maar”, wat ons graag weg wens of

genees wou hê – maar gespanne, maar moeg, maar

onvriendelik, maar siek, maar eensaam, maar hartseer, maar

nie erkenning ontvang nie....

Die verloop van die verhaal handel oor hierdie laaste

woord. Hierdie woorde, “maar melaats”, lei daartoe dat God

2

Naäman na Hom toe roep, dat Hy hom genees en dat Hy

uiteindelik sy hele lewe bepaal. Maar alvorens hierdie

genesing plaasvind, moes hierdie klein detail – maar melaats

– die enigste wees, waarmee Naäman hulp sou soek. Ons sal

vandag, na aanleiding van die bepeinsing van hierdie verhaal

sien, hoe God met Naäman, maar ook met ons verkeer.

Hierdie verhaal wys, hoe God die “Groot” afbreek om die

“Klein” te kan genees, net soos God al die ander dinge wat

Naäman wou bring, uit die weg ruim – al die eienskappe voor

die “maar”, sodat net nog die een, die maar melaats, oorbly.

Hierdie verhaal wys ook hoe God nie die groot dinge, maar in

teendeel die klein dinge gebruik, om genesing te bring en

uiteindelik genesing en redding bewerkstellig.

Kom ons bekyk die verhaal van die groot magtige, van

die Koning hoogs erkende en suksesvolle, maar melaatse

Naäman. Hoe lei God hom na genesing?

’n Klein jong dogtertjie uit Israel, ’n slavin in die huis van

die magtige Naäman, kom tot sy redding. Sy sien die nood

van haar huisheer raak, en sonder om te skroom stel sy die

hulp, wat sy uit haar eie land ken, aan hom bekend. Sy sê vir

Naäman se vrou dat haar profeet haar man sal kan help. Haar

profeet sou Naäman van sy melaatsheid genees. God saai ’n

klein saadjie deur ’n klein slavin. Hy gebruik die onopvallende.

Hierdie boodskap dring tot die groot en magtige Naäman deur

en hy neem dit ernstig op. Die hoog aangeskrewe en

suksesvolle leërowerste luister na die wenk van die klein

slavin. Hy gaan na die koning toe en bespreek die saak met

hom.

Naäman gebruik sy hoë posisie en sy goeie verhouding

met die koning, sodat die hoop, wat die klein slavin aan hom

gegee het, in vervulling kan kom. Want hy het gemeen, dat

die koning beslis dit sou kon bewerkstellig dat hy, Naäman,

deur middel van amptelike kanale by die regte plek sou kon

uitkom.

3

Die koning stuur Naäman met baie geskenke en ’n brief

na die koning van Israel. In hierdie brief staan geskryf dat die

koning Naäman van sy melaatsheid moet genees. Die koning

van Aram en die leërowerste hoop op hulp van die

koningshuis in Israel. Hulle het gedink dat die regte adres van

wonders en groot dinge die koninklike hof sou wees. Maar die

veel-belowende hulp blyk om in doodloopstraat te beland. Die

koning van Israel reageer wanhopig en skepties, hy vererg

hom en skeur sy klere. Hy vermoed dat hierdie buure oorlog

teen hom beplan, omdat hulle hom vra om ’n siekte, wat net

God kan genees, te genees. Die hoë posisie van Naäman

asook sy goeie verhoudings het geen hulp ingehou nie. Sy

vertroue in die magte van die wêreld het op hopeloosheid

gedui.

Maar God gryp in. Die profeet Elisa kom van die koning

van Israel se reaksie te hore, en wys Naäman na die regte

adres.

Die groot en magtige leërowerste word nie deur die

profeet in die paleis verwelkom nie. Nee, hy moet met sy

rykdom, sy perd en wa na ’n klein hut van die profeet reis.

