05.05.2013 Views

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

a. skuldig bevind word aan wangedrag soos bedoel in punt 4.9, nadat hy of sy by twee vorige geleenthede aan

dieselfde of soortgelyke wangedrag skuldig bevind is;

b. versuim om aan ‘n bestraffing of opskorting as korrektiewe maatreël te doen;

c. enige dokument of handtekening vervals tot werklike of potensiële nadeel van die skool;

d. handel dryf met enige toets-of eksamenvraestel of

enige toets- of eksamenmateriaal;

e. enige persoon omkoop of probeer omkoop ten opsigte van enige toets of eksamen, om homself of haarself of ‘n

ander persoon in staat te stel om ‘n onregverdige voordeel daardeur te verkry;

f. hom of haar aan bedrog skuldig maak;

g. hom of haar aan diefstal skuldig maak, of andersins tot nadeel van ‘n ander persoon oneerlik optree;

h. in besit gevind word van enige onwettige middel, of dit gebruik of daarmee handeldryf;

i. in besit van enige gevaarlike wapen gevind word;

j. enige ander persoon aanrand of dreig om iemand aan te rand of in ‘n geveg betrokke raak;

k. enige persoon as gyselaar aanhou;

l. enige persoon vermoor;

m. enige persoon verkrag;

n. enige ander persoon se eiendom kwaadwillig beskadig;

o. enige persoon of sy menswaardigheid aantas.

5. DIE SKOOLHOOF SE BESLUIT

Die Skoolhoof mag slegs dissiplinêre stappe teen ‘n leerder ten opsigte van ernstige wangedrag instel indien:

a. daar genoegsame bewyse is om sodanige stappe in te stel; en

b. die skoolhoof dit ag in die beste belange van die skool en sy gemeenskap te wees om sodanige dissiplinêre stappe

in te stel.

c. die skoolhoof die voorsitter van die Bestuursraad in kennis stel van sy besluit.

6. DISSIPLINêRE KOMITEE VIR ERNSTIGE WANGEDRAG

6.1 By kennisgewing van die skoolhoof dat hy of sy dissiplinêre stappe teen ‘n leerder ingevolge provinsiale regulasie

6(2) ingestel het, moet die Bestuursraad van die skool ‘n Dissiplinêre Komitee aanwys om die bewering van ernstige

wangedrag aan te hoor.

6.2 Onderworpe aan subregulasie (3) moet die Dissiplinêre Komitee, wat al dus deur die Bestuursraad aangewys word,

uit drie persone bestaan, wat of lede van die Bestuursraad is of persone wat kwalifiseer om as lede van die

Bestuursraad verkies word.

6.3 Die aanstellings van persone op ‘n Dissiplinêre Komitee is onderhewig aan die volgende voorwaardes:

a. die Voorsitter van die Dissiplinêre Komitee moet ‘n ouerlid of gemeenskapslid van die

Bestuursraad wees;

b. die twee oorblywende lede van die Dissiplinêre Komitee mag nie die Skoolhoof of ‘n leerder van

die skool wees nie; en

c. geen persoon mag op die Dissiplinêre Komitee

aangestel word indien hulle enige persoonlike

kennis dra van enige saak wat by die verhoor

betwis word nie.

GEDRAG EN OPTREDE

VAN LEERDERS

1. Alle leerders bly stil as daar oor die interkom gepraat word.

2. Leerders stap links in gange. Geen hardlopery nie.

3. Elke graad se leerders moet tydens pouses op eie speelplekke wees.

4. Daar mag nie in die gange geëet word nie, tensy dit reën.

5. Alle leerders moet die saal ordelik binnegaan en verlaat en nie gesels nie.

6. Geen rommelstrooiery op die speelgronde nie. Gooi papiere in ‘n vullisblik!

7. Leerders staan op indien ‘n leerkrag vir die eerste keer ‘n klas binnekom. Daarna kan hulle gaan sit.

8. Die gebruik van vloek-en skeltaal is nie toelaatbaar nie.

9. Leerders moet onmiddellik aantree as die klok gelui het en stilbly in die rye.

10. Geen leerders mag tydens pouses in die klaskamers speel of daar tyd spandeer tensy dit reën of verlof

daarvoor toegestaan is nie.

11. Bakleiery, stampery en afknouery is ontoelaatbaar.

12. Beskadiging van die skool se eiendom is ‘n ernstige oortreding en die ouer/s van die betrokke leerder sal

verantwoordelik gehou word vir skadevergoeding.

13. Mede-leerders se eiendom en klere moet gerespekteer word.

14. Diefstal is ‘n baie ernstige oortreding en kan lei tot skorsing of uitsetting.

15. Korrekte skooldrag moet te alle tye gedra word – ook in die teenwoordigheid van die publiek, d.w.s.

buite die skoolterrein.

16. Geen sweetpakke word toegelaat tydens skoolure nie, tensy vooraf so gereël.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!