Maar ook daar word hy nie waardig deur die profeet begroet

nie en ook nie in sy hut ingenooi nie. Hy kry net die kneg van

die profeet te sien. Die kneg sê vir hom dat hy homself sewe

keer in die Jordaan moed gaan was, dan sal hy genees word

– hy, die leërowerste, die hoogs gerespekteerde, sewe keer in

die Jordaan gaan was? ’n Mens kan jouself voorstel dat

Naäman regtig kwaad geword het. Want sy eie voorstellings

lei elke keer tot teleurstellings. Hy word verag en verneder. Hy

het verwag om deur die profeet vereer en gerespekteer te

word, en bo alles om deur ’n wonderlike, toweragtige

seremonie genees te word. Maar nou moet hy homself sewe

keer in die vuil, vlak Jordaan rivier gaan was. As dit net van

die bad in die rivier sou afhang, kon hy dit mos in sy eie tuiste

4

in skoon riviere gaan was. Die riviere Abana en Parpar was

baie beter as die klein, vuil Jordaan rivier.

Weer word die vertroue van die hoogmoedige Naäman in

’n doodloopstraat gelei, omdat hy genesing deur die

bonatuurlike en sensasionele verwag het. Hy het op genesing

gehoop, maar deur middel van sy eie voorstellings en

standaarde.

Hier herken ons onsself weer, want dikwels vra en soek

ons hulp, maar volgens ons voorstellings en soos ons dit

graag wil hê. So het Naäman omgedraai en in woede

weggetrek.

Maar weereens tree God deur die onopvallende in. Nou is

dit die dienaars wat die groot en magtige Naäman adviseer.

Ja, God neem weer die geringe om die hooggeplaastes aan

die goddelike hulp te herinner. Die dienaars praat liefdevol

met hulle hooggeplaaste leier en sê: As die profeet iets groots

aan hom sou bied, sou Naäman dit gedoen het. Hoekom

doen hy dit dan nie as die profeet sê: “Was jou en jy sal rein

wees!” As die profeet ’n heldedaad van hom sou verlang, sou

hy dit gedoen het. Hy sou alles doen net om van sy siekte

genees te word. Hy sou alles gee. Maar slegs - “Was jou en jy

sal rein wees!” Van al die eienskappe wat Naäman kan

opnoem: suksesvol, deur die koning gewaardeer, magtig,

seëvierend, erkenning – maar melaats, kies God slegs die

laaste eienskap – maar melaats. God kies die veragtelikheid,

die minderwaardige, die geringe, die maar melaatsheid van

Naäman.

“Hy het toe afgegaan na die Jordaan toe en hom sewe

keer daarin gebad, soos die man van God gesê het, en sy vel

het gesond geword soos dié van 'n klein seuntjie en hy was

weer rein.” Op die pleidooie van die dienaars, gehoorsaam

Naäman na die profeet. Hy gaan af en was hom. Die

leërowerste kry modder tussen sy tone. Van al die groot

woorde aan die begin van die verhaal, bly net nog die

5

volgende oor – maar melaats. Nakend, sonder eer, sonder

aansien, sonder die goeie reputasie van sukses, staan

Naäman in die water. Hy was sy liggaam wat met melaatsheid

oortrek is, met vuil water. En hy word inderdaad genees.

Ons moet ons deur die voorbeeld van die verhaal van

Naäman laat vermaan. Want as ons kom sodat God ons moet

help, kies Hy nie die eienskappe wat ons graag groot en

leesbaar heel eerste op ons lysie plaas nie. Hy kies nie die

eienskappe van ons lewens wat ons graag, baie vinnig en

trots aan ons vriende wys nie. Nee, God kies ons “maar”.

Maar eensaam, maar swak, maar hartseer, maar sonder

resultate, maar seergemaak, maar nie die behoorlike

erkenning ontvang nie, maar siek.

Naäman ontvang genesing. Mens sou kon dink die

verhaal eindig hier, aangesien Naäman se wens vervul is.

Maar die verhaal gaan voort. Maar juis hier word dit duidelik

dat dit oor meer gaan as net oor die fisiese genesin. Dit is dus

meer as net ’n genesingsverhaal, dit is ’n bekeringsverhaal,

want ons lees: “Hy en sy hele gevolg het teruggegaan na die

man van God toe. Daar aangekom, het Naäman voor die man

van God gaan staan en gesê: “Ek weet nou, daar is geen God

op die hele aarde nie behalwe in Israel.” Dit gaan hier meer

as net oor die genesing van melaatsheid. God het die groot

en magtige Naäman deur die wenk van ’n klein slavin, na

meer as net die uiterlike hulp geroep. God verneder die hoë

en suksesvolle leërhoof deur die boodskap van die profeet,

nie net om hom van sy melaatsheid te genees nie. God het

inderdaad meer as wat Naäman gewens of gedink het,

beplan. God het sy hart gereinig. Die leërhoof word tot geloof

aan die God van Israel opgeroep.

Naäman erken egter onmiddellik, dat die “maar” bly, want

hy bly steeds met sy geloof in hierdie sondige wêreld. Nie die

maar melaats nie, maar die maar van die wêreld. Hy moet

terugkeer en daar sal sy geloof spanning veroorsaak teen die

6

goddelose wêreld van die Arameërs. Hoe sal God daar naby

aan hom wees? Hoe sal hy in staat wees om God in sy

beroep te dien, daar waar daar so baie heidense gebruike is?

Elisa beantwoord hierdie vrae met min en eenvoudige

woorde: “Gaan heen in vrede!” Elisa laat hom alleen met die

Grootsheid van God. Hy gee hom geen konkrete instruksies

oor hoe hy moet optree nie, ook geen gebooie of voorskrifte

nie. Maar hy laat hom in vrede gaan. Die lewe saam met God

en die lewe in hierdie wêreld, bly ’n lewe met “maar”. Daar sal

probleme opduik, alles sal nie maklik vir hom wees nie – maar

hy het vrede by God, maar God is naby aan hom, maar hy het

die ware redding gevind.

Liewe gemeente, spits die ore en luister aandagtig na die

einde. Naäman herken baie duidelik dat met die genesing van

melaatsheid, die “maar” egter bly. Hy sal dit nie altyd maklik

hê as gevolg van sy geloof nie. Geloof los nie al die probleme

op nie. Dit beteken ook vir ons, dat ons nie altyd die genesing

sal ontvang wat ons graag wil hê nie. God laat nie altyd

genesingswonders toe nie, selfs ook daar, waar ons in vaste

geloof staan nie. Maar Elisa se antwoord plaas agter hierdie

vrae aan God, agter die konflikte en nood, ’n “maar die vrede

van God.” Eenvoudige, beskeie woorde, wat God ons ook

laat hoor. Daar waar ons probleme nie opgelos is nie, plaas

God sy maar agteraan. Eensaam, siek, swak, hartseer,

seergemaak, onbekwaam, MAAR kinders van God, maar

gered, maar vergewe, maar die ewige lewe!

Ons sien in hierdie verhaal hoe God Naäman tot hulp

kom – deur middel van die klein slavin, die uitnodiging van die

profeet Elisa en die herinnering van sy dienaars. Lees

vanaand weer gerus hierdie verhaal by die aand-oordenking.

God werk in die geheim deur middel van die kleine en die

geringe en so plaas God mense langs ons om ons tot hulp op

te roep. Soms net ’n klein liefdevolle woord, soms ’n

vermaning van iemand wat ons as onervare en

7

minderwaardig ag, soms weer as herinnering aan Sy

eenvoudige Woord. Aanvaar hierdie woorde en ontvang die

hulp, wat God aan ons, sonder dat ons dit verdien en sonder

spesiale eienskappe, skenk. Laat ons dan ook die woorde

vertrou, wat ons tog soms so eenvoudig en beskeie vind:

“Was jou en jy sal rein wees”, die woorde aan Naäman. “Jou

sondes is vergewe; neem en eet; neem en drink” of “Gaan

heen in vrede!” Invloedryke woorde aan ons.

God werk deur middel van sy eenvoudige Woorde in

hierdie wêreld, solank as wat die “maar” bestaan. Ons wag en

hoop egter op die wederkoms van Jesus Christus. Dan word

hierdie “maar” nietig verklaar en ons vind genesing en sal in

volmaakte vrede saam met Hom lewe. Amen.

“En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle

harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.” Amen.

Ds. Helmut Paul

Wittenberg, Suid-Afrika

vertaal

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!